Dagstukkies Met CLF 29 Februarie 2020

Vertrou op die Here

“Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort”

(Psalm 37:3)

In ons daaglikse se lewe is daar so baie bekommernisse en dinge wat ons benoud maak. Ons moet soggens vroeg opstaan, hard werk deur die dag, sorg dat daar kos en klere vir ons gesin is, en ook nog sorg vir ’n blyplek. Elke dag is dit maar net ’n geswoeg om kop bo water te hou.

Nou is daar ook mense wat goddeloos en skelm is, skurke, met wie dit goed gaan. Dit lyk of dit met hulle beter gaan as met ons wat kinders van die Here is. Dit ontstel ons en maak ons kwaad.

Psalm 37 leer ons om ons nie so oor die skelms en skurke, en oor hulle voor­spoed, te ontstel nie. Die Here sal self met hulle afreken. Ons moet liewer ons lewe aan die Here toevertrou, Hy sal sorg en vreugde gee. Hy sal dat regverdigheid geskied, ook aan ons. Die Here sorg vir die opregtes. Ons kan maar in stilte op die Here vertrou.

Dierbare Here, dankie dat U daar is om vir my te sorg. Help my om altyd op U te vertrou. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Kerknuus – 1 Maart 2020

 

1-6 MAART  2020 HARVEST TIME MINISTRIES
Harvest Time Ministries hou Opelug Dienste met Pastoor Cheslyn Isaacs & Ander

Waar: Balingen Place, Silversands     Tyd: 17h00 & 19h30

Kontak: Joleen by 063 000 1218

 

6-8 MAART 2020 PIETER & HELENE THERON
Pieter & Helene Theron hou ‘n Bevrydingskursus

Waar: Laerskool De Hoop, Somerset Wes

Koste: R600p/p (sluit handleiding & nasorgboekie in)   

Kontak: Lynette by 076 591 1273 of epos aan info@lig.faith

Inskrywings kan gedoen word op www.lig.faith/theron-bevrydingskursus

 

6,13,20 & 27 MAART 2020 BETHEL TABERNACLE FULL GOSPEL CHURCH
Bethel Tabernacle Full Gospel Church will be hosting a Four Part Youth Relationship Series, Unchain My Heart 2020 with Pastor Dominique Adonis & Artists Kezia Erasmus and Others

Where: Bethel Tabernacle Full Gospel Church, Scottsville, Kraaifontein    Time: 19h30   

Contact: 076 196 5708

 

6 MAART 2020 DOXA DEO KERK
Doxa Deo Gemeente Langeberg bied aan “Spieëltjie in jou hand met Alettè Winckler”

Waar: Doxa Deo Langeberg    Tyd: 19h00-21h00   Koste: R150p/p (sluit ete in)

Kontak: Danelle by (021) 987 1275

 

7 MAART 2020 NGK BELLVILLE
NGK Bellville hou Basaar met heerlike Gebak en vele meer!

Waar: NGK Bellville, De Langestraat, Bellville    Tyd: 09h00 – 11h00   

Kontak: Nicolene by (021) 948 3550 of Herman by 083 777 9896

 

7 MAART 2020 NGK PAROW-PANORAMA
NGK Bellville hou ‘n Kermis met heerlike Pannekoek, Geregte, Kinderpret en vele meer!

Waar: NGK Parow-Panorama Rembrandtsingel, Panorama    Tyd: 09h30  

Pretloop: 08h00 (Inskrywings open 07h00)    

Kontak: Kerkkantoor by (021) 930 3100

 

7 MAART 2020 AP KERK
AP Kerk hou ‘n Kermis/Basaar met Plesierritte, Potjiekos kompetisie, veteraan motors, teetuin en vele meer met Tema “Toeka se dae!!

Waar: Meridian Pinehurst Skool, Kampus weg 6, Pinehurst

Tyd: 08h00    Toegang: Gratis        

Kontak: Elsa Els by 082 336 1923

 

7 MAART 2020 BETHANY FELLOWSHIP KERK
Bethany Fellowship Kerk hou hul Maandelikse Mini-Mark met ‘n Tee Tuin, Konfyt en vele meer!   Waar: Bethany Fellowship Kerk, Imam Haron Weg 225, Claremont

Tyd: 08h00 – 13h00   

Stalletjies: Beskikbaar @ R20        

Kontak: Bethany Kantoor by (021) 671 9400 of 061 709 2533

 

14 MAART 2020 TRANSFORMED WOMAN MINISTRY
Transformed Woman’s Ministry bied aan “Breaking Free!”

Waar: NGK Plumstead, Ophir Weg 30, Plumstead      Tyd: 14h00            

Kontak: 073 545 4304 of 081 829 6670

 

22 MAART 2020 HARVEST TIME PENTECOSTAL CHURCH
Harvest Time Pentecostal Church Celebrates their Ground Breaking Ceremony

Where: Harvest Time Pentecostal Church, 5 Rio Grande Road, Manenberg

Time: 15h00   

Contact: Apostle Manuel on 081 351 1520

 

27 MAART 2020 SILVERSTREAM TABERNAKEL MANENBERG
Silverstream Tabernakel Kerk bied aan ‘n Optrede met Eleazar Southgate met Tema “Nothing like Your Presence”

Waar: Silverstream Tabernakel Kerk, Ruimte Weg 28, Manenberg   Tyd: 19h30      Toegang: R10p/p

 

28 MAART 2020 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL
Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou Basaar met ‘n Tee Tuin, Potjiekos, Kinderpret en vele meer!

Waar: Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal, H/v Riebeeck & Jameson Straat, Goodwood                Tyd: 08h00   

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout by 072 117 4883

 

28 MAART 2020 VGK SCOTTSVILLE
VGK Scottsville hou ‘n Spogtee
Waar: VGK Scottsville, Kraaifontein       Tyd: 14h00       Koste: R100p/p  

Kontak: Selwina by 078 688 5964

 

Alles & Nog Wat – 29 Februarie 2020

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   2 9   F E B R U A R I E   2 0 2 0

T E   K O O P F O R   S A L E
Musieksentrum met 5 Speakers vir R600

Kontak: Mnr. De Haas by (021) 949 1396 of 076 068 5531

   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 Bettie is op soek na ‘n Gasstoof teen bekostigbare prys.

Skakel: Bettie by 074 331 2799

T E   K O O P F O R   S A L E
Phillips Desk Computer, modem + printer in good working condition @ R800

Contact: Evelyn on (021) 981 6776 or 072 452 2383

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Pensioenaris is op soek na ‘n Klein Yskas & Gehoorstuk teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 072 452 2383  

T E  K O O P F O R  S A L E
Stel Gholfstokke vir R2500

Skakel: 061 192 4693

T E   K O O P   F O R   S A L E
Calvinator Eye Level Oven & Griller @ R2300

Contact: 061 702 4001

O P   S O E K L O O K I N G   F O R
Mina is op soek na Vibracrete Slabs teen ‘n bekostigbare prys.

Skakel: 074 848 3609  

 

O P   S O E K L O O K I N G   F O R
Rene is op soek na Skoolskoene (nr.5) + wit sokkies & Skooltas vir 11jarige dogter in die Paarl te skenk.

Skakel: 060 696 1964

 

T E   K O O P F O R   S A L E
2 Enkelbeddens met Matras vir R500 elk + Defy Mikrogolfoond vir R500

Defy Yskas vir R2000 + Silwer Video Kamera met tripod vir R500

Digitale Kamera vir R500 + Kopstuk/Spieëlkas vir R2500

Skakel: 071 736 4585 of 082 734 4803

 

 

 T E   K O O P F O R   S A L E
Glass round Table @ R1900 + 4 Chairs @ R480 + 6-Seater Sofa Set @ R2700

Contact: 061 439 7524

 

O P   S O E K L O O K I N G   F O R
Lavenderhill Organisasie is op soek na ‘n betroubare Bakkie in lopende toestand teen vergoeding.

Kontak: John by 074 695 4191

 

T E  K O O P F O R  S A L E
2 Gevoerde (lined) Lilac Gordyne (230cmx218cm) splinternuut vir R400

Outydse vleismeul vir R200 + Materiaal Mat + Langbroeke vir R300

Skakel: Mev. Marx by (021) 591 1436   

 

T E   K O O P F O R   S A L E
Halwe Bakstene @ 50c elk + Rok materiaal @ billike prys p/meter.

Kontak: Beryl by 061 412 9981 

 

T E   K O O P F O R   S A L E
Defy thermofan Dubbel-oond in puik werkende toestand vir R5500 + Embuia Spieëltafel met laaie + Dubbelbed & Kopstuk vir R3500

4-Plaat Gas Stoof in puik werkende toestand vir R1500

Kontak: Mnr. Petersen by 083 641 5038 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Mev. Abels is op soek na ‘n Klavier teen ‘n bekostigbare prys.

Skakel: 061 441 9154 

 

S A A M R Y  G E L E E N T H E I D L I F T
Luisteraar is op soek na ‘n Saamrygeleentheid soggens tussen 07h30 – 17h00 teen vergoeding, vir haar suster in ‘n rystoel vanaf Elsiesrivier na Checkers Hoofkantoor, Brackenfell.

Skakel: 081 899 3061

 

T E   K O O P F O R   S A L E
Russell Hobbs Stoof in baie goeie toestand vir R2200

Skakel: 084 394 4820

 

T E   K O O P F O R   S A L E
2 VW (1968) Combi Front Shocks @ R200 each + 2 Ford Cortina Rear Shocks @ R200 each + Opel GSE 1600 for Spares – Price neg.

Contact: Johan on 071 762 0640 or Shirley on 078 860 3881

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Gas cast iron 3-Burner without regulator hose @ R450     

Contact: Leonard on 076 160 1072

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Bridal Couture (American Model Agency designed) Stock, some still new @ R30 000   

Contact: Wally/Lolla on 071 428 0219

 

T E  K O O P F O R  S A L E
Splinternuwe Husqvarna Trimmer & Weedeater vir R2300 + Lessenaar vir R400     

Kontak: Corrie by (021) 988 2211 of 076 086 9362

 

S A A M R Y  G E L E E N T H E I D L I F T
Saamrygeleentheid gesoek vanaf Bellville-Suid na Northpine soggens gedurende weeksdae.       

Kontak: Naomi Engelbrecht by 084 766 9572

 

T E  K O O P F O R  S A L E
3-Stuk Sitkamerstel in goeie toestand + Groot Tafel met embuia pote + Koffie Tafel + Mat en Yskas in goeie toestand – Prys o.h.b.     

Kontak: Mnr. Erasmus by 076 328 5857

 

T E  K O O P F O R  S A L E
4 XXX Large Golf-T hemde @ R100 elk of R300 vir alles.  

Skakel: 073 446 3669

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
Luisteraar is op soek na (nr. 7) Rugby Toks in ‘n goeie toestand teen vergoeding.     

Skakel: 073 446 3669

Dagstukkies Met CLF 28 Februarie 2020

Ons land en sy mense

“Dit gaan goed met die nasie wie se God die Here is” (Psalm 33:12)

In die wêreld is daar baie nasies. Elke land het sy eie reëls en wette, sodat daar orde en vrede kan wees.

Daar is so baie nasies wat nie leef volgens God se wil nie. Hulle leiers ken nie die Here nie en regeer nie volgens Bybelse beginsels nie. Hulle vertrou net op hulle eie wys­heid en mag. Hulle dink dat hulle met krag en geweld alles sal regkry. Hulle vertrou net op hulleself.

Maar die Here is sterker as al die nasies saam. Hy is die groot en magtige Koning van die hele wêreld. Al maak die nasies ook watter planne, die Here bly in beheer. Daar­om is dit beter om op die Here te vertrou. Ons lees in hierdie Psalm dat die Here sal sorg vir die land en die mense wat op Hom alleen vertrou, wat Hom as hulle Koning aanvaar.

Ons moet elke dag vir ons leiers bid. Ons moet vra dat die Heilige Gees hulle sal wys hoe om te regeer. As Suid-Afrika se leiers en al ons mense God dien en sy wil doen, sal dit goed gaan in hierdie mooi land van ons.

Ek bid, Here, dat U hierdie land van ons sal seën. Dankie vir leiers wat u kinders is. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies Met CLF 27 Februarie 2020

God se pad

“Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg” (Psalm 32:8)

Dawid sê hier hoe bly hy is dat God sy sonde vergewe het. Dit gaan goed met elkeen wie se sonde vergewe word. Die Here vergewe ons omdat Hy ons liefhet, en dan wys Hy ons die regte pad aan, wat ons moet loop.

In ons daaglikse lewe is daar baie paaie wat ons kan loop. Daar is die regte paaie en die verkeerde paaie. Gelukkig is God daar om vir ons die regte pad na Hom toe te wys. Soos ons in vers 8 lees, wil God ons leer om die regte pad te kies.

Sê sommer nou vir God dankie dat Hy jou liefhet en jou leer om die regte pad te loop.

Wonderlike Here, baie dankie dat U my sonde vergewe. Leer my elke dag om die pad na U toe te loop. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies Met CLF 26 Februarie 2020

God het sondaars ook lief

“Die Here is goed en regverdig: Hy wys selfs vir sondaars die pad aan” (Psalm 25:8)

 

In die Bybel lees ons altyd dat God lief is vir sy kinders. Sy kinders is dié wat aan Hom gehoor­saam is en Hom dien en wat glo dat God se Seun Jesus Christus ons van ons sonde kom verlos het. God het sy kinders baie lief.

Maar in hierdie Psalm lees ons dat God ook sondaars liefhet! Elke mens op die aarde doen sonde. Ons doen aanmekaar verkeerde dinge. Ons het God nie bo alles lief nie. Ons is almal sondaars. Maar God het ook sondaars lief. Daarom het God sy Seun Jesus Christus gestuur om vir sondaars sy lewe te kom gee, sodat hulle van hulle sonde bevry kan word en die lewe ontvang. As Jesus nie vir sondaars kom sterf het nie, was ons almal verlore.

Dit is die goeie nuus wat ons aan almal kan vertel. En as verloste sondaars moet ons vir ander wys hoe wonderlik dit is om ’n kind van God te wees. Ons moet ’n voorbeeld stel deur ons manier van lewe, ons goeie dade, ons woorde en ons liefde. Ook deur die manier waarop ons ander vergewe, wys ons dat God ons vergewe het.

 

Dankie, Here Jesus, dat U sondaars liefhet. Dankie dat U ook my sondes vergewe het. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Gemeenskapsnuus – 25 Februarie 2020

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   2 5   F E B R U A R I E   2 0 2 0

 

TOT  1 MAART 2020 TABERNAKEL VAN GOD PINKSTER KERK
Tabernakel van God Pinkster Sending Kerk hou ‘n Herlewing Tent Veldtog     

Waar: H/v Beverley & Sandpiper Straat, Stratford Eersterivier       Tyd: 19h00                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                      

Kontak: Evang. Hendricks by 084 453 9346

 

28, 29 FEBRUARY & 1 MARCH 2020 MDK OUTREACH MINISTRIES
Melvin De Koker Outreach Ministries Presents The Macassar Praise & Worship Festival
Fundraising Weekend with The Soul Sisters, Trevor Benson, Phillipine, Helderberg & Kings Choristers & many Others
Where: Macassar High School Hall   Time: 17h30    Cost: R60 daily/R130 weekend

Contact: Evang. Melvin De Koker on 081 782 0295

 

29 FEBRUARIE 2020 FONDSINSAMELING
Fondsinsameling ten bate van Jaco se mediese kostes na ernstige besering

Waar: Barnyard Teater, Tyger Vallei   Tyd: 18h30 vir 20h00   Kaartjies: R165p/p

Kontak: Chantelle by 076 495 8722

 

29 FEBRUARIE 2020 BELLVILLE SENIOR SENTRUM
Bellville Senior Sentrum hou Basaar met tradisionele geregte soos Kerrie-afval, Tuisgebak- en Lekkergoed tafel en vele meer!

Waar: Bellville Senior Sentrum, Chrismar Villas, Bellville     Tyd: 09h00-11h30

Kontak: Kantoor by (021) 910 1250

 

1-6 MAART  2020 HARVEST TIME MINISTRIES
Harvest Time Ministries hou Opelug Dienste met Past. Cheslyn Isaacs & Ander

Waar: Balingen Place, Silversands     Tyd: 17h00 & 19h30

Kontak: Joleen by 063 000 1218

 

6-8 MAART 2020 PIETER & HELENE THERON
Pieter & Helene Theron hou ‘n Bevrydingskursus

Waar: Laerskool De Hoop, Somerset Wes

Koste: R600p/p (sluit handleiding & nasorgboekie in)   

Kontak: Lynette by 076 591 1273 of epos aan info@lig.faith

Inskrywings kan gedoen word op www.lig.faith/theron-bevrydingskursus

 

6 MAART 2020 PROTEA VALLEI KERK
Protea Vallei Kerk hou ‘n Jeug Sangaand met Wholehearted Band van Somerset Wes      Waar: Protea Vallei Kerk, Van Riebeeckshof Weg 47, Durbanville

Tyd: 18h00-20h00        Kaartjies: R50

Kontak: youth@proteavalleychurch.org

 

7 MAART 2020 NGK STELLENBOSCH
NGK Stellenbosch hou ‘n Junk & Vintage Mark – Kom kuier saam en grawe vir skatte of
maak geld uit jou wit olifante!
Waar: Kerksaal, Alexanderstraat 3, Stellenbosch   Tyd: 09h00-13h00   

Kontak: Michelle by 071 368 4164

 

7 MAART 2020 MOMBIZ FAMILIE MARK
Mombiz Familie Mark word gehou as platform vir Mamma besitte besighede met heerlike geregte, gratis Kindervermaak en vele meer,  ten bate van Cart Horse
Waar: Protea Shed, Knorhoek Landgoed, Sir Lowry’s Pas   Tyd: 11h00-16h00   

Kontak: Henriette by 071 388 9591

 

7 MAART 2020 BOEK BEKENDSTELLING
“Fallen Men can Rise Again” Samuel Jacobs Boekbekendstelling
Waar:  Shawco Saal, Halt Weg 268, Elsiesrivier   Tyd: 09h00-12h00   Koste: R120 (Boekprys)        

Skakel: 062 817 9256

 

13-14 MARCH 2020 JOHN POWER CHILDRENS HOLIDAY CAMP
John Power Childrens Holiday Camp & Atlantis Medical Outreach Team presents a Medical Community Outreach with medical services & medication, Dentist consultation & many more!     

Where: John Power Camp, Camp Drive, Camp Road, Strandfontein   Time: 08h00    Cost: Free                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                 Contact: Johanna Rose on 072 652 1272

 

28 MAART 2020 B-STYLED SA
B-Styled SA presents Re-Envision Your Lifestyle Mens Conference with Brandon Van der Vyver      Where: Victory Kingdom Church, 128 Nooiensfontein Road, Kuilsriver

Time: 10h00-13h00 

Cost: R150p/p   

Contact: Brandon on 071 013 0239

 

 

 

Werkverskaffing – 25 Februarie 2020

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   2 5   F E B R U A R I E   2 0 2 0

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 

 

FASILITEITSBEAMPTE FACILITIES OFFICER
Vereistes: Is jy ‘n raakvatter Nutsman met ‘n kan-doen-benadering wat daad by woord kan sit? As jy ‘n geldige rybewys het, prakties aangelê, onafhanklik kan werk terwyl jy ‘n span ondersteun, is hierdie geleentheid vir jou. Radio Tygerberg het tans ‘n posisie beskikbaar vir ‘n Instandhoudingspersoon by hul kantore in die Noordelike voorstede. Die suksesvolle kandidaat moet beheer neem van alle bates, store, voertuie, skakeling met diensverskaffers, ens. Eie vervoer is ‘n vereiste.

Stuur ‘n kort CV, afskrif van jou geldige rybewys en salarisverwagting na cv@104fm.co.za

Indien jy binne 14 dae nie van ons gehoor het nie, kan jy aanvaar jou aansoek was onsuksesvol

 

BEMARKING MARKETING
Vereistes: Goed gevestigde organisasie vir 29 jaar benodig konsultante. Verdien ‘n bo-gemiddelde inkomste. Opleiding en kliënte word voorsien uit projekte. Skakel vandag nog!!!

Besoek www.learn2learn.co.za of skakel: 021 910 0992 of 082 458 0533

 

ONDERWYSERS TEACHERS
Vereistes: Diploma in Onderwys ‘n vereiste, moet beskikbaar wees om naweke te fasiliteer.

Besoek www.learn2learn.co.za of skakel: 021 910 0992 of 082 458 0533

 

SKOONMAKER/VERSORGER DOMESTIC WORKER/CARER
Vereistes: Betroubare Skoonmaker/Versorger benodig met sober gewoontes en christelike waardes.

Kontak: Maria by 081 502 6887 (tussen 09h00-17h00)

 

LOODGIETER PLUMBER
Requirements: The Drain Surgeon needs a qualified trade license Plumber with experience and PIRB COC Certificates, drivers licence and clean criminal record.

CV’s handed at Office in 11 Victoria Road, Bellville or

contact: Wessel on 066 301 2457

 

ONDERWYSER TEACHER
Requirements: Platinum College in Robert Sobukwe Road, Bellville is looking for a retired Afrikaans Teacher to teach Afrikaans additional (2nd language) to 6 College Students doing matric during the day.

Contact: Brian on (021) 023 0653 or email CV to platinumcollege2@gmail.com

 

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za.

 

Dagstukkies Met CLF 25 Februarie 2020

Alles behoort aan die Here

“Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here”

(Psalm 24:1)

God het in die begin alles gemaak. Die aarde, son, maan, sterre en ook die mense en die diere was sy handewerk. Omdat God alles gemaak het, behoort alles aan Hom. Alles op die aarde behoort aan God.

Omdat God ook vir ons as mense gemaak het, is ons sy eiendom. En alles wat ons besit, kom ook van die Here af. Hy gee vir ons verstand en gesondheid om te kan werk, Hy gee vir ons die krag en wysheid om besittings bymekaar te kan maak. Die Here gee ook vir ons talente om daarmee te kan woeker. Sonder God sou ons niks kan doen nie.

Ons dink so baie keer dat ons besittings aan ons behoort. Nee, dit kom alles van God af. Ook ons besittings behoort eintlik aan God.

Ons moet elke dag dankbaar teenoor die Here wees vir dit wat Hy vir ons gee. Daarom moet ons ook bereid wees om weer ons besittings en ons lewe vir die Here te gee. En ons moet dit met mekaar deel, want daar is baie mense wat soveel minder as ons het.

Dankie Here, dat ek ook aan U kan behoort. Help my om altyd dankbaar te wees vir dit wat U vir my gee. Amen.

Dagstu

kkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.

Dagstukkies Met CLF 24 Februarie 2020

Die Here is ons Herder

“In u hande is ek veilig” (Psalm 23:4)

Psalm 23 is seker een van die mooiste Psalms in die Bybel. Lees gerus die hele Psalm as jy ’n tydjie het. In daardie dae is skape deur ’n herder opgepas. Die herder was heeltyd by sy skape. Hy het hulle na groen gras en lekker water toe geneem. Hy het hulle teen die wilde diere beskerm en hulle versorg.

Net soos ’n goeie herder sy skape oppas en beskerm, so is God ook ons herder. God pas ons op, Hy bewaar ons, Hy lei ons op die regte paaie. Al moet ons ook soms deur donker dieptes gaan, deur gevaarlike plekke en tye, God hou ons veilig. Hy gee ook vir ons elke dag nuwe krag om ons werk te kan doen.

As ons aan God gehoorsaam is, as ons agter Hom aanloop soos skape agter ’n herder, sal ons veilig wees. Dan sal ons niks kortkom nie. Ons sal vrede hê. Solank ons lewe sal ons God se goedheid en liefde ontvang.

Dierbare Here, dankie vir ’n man soos Dawid, wat vir ons so ’n mooi Psalm geskryf het. Wees asseblief ook my herder. Amen.

 

Dagstukkies Met… is ‘n Radio Tygerberg 104FM-inisiatief en word moontlik gemaak deur CLF, die Christelike Lektuurfonds.