Dagstukkies met CLF 11 Mei 2020

Mei 11, 2020

Reg en verkeerd

“Ek is die Here, Ek het die reg lief, Ek haat roof en misdaad” (Jesaja 61:8)

Voorgelees deur Elize Parker

Ons lewe in ’n baie onveilige wêreld. Daar is oral onreg, roof en misdaad. Dit lyk of die hele wêreld in die mag van die Bose is.

Vanaf die Bybelse tye was daar al mense wat geroof en gesteel het. Daarom het God in sy Tien Gebooie beveel dat mense nie mag lieg of steel of moord pleeg nie. Baie mense steur hulle nie daaraan nie, omdat hulle nie aan God behoort nie, en nie na sy Woord luister nie.

Ons moet elke dag bid en vra vir geregtigheid en vrede. Vra die Heilige Gees om mense wat vasgevang is in die sonde, en wat misdaad pleeg, se harte te verander. Vra dat God hulle moet vergewe en weer nuwe mense maak.

Sê ook vir God dankie dat Hy ons sy Woord en Gees gegee het, om ons op die regte pad te lei.

 

Here Jesus, vergewe tog die mense wat so verkeerd doen. Laat U Heilige Gees hul harte verander. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.