Wimpy stigter deel sakelesse

Eric Tocknell gesels oor sterk manne in moeilike tye by Radio Tygerberg 104fm se Sakebyeenkoms

16 Augustus. Dit is ‘n datum wat alle Kaapse sakelui solank kan dagboek. Radio Tygerberg 104fm se volgende sakebyeenkoms vir 2018 word dan in die Barnyard Willowbridge gehou. Die geleentheid word aangebied in samewerking met Sanlam Multi Data.

Die gasspreker is Eric Tocknell, stigter van die Wimpy Restaurant groep wat besighede soos Juicy Lucy en Milky Lane in Suidelike Afrika en Australië insluit. Hy is reeds 58 jaar getroud, is die pa van drie getroude kinders, en grootouer vir agt kleinkinders en drie agterkleinkinders.

 

Die tema van Tucknell se praatjie is Sterk Manne in Moeilike Tye.

En Sy seëninge ken geen einde!

Radio Tygerberg 104fm het verlede week van Maandagoggend 06:00 tot Vrydagaand 22:00 ’n rekordbedrag van meer as R2miljoen rand ingesamel in sy tweejaarlikse fondsinsamelling, beter bekend as Pledgeweek. Vanjaar se tema was Geseën om te seën en in hierdie week het die personeel en luisteraars dié leuse eerstehands ervaar toe die rande en ook die reëndruppels behoorlik ingestroom het. Die geld word aangewend vir verskeie projekte in die gemeenskap en help om die stasie, wat ‘n nie-winsgewende organisasie is, op die lug te hou. Die kantoor sal die week van 08:00 tot 17:30 oop wees vir inbetalings of besoek die FaceBook-blad vir meer besonderhede.

Hoe betroubaar is jou God?

Hoe betroubaar is jou God?

So middel Mei 2018 het ek die baie talentvolle musikant, Kevin Leo, ontmoet. Ons het gesels oor sy nuwe album, XXI (21) en waar die wêreld en sy loopbaan hom neem.

Brizy is a front-end page builder where what you see is what you get. We designed it so you can be in complete control of your website. Just click, modify and watch the results. No more buffering – create, style and enjoy. Our use interface was built on React – the most efficient JS library.

Deur Reinhard Kotze