Alles nuut met ‘n mooimaak!
Mei 27, 2019
Mooi van kop tot toon!
Sandra Wessels, voorheen van Klapmuts se voete het haar in in Mei 2019- na ‘n lang hartseer pad en na die dood van haar man en seun – na Radio Tygerberg 104fm gelei. Hier het haar pad met die van Surita Cowley van die beradingsafdeling gekruis en sy het letterlik ‘n nuwe mens daar uitgestap!
“Tydens Sandra se sessie het die Here dit op my hart gedruk om meer as net ‘n oor vir haar te wees,” sê Surita wat ook die pyn van ‘n kind se dood ervaar het. Wat hierna gevolg het was ‘n impromptu mooimaaksessie met 104FM personeel wat vir die transformasie verantwoordelik was. Loer en luister self!
Die mooimaak-span!
Minda, Surita, Sandra en Rachel.