Dagstukkies met CLF 31 Mei 2020
Mei 31, 2020
Die groot vis
“Toe ek wou vergaan, het ek aan die Here gedink, en my gebed het by U gekom, in u heilige tempel”
(Jona 2:7)
Nadat Jona in die see gegooi is, het die Here ’n groot vis gestuur om hom in te sluk. Vir drie dae en drie nagte was hy in die vis se maag. ’n Mens kan dit amper nie glo nie! Maar by God is enigiets moontlik.
Binne-in die vis se maag was Jona baie benoud en bang. Omdat hy God vertrou het, het hy tot God gebid. Die Here het sy gebed verhoor, en die vis het hom op land uitgespoeg. Dit wys vir ons hoe groot en goed God is.
Wanneer jy weer eendag bang is, onthou God is altyd daar vir jou. Bid en glo, en jy sal sien hoe God jou sal help. Ons dink soms God kan ons nie help as ons in groot nood is nie, maar deur die jare heen het God sy kinders altyd gehelp.
Grote Here, gee my geloof om op U te vertrou. Amen.
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.