Dagstukkies met CLF 13 Mei 2020
Mei 13, 2020
Die Here sien vooruit
“Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor”
(Jesaja 65:24)
Voorgelees deur Elize Parker
Dis so lekker as iemand jou kom help met iets voordat jy nog gevra het. ’n Goeie vriend of familielid sien jy het hulp nodig, en dan gee hulle raad of help jou om die probleem op te los. As ons almal maar die nood van ander wil raaksien en help, sal daar baie meer vreugde op aarde wees.
Die Bybel leer ons dat God so ’n vriend is. Hy weet wat ons nodig het, en voordat ons nog vra, help Hy ons. Dikwels in ons lewens kom ons voor ’n krisis te staan dat ons nie weet wat om te doen nie. Soms vertrou ons te veel op mense en vergeet dat God ons altyd kan en sal help.
Wanneer jy weer ’n probleem het, glo en vertrou net dat die Here al lankal daarvan weet en dat Hy sal help. Hy belowe ons dit in die teks hierbo. God kom altyd sy beloftes na.
Here, troue Vriend, dankie dat U altyd van my probleme weet. Leer my om U meer te vertrou.
Amen.
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.