Dagstukkies met CLF 21 Junie 2020
Junie 21, 2020
Begeer wat reg is
“Geseënd is die wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word”
(Matteus 5:6)
Die mens se grootste behoefte is na kos en iets om die drink. Sonder kos en water sal ons nie kan bestaan nie. Wanneer ons genoeg kos het om te eet en iets het om te drink, voel ons gelukkig en tevrede. Daar is baie mense wat honger ly, daarom moet ons baie dankie vir die Here sê dat Hy vir ons sorg.
Jesus weet dat die mens honger en dors sal kry. Daarom gebruik Hy hierdie beeld en sê dat as iemand ook so ’n begeerte het om reg te lewe, sal Hy hom help om so te word. Elkeen sal versadig word wat smag na die goeie en regte dinge.
Ons moet elke dag probeer om die regte dinge te
doen. Wat is die regte pad? Dit is wat die Here veral deur die Bybel vir ons leer. Doen die wil van God, en jy sal vrede hê.
Dankie Here, dat U vir my die regte dinge wil leer. Maak my ’n gehoorsame kind. Amen.
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.