Dagstukkies Met CLF 27 Februarie 2020
Februarie 27, 2020
God se pad
“Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg” (Psalm 32:8)
Dawid sê hier hoe bly hy is dat God sy sonde vergewe het. Dit gaan goed met elkeen wie se sonde vergewe word. Die Here vergewe ons omdat Hy ons liefhet, en dan wys Hy ons die regte pad aan, wat ons moet loop.
In ons daaglikse lewe is daar baie paaie wat ons kan loop. Daar is die regte paaie en die verkeerde paaie. Gelukkig is God daar om vir ons die regte pad na Hom toe te wys. Soos ons in vers 8 lees, wil God ons leer om die regte pad te kies.
Sê sommer nou vir God dankie dat Hy jou liefhet en jou leer om die regte pad te loop.
Wonderlike Here, baie dankie dat U my sonde vergewe. Leer my elke dag om die pad na U toe te loop. Amen.
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.