Dagstukkies Met CLF 29 Februarie 2020
Februarie 29, 2020
Vertrou op die Here
“Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort”
(Psalm 37:3)
In ons daaglikse se lewe is daar so baie bekommernisse en dinge wat ons benoud maak. Ons moet soggens vroeg opstaan, hard werk deur die dag, sorg dat daar kos en klere vir ons gesin is, en ook nog sorg vir ’n blyplek. Elke dag is dit maar net ’n geswoeg om kop bo water te hou.
Nou is daar ook mense wat goddeloos en skelm is, skurke, met wie dit goed gaan. Dit lyk of dit met hulle beter gaan as met ons wat kinders van die Here is. Dit ontstel ons en maak ons kwaad.
Psalm 37 leer ons om ons nie so oor die skelms en skurke, en oor hulle voorspoed, te ontstel nie. Die Here sal self met hulle afreken. Ons moet liewer ons lewe aan die Here toevertrou, Hy sal sorg en vreugde gee. Hy sal dat regverdigheid geskied, ook aan ons. Die Here sorg vir die opregtes. Ons kan maar in stilte op die Here vertrou.
Dierbare Here, dankie dat U daar is om vir my te sorg. Help my om altyd op U te vertrou. Amen.
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.