Dagstukkies met CLF 17 Mei 2020

Mei 17, 2020

Ons verdien straf

“Here, straf ons soos ons verdien, maar nie in toorn nie, dat U ons nie

tot niet maak nie.”

(Jeremia 10:24)

Voorgelees deur Elize Parker

Jeremia het besef dat sy mense verkeerd doen, en dat God hulle moes straf. Maar nou pleit hy by God om hulle genadig te wees. Ja, God moes hulle straf, maar asseblief nie so erg dat hulle heeltemal tot niet sal gaan nie.

Die Here is ’n wonderlike en liefdevolle God, en Hy het elke mens lief. Hy wil niemand laat verlore gaan nie. Daarom is Hy altyd gewillig om te vergewe wanneer mense daarvoor vra. God het baie geduld met mense en gee elkeen nog ’n kans om sy of haar saak met die Here reg te maak.

Wanneer jy die verkeerde pad begin loop, draai na God toe en vra Hom om jou nog ’n kans te gee. Jy sal wel jou straf moet dra, maar God sal jou help om weer op te staan. As jy werklik berou oor jou sonde het, sal jy weer vreugde vind en God getrou kan dien.

 

Liefdevolle Here, straf my vir my sonde, maar moet my nooit verlaat nie. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.