Dagstukkies met CLF 1 November 2020
November 1, 2020
’n Helpende Hand
“In elke moeilikheid help Hy ons. Daarom kan ons ook weer ander help wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig” (2 Korintiërs 1:4)
Vandag begin ons met die tweede brief wat Paulus aan die Korintiërs geskryf het. Ons weet nou al dat die werk van Paulus nie maklik was nie. Daarom skryf hy dat die Here hom in elke moeilikheid gehelp het. So kon hy ook weer ander help wat probleme het.
Wanneer ons kinders van die Here is, weet ons dat Hy elke dag vir ons sorg. Daarvoor is ons dankbaar, en dan help ons ook graag ander mense wat probleme het. God gee vir jou en my die gawe om ander se nood te kan raaksien. Ons kan mense moed inpraat en vir hulle vertel hoe groot en goed God is. As ons vir hulle bid, sal God hoor, en self hul probleme oplos. Dit is die rede waarom
ek hierdie boekie skryf – omdat ek ander se nood raakgesien het.
Dankie dat U ook vir my gebruik, Here, om ander te kan help. Amen.
Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.