Dagstukkies met CLF 20 Junie 2020
Junie 20, 2020
Volg Jesus se voorbeeld
“Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang”
(Matteus 5:5)
Vandag leer Jesus vir ons om sagmoedig te wees. Dit beteken om nederig en vriendelik te wees, om nie op ander te trap nie, en om ook vir ander mense om te gee. Jesus self was ’n sagmoedige mens.
Toe Hy op aarde was, het Hy baie mense gehelp en ook mense met mooi woorde aangespreek. Hy het met baie sondaars te doen gekry, maar ook vir hulle het Hy met respek behandel. Selfs die mense wat Hom wou doodmaak, het Hy met ’n sagte stem geantwoord.
Genadige Here, vergewe my as ek voorgee wat ek nie is nie. Wys my die regte pad asseblief. Amen.
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.