Dagstukkies met CLF 18 Junie 2020

Junie 18, 2020

Gelukkig is jy

“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel”

(Matteus 5:3)

Jesus het baie mooi dinge gedoen toe Hy op aarde was. Hy het baie mense gesond gemaak en die mense van God vertel. Mense het van ver af na Hom gekom om sy bood­skap te hoor. Op ’n dag was daar weer baie mense en Hy het teen die berg opgegaan en hulle begin leer. Daarom word dit sy bergpreek genoem.

Hy het begin deur te sê dat iemand wat weet dat God die enigste een is wat Hom kan help, baie gelukkig is. Dit is die tipe mense wie se toekoms die hemel is.

Ek en jy moet elke dag besef dat ons God nodig het. Dit is net Hy wat die hemel vir ons oopmaak. Sonder Hom kan ons niks doen nie. Vra elke dag vir die Here om jou by te staan en vir jou te sorg. Al is ons sterk en gesond, en al het ons baie geld, sonder God sal ons niks wees nie.

 

Here, leer ook vir my om net op U te vertrou. Dankie vir al die mooi dinge wat ek van U ontvang. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.