Dagstukkies met CLF 3 Julie 2020
Julie 3, 2020
Ander se foute
“Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel
word nie” (Matteus 7:1)
Ons as mense sien so graag ander se foute raak. Wanneer iemand oortree of die verkeerde dinge doen, wys ons hulle gou-gou op hul foute. Maar geen mens is sonder foute nie, ons sondig elke dag.
Hoe kan ons ander oordeel as ons self verkeerde dinge doen? Jesus sê dat ons eers ons eie lewe moet regkry, voordat ons ander op hul foute kan wys.
Al is ons vol sonde, kan ek en jy nog steeds ander probeer reghelp. Dit is nie oordeel nie. Ons moet die Here vra hoe om dit te doen, en dan op ’n mooi manier ander reghelp. Selfs predikante sondig, maar elke Sondag leer hulle vir ons in die kerk hoe om kinders van God te wees.
Ons moet net nie ander oordeel of verwyt nie, maar hulle reghelp soos die Here dit van ons verwag.
Here Jesus, ek is jammer dat ek so baie mense veroordeel. Vergewe my asseblief en maak my ’n beter mens. Amen.
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.