Dagstukkies met CLF 27 Augustus 2020

Augustus 27, 2020

Ons is bevoorreg

“Toe draai Jesus Hom na sy dissipels afsonderlik en
sê vir hulle: ‘Hoe bevoorreg is die oë wat sien wat
julle sien’ ” (Lukas 10:23)

Terwyl hulle so saam was, het Jesus vir sy dissipels gesê hoe gelukkig hulle is met alles wat hulle van Hom hoor. Dieselfde geld vir alles wat hulle Hom sien doen. Dit was ’n groot voorreg.

Omdat jy nou na hierdie stukkie leesstof luister, beteken dit dat jy vir Jesus ken. Ons wat van God en sy koninkryk weet, besef nie altyd hoe goed die Here vir ons is nie. Daar is duisende mense op aarde wat nog nooit van God gehoor het nie. Hulle bly in lande waar God se boodskap nog nie gebring is nie. Die arme mense wat nog nie van God se liefde gehoor het nie, is verlore.

Onthou om elke dag vir God dankie te sê dat jy die kans gekry het, om sy bood­skap te hoor.

 

Liefdevolle Vader, gee tog dat alle mense op aarde U boodskap mag hoor. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.