Dagstukkies met CLF 30 Julie 2020

Alles kom van God

“Toe die jongman dit hoor, het hy bedruk weggegaan,

want hy het baie besittings gehad” (Matteus 19:22)

Eendag het daar ’n jongman na Jesus toe gekom en gevra wat hy moet doen om die ewige lewe te verkry. Jesus het hom liefgekry, en hom geantwoord dat hy God se gebooie moet gehoorsaam. Op sy beurt antwoord die man dat hy dit alles nakom. Jesus het geweet dat hy baie ryk was, en sê toe vir hom dat Hy al sy besittings moet gaan verkoop en dit vir die armes gee. Hierdie ryk jongman was te lief vir sy besittings, daarom was hy nie bereid om dit weg te gee nie.

Ons moet onthou dat alles wat ons het van God af kom. Ons mag nie so lief vir ons besittings wees dat ons van God vergeet nie. Jesus sê ons skatte moet in die hemel wees. Gee altyd iets vir die armes, dan sal jou skat in die hemel wees. Onthou ook dat die Here die belangrikste in jou lewe moet wees.

 

Here, help my dat aardse dinge nooit vir my belangriker as U sal wees nie. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 29 Julie 2020

Die huwelik

“Hulle is dus nie meer twee nie, maar een.

Wat God dan saamgevoeg het, mag ’n mens nie skei nie”
(Matteus 19:6)

Byna alle mense wil graag eendag trou. Die Here het ’n man en vrou so gemaak om saam te wees. Jesus sê dat die huwelik is asof twee mense een gemaak is, en wat God saamgevoeg het, mag niemand skei nie.

Wanneer ’n mens jonk is en begin dink aan trou, moet ons vir God vra om vir ons die regte lewensmaat te gee. Dis ’n belangrike besluit wat ons moet neem. As ons ’n Christen lewensmaat kies en vir die Here vra om saam te stap, sal geen probleem op die pad te groot wees nie.

Trou oor die regte redes, bid daaroor en die Here sal julle seën. Vandag skei mense so maklik, maar dis nie God se wil nie. Elke huwelik het sy probleme, maar saam met die Here kan dit opgelos word.

 

Troue Here, gee tog oplossings vir die huwelike wat probleme het. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Werkverskaffing – 28 Julie 2020

W E R K V E R S K A F F I N G

D I N S D A G   2 8  J U L I E   2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 

 

OPVOEDER TEACHER
Vereistes: 2 Opvoeders benodig vir Baba Klas (2-3jariges) vir skool in Brackenfell en Durbanville omgewing. Kwalifikasies, ondervinding en eie vervoer ‘n vereiste. Ure (07h00-17h30).

Stuur CV na helga.botes@gmail.com (Aansoeke sluit 3 Augustus 2020)

 

HOOF/ORGANISEERDER MANAGER
Vereistes: ACVV Stilwaters Dienssentrum benodig ‘n Hoof/Organiseerder met kennis van ouer persone asook relevante wetgewing, geldige rybewys (PDP) en bereidheid om met vrywilligers te werk en rekenaarvaardigheid. Sluitingsdatum: 14 Augustus 2020.

Epos volledige CV aan: stilwaters@telkomsa.net

 

BESTUURDER MANAGER
Requirements: Joostenberg Meat Production Manager needed with knowledge of current traceability requirements and other health standards, must have mastered the skill of working with modern smokers, bowl cutters, vacuum filters, pickling plants, mixers, cookers, tumblers and other production plant, also be able to train and supervise staff. Responsible for the production of all processed meat products which will comply with all the standards set in order to supply national markets.

Email CV to jobs@joostenberg.co.za including contactable references.

 

STIKSTER MACHINIST
Vereistes: All-rounder Machinist met ondervinding word benodig in Durbanville area.

Kontak: Yolandi by 082 733 5447

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za.

 

Dagstukkies met CLF 28 Julie 2020

Vergewe

“Jesus antwoord hom: ‘Ek sê vir jou, nie sewe keer nie, maar selfs sewentig maal sewe keer’ ”

(Matteus 18:22)

Petrus het op ’n dag vir Jesus gevra hoeveel keer ’n mens iemand moet vergewe wat iets verkeerd teen jou gedoen het. Sou sewe keer genoeg wees? Jesus antwoord hom en sê: nie net sewe keer nie, maar selfs sewentig maal sewe keer. As ons ’n som maak is dit vier honderd en negentig.

Maar eintlik is dit soos die kinders sê: oneindig! Wat Jesus bedoel is dat ons moet vergewe sonder om te tel. As ’n mens kon tel hoeveel keer die Here ons vergewe, sal dit baie meer wees as vier honderd en negentig. Elke dag sondig ons, en elke keer vergewe die Here ons.

God verwag van ons om mekaar ook so te vergewe soos Hy ons vergewe. As ek en jy nie mekaar kan vergewe nie, hoe kan ons dan verwag dat God ons moet vergewe?

 

Vergewe my Here dat ek ander nie vergewe nie. Help my om soos U te kan vergewe. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 27 Julie 2020

Julle is nie alleen nie

“Want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle” (Matteus 18:20)

Ons as mense wil so graag in beheer van ons lewe wees. Ons wil ons eie sake doen en self ons probleme oplos. Baie keer is ons te trots om ander mense te vra om te help. Ook vergeet ons dat ons ’n Here het wat ons so graag wil help.

In hierdie teks sê Jesus vir ons om in sy Naam dinge saam te doen, want dan is God by ons om te help. Ons moenie bang wees om vir ander mense te vra om saam te bid vir een of ander probleem nie.

As jy voel iets moet gedoen word aan ’n probleem, vra jou Christen vriende om saam oor die saak te bid. Of dit nou die land se probleme is, of in jou gemeente, of wat ook al, bid saam en God self sal daar wees om ’n oplossing te gee.

 

Here, dankie vir die versekering dat U daar sal wees as ek en my vriende of familie saam bid. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

 

Dagstukkies met CLF 26 Julie 2020

Die verlore skaap

“So is dit ook nie die wil van julle Vader in die hemel dat een van hierdie kleintjies verlore moet gaan nie” (Matteus 18:14)

Jesus is baie lief vir kindertjies. Daarom het Hy die gelykenis van die verlore skaap aan sy dissipels vertel. Daar was ’n man wat honderd skape gehad het. Op ’n dag het een van hulle weggeraak. Hy het die nege en negentig net so in die kraal gelos en die verlore skaap gaan soek. Toe hy hom kry, was hy so bly asof daardie een vir hom belangriker was as die res van die trop.

Die Here wil nie hê dat een kind verlore moet gaan nie. Dit is ons plig om vir kinders van kleins af van die Here te leer. Wanneer ouers hul kinders laat doop, belowe hulle aan God om hulle vir Hom groot te maak.

Dit maak nie saak hoe oud jy is nie, probeer altyd om vir kindertjies van Jesus te vertel. En wees goed vir kinders. Dit sal God se hart baie bly maak.

 

Gee vir my die wysheid, Here, om vir klein kindertjies van U te vertel. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 25 Julie 2020

Soos kindertjies

“En wie so ’n kindjie in my Naam ontvang,

ontvang My.” (Matteus 18:5)

Die dissipels het op ’n keer vir Jesus gevra wie die belangrikste in die koninkryk van God is. Jesus het ’n kindjie tussen hulle laat staan, en gesê dat elkeen wat homself so gering ag soos ’n kindjie is belangrik in die koninkryk van die hemel. Jesus het daarmee bedoel dat ons nie moet dink dat ons belangrik is nie. Ons weet dat ’n klein kindjie maar net ontvang, en eenvoudig glo wat aan hom vertel word.

So moet ek en jy ook wees. Nederig en klein voor God. Ons moet soos ’n kindjie aanvaar wat ons lees in die Bybel. Ons hoef nie baie vrae te vra oor hoe en waarom God dinge in die wêreld laat gebeur nie. Glo net soos ’n kind, en God sal vir ons eendag in die hemel alles verduidelik.

 

Here, help my om elke dag op U te vertrou soos ’n kindjie. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Alles & Nog Wat – 25 Julie 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   2 5   J U L I E   2 0 2 0

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Colin by W/Kaap Sending Genootskap is op soek na kinderklere (2-18jr) n.a.v. die brand by Holy Cross Kerk.

Skakel: 072 895 0453

   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Johan is op soek na ‘n 4/6plaat Industriële Stoof teen bekostigbare prys.

Skakel: 066 469 6574

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Hyundai Elantra full house – Price neg.

Contact: Miriam on 073 373 1643

 
T E  K O O P F O R  S A L E
Wit Trourok (nr.34) met bykomstighede vir R3000 (prys o.h.b.)

Skakel: 082 994 7389  

 
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Johan soek na Gym toerusting vir ‘n gemeenskapsprojek teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 062 591 2279

 
O P  S O E K   L O O K I N G  F O R
Luisteraar soek dringend ‘n Commode vir bejaarde teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 073 487 1718  

 
T E  S K E N K G I V E  A W A Y
Rollerhockey Equipment for teenager or adult male: rollerhockey boots (size 9); shoulderpads, elbow pads, kneepads, helmet and cricket bat + Computer equipment: 37cm computer screen, camera, speakers and bag of cables.

Contact: Nicolette on 083 639 0565 in Durbanville to collect.

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 2-Plaat Oond in goeie werkende toestand vir R350

Skakel: 071 762 0640 of 078 860 3881

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Amanda soek dringend Kinderspeelgoed vir ‘n klein Speelgroep teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: (021) 902 5023

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Naomie soek na ‘n Loopraam vir haar 89jarige ma teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: Annemarie by 082 977 4720

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is dringend op soek na Dakplate vir ‘n Wendy Huis teen ‘n bekostigbare prys of te skenk.

Skakel: 074 481 0524

 

 O P  S O E K L O O K I N G  F O R
The Bethany Charity Shop is in need of pre-loved clothing, shoes, books, toys, household goods, etc.

Contact: Past. Heather on 021 671 9400 or 084 693 2801   

 

 

 

Dagstukkies met CLF 23 Julie 2020

Here, red my

“Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: ‘Here, red my!’ ” (Matteus 14:30)

Op ’n dag was die dissipels in ’n skuit op die see. Jesus was nie by hulle nie, want Hy het agtergebly om te bid. Daar was ’n sterk wind en groot golwe op die see. Jesus het toe later op die see na hulle toe geloop. Toe hulle sien dat iemand op die water loop, het hulle gedink dat dit ’n spook was en het baie bang geword. Jesus het hulle toe gerus­gestel en gesê dat dit Hy was en dat hulle nie hoef bang te wees nie. Petrus het toe vir Jesus gevra of hy maar na Hom toe kon loop, en toe Jesus sê dat hy maar kan kom, het hy begin loop op die water. Maar toe Petrus die groot golwe sien, het hy bang geword, en toe begin sink hy in die water in. Dis toe dat hy om hulp geroep het.

Gelukkig was Jesus naby. Hy het sy hand gevat en hom in die skuit gehelp. Soms word ons ook bang as die gevaar groot is. Dan moet ons net onthou dat die Here naby ons is om ons hand te vat. Al is jy soms in groot gevaar, vertrou op die Here – Hy sal jou red.

 

Dankie Here dat ek op U kan staatmaak as ek in gevaar is. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies met CLF 22 Julie 2020

Gee dit vir Jesus

“Bring dit vir my hier, sê Hy” (Matteus 14:18)

Ons almal weet seker van die keer toe Jesus duisende mense kos gegee het met net vyf brode en twee vissies. Al daardie mense het na Hom kom luister. Toe dit aand word, wou Jesus se dissipels die mense wegstuur om vir hulle kos te koop. Jesus het egter vir sy dissipels gesê dat húlle vir die mense kos moes gee om te eet. Maar al wat hulle in die hande kon kry was die vyf brode en twee visse. Dit was vir die dissipels ’n groot probleem, want hoe kan jy vir soveel mense daarmee kos gee? Dit was ’n onmoontlike taak.

Gelukkig was Jesus daar om te help. Nadat Jesus opgekyk het na die hemel en die seën gevra het, het die dissipels die vis en brood aan die mense uitgedeel. Almal het genoeg geëet, en daar het nog baie oorgebly.

Soms het ons ook ’n groot probleem. Moenie van Jesus vergeet nie. Gee dit vir Hom, en Hy sal dit vir jou oplos. Glo en vertrou net, die Here kan alles doen.

 

Here Jesus, dankie dat U vandag vir my geleer het om my probleme vir U te gee. Amen.

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.