Dagstukkies met CLF 25 Mei 2020

Mei 25, 2020

Volhard tot die einde

“Maar hou jy aan tot die einde toe. Jy sal te ruste gelê word maar weer opstaan en jou bestemde deel ontvang in die eindtyd” (Daniël 12:13)

Omdat Daniël God se kind was, het die Here vir hom goed gesorg solank hy gelewe het. Daniël het altyd op
God vertrou en sy wil gedoen. Hy was nooit skaam om vir die Here te getuig nie. God het hom belowe dat as hy eendag sterf, hy sy regmatige deel sou ontvang. Dit is die ewige lewe.

Ek en jy moet ook Daniël se voorbeeld volg. Hou aan om die Here te dien, vertrou op Hom en God self sal jou beloon.

Daar is geen groter prys as die ewige lewe nie. Dis die moeite werd om aan te hou tot die einde toe. Al is dit soms moeilik om altyd God se pad te loop, glo net God sien alles raak wat jy vir Hom doen, en nooit sal jy spyt wees as jy saam met God in die hemel kan woon nie.

 

Here, help my om elke dag vir U te werk, en om aan te hou totdat Uself my kom haal. Amen.

 

 

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.