Dagstukkies met CLF 21 April 2020
April 21, 2020
Die Boodskap
“Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word” (Prediker 12:13)
Die prediker het baie dinge geskryf oor wat hy gesien en ondervind het. Hy was ’n praktiese mens wat die lewe geniet het. Tog skryf hy ook oor die moeilike dinge in die lewe. Almal word oud, en dan is die lewe nie maklik nie. Jongmense moet doen waarvan hulle hou, maar hulle moet onthou dat hulle eendag aan God rekenskap moet gee vir hul dade.
Teen die einde kom die prediker tot ’n slotsom. Ons lees dit in ons teksvers. Die belangrikste wat ons in die lewe moet doen, is om aan God gehoorsaam te wees. Maak nie saak wat in ons lewe gebeur nie, of dit goed of sleg gaan nie, leef gehoorsaam aan die Here, vertrou Hom. Dan sal daar vrede in jou hart wees, en sal jou lewe nie leeg wees nie.
Here, U wat my lewe in u hand hou, gee my krag en wysheid om elke dag U te dien en U gebooie te gehoorsaam. Amen.
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.