Begin jou dag met Elize
Junie 18, 2019
Jy sal haar herken in die Liewe Elize – rubriek of van haar meer as 40 gepubliseerde boeke óf natuurlik as die nuwe nuusstem in Oggendrooi.
Sy is gebore in Bloemfontein en voltooi haar 12-jaar skoolloopbaan by die Hoër Christelike Meisieskool Oranje waarna sy as verslaggewer by die Transvaler haar skryfpassie begin uitleef. In 1990 verruil sy die Vrystaatlug vir die Kaapsedraai. Nadat sy reeds in 1981 boeke begin skryf het, maak sy haar debuut in 1994. Dit is geen geheim dat sy haar identiteit in die Here vind nie. Rotsvas in haar geloof is sy ook die trotse ma van twee dogters.
Elize Parker beskryf haarself in eenvoud, maar hoe meer jy saam haar tyd spandeer besef jy watste besonderse vrou sy is en hoe sy haar gawe om te skryf, ten goede aanwend. Sy beskou haarself as ‘n Groen-Christen en lewer gereeld verslag oor wildlewe en misdaad. Sy beskryf haar nuwe rol as Nuushoof by Radio Tygerberg 104FM as stimulerend. Met Elize aan die stuur in die Nuuskantoor kan jy verseker wees van die jongste nuus.
As Elize nie skryf nie, bestee sy haar tyd in haar bediening, Tabita (Jesus genees), waar sy op enkelma’s en weduwees fokus. Vir ontspanning gaan stap sy graag in die berge. Haar lewensdroom? Om eendag vir ‘n jaar in Jerusalem by ‘n kinderhuis te werk.
Met ‘n slagspreuk Jesus Genees is Elize iemand wat die Here se heelmaak en genade uitleef.