Dagstukkies met Wayne en Chantelle 31 Oktober 2019

2 Kronieke 20:22:  #Sing                                                                

Die oomblik toe hulle met ‘n juigkreet ‘n loflied begin sing, het die Here ‘n hinderlaag beskik teen die Ammoriete, Moabiete en die mense van die Seïrberg wat teen Juda opgetrek het, en hulle is verslaan.”

As jy hoor dat daar oorlog oppad is en dat dit jou werk is om die strategie bymekaar te sit van hoe jy gaan terug baklei teen die vyand is ons seker daarvan jou laaste gedagte gaan wees om te staan en sing. Reg? Natuurlik! Jou eerste gedagte mag dalk wees om sterk manne bymekaar te kry, seker te maak almal het goeie wapens en dan begin die strategiese beplanning van hoe jy die vyand gaan onkant betrap sodat jy in oorwinning kan wegstap. Toe Josafat egter hoor dat daar oorlog oppad is, het hy dadelik ‘n vasdag geroep oor die volk en gevra dat almal na God toe gaan in gebed en bid rondom hierdie saak. Die Here het deur ‘n man (Jagasiël) met hulle gespreek en hulle herinner dat Hy saam met hulle is en dat hulle nie hoef te vrees nie. God het vir hulle twee instruksies gegee: “Trek die vyand tegemoeg, julle gaan nie hoef te veg nie, neem net julle posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle” (eie woorde).

Die oomblik toe die manne met wapens gereed was die volgende dag, stuur Josafat voorsangers voor hulle uit wat lofsange begin sing het aan God, en die oomblik toe dit gebeur het God verwarring begin in die kamp van die vyand en hulle het teen mekaar begin draai en mekaar vernietig sonder dat Josafat en sy manne ‘n vinger hoef te gelig het.  In die fisiese het die voorsangers bloot net gesing, maar geestelik was daar oorlog die oomblik toe hulle hulle monde oopgemaak het, en dit is presies wat gebeur die oomblik as ons God begin prys ten spyte van die oorlog om ons. Elkeen van ons het daagliks ‘n keuse om konstant die oorlog om ons in die fisiese te baklei, of ons het die opsie om posisie in te neem en God te begin loof en Hom te vertou om hierdie geveg namens ons te baklei.

Veg of #sing. Dit is ons opsies. Kies vandag om God te vertrou en om op Hom staat te maak. Neem jou posisie in en #sing soos ‘n vriend van God.

Van jou vriende,

Wayne & Chantelle

Dagstukkies met Wayne en Chantelle 30 Oktober 2019

Jakobus 5:13:  #Sing                                                                        

As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid.  As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing.”

In ‘n ander vertaling lees hierdie skrif as volg: “Is een van julle dalk in die moeilikheid? Laat hy dan met God gaan praat. As iemand goed of gelukkig voel, moet hy liedere sing wat vertel hoe goed God vir hom is” (DB).  Hierdie skrif herinner ons dat gebed en lofprysing hand aan hand gaan. Ons leef in ‘n era waar baie mense die krag van gebed onderskat en wat ook glad nie meer glo dat gebed deel moet wees van ons geestelike wandel nie. Dan praat ons nie eers van lofliedere sing aan die Here nie. Die groot vraag vandag aan jou is: Glo jy nog daarin? Dat God gebede verhoor en dat ons lofliedere aan God moet bring? As jou antwoord ja is – hoe lyk jou gebedslewe en getuig jy nog aan ander oor die goedheid van God en sing jy nog gereeld lofliedere aan die Here en vertel jy nog vir Hom hoe goed Hy vir jou is?

Die lekker daarvan is dat God belangstel in ons hele wese en dat Hy betrokke wil wees in die fynste detail van ons lewe. Daarom kan ons gebruik maak van elke geleentheid om lof aan Hom te bring en vir Hom te vertel hoe goed Hy vir ons is. Terwyl ons bestuur, ‘n lied hoor op Radio Tygerberg 104fm, in ‘n winkelsentrum stap of alleen met Hom tyd spandeer.  As jy dit lanklaas gedoen het wil ons jou vandag opnuut uitdaag en jou vra vir die volgende 24 uur om nie een keer vir God iets te vra van wat jy van Hom wil hê nie, maar vertel Hom net hoe goed Hy vir jou is.

#Sing met jou woorde, #sing met jou leefwyse, #sing van God se goedheid, #sing soos ‘n vriend van God.

Van jou vriende,

Wayne & Chantelle

Dagstukkies met Wayne & Chantelle 29 Oktober 2019

Efesiërs 5:19:  #Sing                                                                         

Laat die Gees julle vervul, en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here.”

Hierdie eenvoudige skrif van slegs 25 woorde bevat drie dinge wat ons moet doen as seuns en dogters van God.

1) “Laat die Gees julle vervul”: Het jy geweet dat as jy ‘n ballon opblaas en ‘n vuurhoutjie aansteek en onder die ballon sit, bars die ballon dadelik. Dit is letterlik ‘n sekond of twee dan bars die ballon omdat daar hitte onder hom geplaas word. Maar as jy ‘n bietjie water in ‘n ballon sit en jy blaas dit dan bietjie op en jy doen dieselfde, bars die ballon nie. Hoekom? Want die water aan die binnekant van die ballon absorbeer die hitte van die vlam en keer dan dat die ballon bars. Presies dieselfde gebeur met onss. Sonder die Heilige Gees (water) in ons lewe (ballon), sal ons bars as ons deur moeilike tye gaan (vlam). Ons sal nie alleen en deur ons eie krag staande kan bly nie, maar as ons vervul word met die Heilige Gees help Hy ons om sterk te bly staan al gaan dinge om ons moeilik. Hierdie skrif gee ons opdrag om ons lewe oop te stel sodat ons vervul moet word met die Heilige Gees, maar om dit te doen moet ons “ja” sê.

2) “Sing onder mekaar”: As ons vervul word met die Heilige Gees veroorsaak dit dat strome lewende water in ons binneste begin vloei. Ons sal nie anders as om God se naam groot te maak nie. Om dan lof aan Hom te bring is dan ‘n natuurlike reaksie. Wat mooi is van hierdie skrif is die feit dat ons nie alleen moet vier en aan God moet sing nie, maar dat ons dit moet doen onder mekaar. Ons kan onsself nie keer om te dink watter impak dit kan hê onder vriende, tussen familielede, in jou huwelik en hoe jy dalk kinders grootmaak as ons konstant die goedheid van God “onder mekaar” besing nie. Jou lied word dan direk die motivering en stigting van iemand anders se geloof.

3)  Laastens het ons die opdrag om te sing “met (ons) hele hart”. Sing jy werklik met jou hele hart? Of is daar dalk vandag goed waarvan jy weet wat jou weerhou om God te loof met alles? Vrees, bekommernis, woede, jaloesie, bitterheid, noem dit wat jy wil. Ons moet seker maak dat ons hierdie dinge uit ons lewe verwyder sodat ons lied aan God nie belemmer word met enige iets anders nie.

Kom ons sê “ja” vir God, kom ons #sing onder mekaar, en kom ons #sing met ons hele hart soos ‘n vriend van God.

Van jou vriende,

Wayne & Chantelle

 

Werkverskaffing – 29 Oktober 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   2 9   O K T O B E R    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
DRYWERS DRIVERS
 
Requirements: 3 Code 8 Drivers for an Established Company in Brackenfell needed, for deliveries, collection and correspondence delivery to customers and others. Must have a Code 8 Drivers Licence, clear and traceable references, solid driving record, strong knowledge of Cape Town roads, strong customer service skills, good command of Eng/Afrikaans speaking and understanding.

Please forward CV to info@strapprof.co.za

   
KONTRAK BESTUURDER CONTRACT MANAGER

       

  Vereistes: Gevestigde Konstruksie Maatskappy wat spesialiseer in Plafon en partisies installasies, benodig ‘n Kontrak Bestuurder met Konstruksie agtergrond/ervaring, moet onder druk kan werk.

Epos CV na jano@ceilwall.co.za

 

BESTUURDER/TUTOR  MANAGER/TUTOR

 

Vereistes: Bestuurder/Tutor benodig met Gr.12, Wisk & Wet. 60% min. Werksure: Daagliks.

Epos CV na math@absamail.co.za

 

MOTORFIETS DRYWERS  MOTORBIKE DRIVERS

 

Vereistes: 2 Betroubare Motorfiets Drywers benodig, verkieslik met Kode 8 en motorfiets lisensie en sober gewoontes.

Skakel: Renaldo by 074 238 4714 of 062 142 3817

 

VERKOOPSDAMES  SALES LADIES

 

Vereistes: Betroubare Dames word benodig om ingevoerde Produkte te verkoop.

Skakel: Mnr. Brown by 076 714 6441

 

STIKSTERS  MACHINISTS

 

Vereistes: All-rounder Machinist dringend benodig in Durbanville area.

Kontak: Yolandi by 082 733 5447

 

KONSULTANTE  CONSULTANTS

 

Vereistes: Jy hoef nooit weer sonder werk te sit nie. Goed gevestigde Maatskappy vir 28jr. benodig Konsultante – Opleiding en Kliënte word voorsien. Bo gemiddelde inkomste – Moenie wag nie!

Skakel: (021) 910 0992 of 072 416 3875 of besoek www.learn2learn.co.za

 

ONDERWYSERS  TEACHERS

 

Vereistes: Onderwysers benodig met Diploma/Graad in Onderwys. Moet beskikbaar wees om naweke te fasiliteer.

Skakel: 072 416 3875 of besoek www.learn2learn.co.za

 

KONTAK SENTRUM  CONTACT CENTRE

 

Requirements: Permanent Jobs available for Persons up to age 34, living with Disabilities, able to accommodate wheelchair bound applicants, with min. Grade 10, well spoken, problem solver, Must be able to cope with pressure, must be able to work shifts between 07h00-21h00, must be able to produce a medical report and be unemployed.

Email CV & medical report to placements.employmentsolutions@gmail.com

 

WINKELSENTRUM  SHOPPING CENTRE

 

Requirements: 12 Month Learnership with incorporation into business after successful completion of Learnership – Guaranteed 120 hours p/month with opportunity to generate additional income from overtime, cannot accommodate wheelchairs, only visually and hearing impaired, but must be able to hear normal speech with a hearing aid and see enough to work on a computer and read labels, must be able to work store hours. Must pay attention to excellent customer service delivery.

Email CV & medical report to placements.employmentsolutions@gmail.com

 

KLEREMAAKSTER  SEAMSTRESS/DRESSMAKER

 

Requirements: Part time Seamstress/Dress Maker needed with exp. in the functions of Seamstress/ Dressmaker, valid SA ID, ability to keep records, logs, function independently, contactable references.

Email CV to hr@njwconstruction.co.za of call 072 208 7531

 

BEMARKING SEMINAAR  MARKETING SEMINAR

 

Vereistes: Geleentheid om jou eie bemarkingsgroep te bou met ‘n minimale maandelikse kapitaal uitleg. Volledige opleiding en inligting word verskaf by ons volgende seminaar op Sat. 9 Nov. 2019, te Ouditorium van die Publieke Biblioteek in Bellville (Agter Melomed Hospitaal) om 10h30. Toegangsfooi: Gratis, Registrasie noodsaaklik.

Stuur Whatsapp of SMS na 082 926 5062 om jou en potensiële groep vir seminaar te registreer.

 

VERSPREIDER  DISTRIBUTOR

 

Requirements: Watkins Valeur needs an Independent Distributor with free Training, quality branded products, excellent prices, etc.

SMS “Join” to 083 609 6469 or email: heste@valeur.co.za

 

GRAFIESE ONTWERPER  GRAPHIC DESIGNER

 

Requirements: Watkins Valeur needs a Graphic Designer that can also do copywriting. Full time position. Includes social media management and webpage management.

Email: heste@valeur.co.za

 

INSLAAP HUISHULP  SLEEP-IN DOMESTIC

 

Vereistes: Inslaap Huishulp (Manlik of Vroulik) en Voertuig bestuurder benodig vir ‘n bejaarde man in ‘n rolstoel in Langebaan, vir die hantering van volle huishouding en kosmaak, moet ‘n ervare bestuurder wees. 2 Outomatiese voertuie word voorsien.

 Skakel: Lazelle tydens kantoor-ure by (021) 976 8431

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

Gemeenskapsnuus – 29 Oktober 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   2 9  O K T O B E R   2 0 1 9

 

29 OKTOBER  2019 HIGHWAY MINISTRY

 

Highway Ministry bied aan Highway Prayer Patrol – Stop to Pray before you Go – Aksie vir Padveiligheid met heerlike Pannekoek, Jaffles en vele meer! (alle winste vir Bybelverspreiding)

Waar: Johan Heyl Sportgronde, Rouxweg, Worcester        Tyd: 18h00

Skakel: Farrell by 082 495 9360

 

1 NOVEMBER  2019 DIAMANT VROUE

 

Diamant Vroue bied aan SKYN 2019 – Aand van Lofpryssing & Aanbidding met VRINNE (Rouchelle, Benescke & Karien)

Waar: AGS Hoof Ouditorium, AGS Bellville      Tyd: 19h00

Koste: Gratis, kan bydrae maak van R25 (Quicket)      

Kontak: Annedi by 073 209 6255

 

1 NOVEMBER  2019 MORAWIESE KERK

 

Maitland Morawiese Kerk hou hul Jaarlikse Basaar met ‘n Sangkompetisie en vele meer!      Waar: Morawiese Kerkgronde, H/v Kensington & Royal Weg, Maitland      Tyd: 19h00 & 09h00       
Kontak: Past. Davids by 079 120 5618

 

1-3 NOVEMBER  2019 NEW HOPE CHURCH

 

New Hope Church presents NEXUS – A Godgiven young Adult Conference with Bradley van Reenan        Where: 111 Joe Marks Boulevard, Retreat      Time: 19h00 & 09h30       
Contact: Toni on 081 728 8929

 

02 NOVEMBER  2019 JOHAN JURGENS HANDELSKOOL

 

‘n 50 jaar Reunie vir die Matrieks van 1969 van die ou Johan Jurgens Handelskool in Springs word gereel in Springs. Oud Matrikulante word uitgenooi om kontak te maak.
Skakel: Juliana Murray van den Berg by 083 788 5651

 

02 NOVEMBER  2019 ARMS OF MERCY

 

Arms of Mercy High Tea Fundraiser – Cancer Awareness with Michelle Gildenhuys, Cordelia & many Others, Where: Marlenique Estate, Simondium   Time: 10h00  Dresscode: Smart casual

Cost: R270p/p (includes breakfast & goodiebag)

Contact: Anell on 076 981 1041 for Bookings

 

02 NOVEMBER  2019 PERSEVERANCE CHRISTMAS BAND

 

Perseverance Christmas Band Vier hul 50ste Bestaansjaar (Jubelfees) met moderne kontemporêre musiek van Ed Sheeran, Klassieke musiek soos Handel se Hallelujah en vele meer!         Waar: Artscape Teater, Kaapstad             Tyd: 19h30

Koste: R150p/p (Computicket)

Skakel: Moira by 082 736 9551

 

02 NOVEMBER  2019 HUIS UITSIG

 

Huis Uitsig hou hul Uitsig Fees met Vilene Kannemeyer op die Verhoog, Pannekoek-eet Kompetisie, Kuns Stalletjies, Poppe & Teddiebere van Toeka tot nou en vele meer!

Waar: Huis Uitsig, ME Rothmanstraat 15, Parow Noord         Tyd: 09h00

Stalletjies: R150p/stal

Kontak: Ontvangs by reception@uitsig.org (huur van Stalletjies)

 

02 NOVEMBER  2019 CANCER SHAVATHON

 

Independent Dutch Mission Church will be hosting a Cancer Shavathon

Where: Independent Dutch Mission Church, 455 Halt Road, Elsies River

Time: 11h00   Cost: R10p/p (Shave or Spray)     Dresscode: Any shade of Pink

Contact: Jacqueline on 060 443 8060

 

02 NOVEMBER  2019 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL

 

Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou Basaar met  Potjiekos, Teetuin, Gebak en vele meer!

Waar: Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal, H/v Riebeeck & Jameson Straat, Goodwood             Tyd: 08h00-15h00

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout by 072 117 4883

 

9-10 NOVEMBER  2019 STELLENBERG GARDENS

 

Stellenberg Gardens is Open to the Public for 2 Days in Aid of Adopt a bed for St. Josephs Home       Where: Stellenberg Gardens, 30 Oak Avenue, Kenilworth

Time: 09h30-17h30      Cost: R50 adults, Child u/12 free under adult supervision     Garden Tea : R30 (cash & Zapper only)

Contact: Magda on (021) 934 0352

 

9 NOVEMBER  2019 8 MISSES CROON

 

8 Misses Croon bied aan Op ‘n Stasie… soos vertel deur Amanda Strydom

Waar: Reddam House Durbanville, Clara Anna Fontein Kampus        Tyd: 19h00   Koste: R100/R80

Kaartjies beskikbaar by www.plankton.mobi

Kontak: 8missescroon@gmail.com

 

9 NOVEMBER  2019 MITCHELLS PLAIN LIONS CLUB

 

Mitchells Plain Lions Club presents a Diabetes Awareness Walkathon & Free Blood pressure and blood glucose  Testings,   Time: 09h00

Entries: R20 adults, R10 child/u/12yrs.

Where: From Rehoboth Community Centre & Mosquito & Kitty Hawk Streets, Rocklands

Contact: Johanna on 081 847 7619

 

10 NOVEMBER  2019    NGK WELGEMOED

 

NGK Welgemoed hou ‘n Spesiale Gebedsgeleentheid vir Reen & Nagmaal

Waar: NGK Welgemoed, Diaz Straat 15, Welgemoed         Tyd: 18h30

Kontak: Kerkkantoor by (021) 913 2320

 

23 NOVEMBER  2019 JAN KRIEL SKOOL

 

Jan Kriel hou hul Jaarlikse Liggieboom Kerskonsert met Pedro Kruger & Jan Kriel se Kinders    Waar: Jan Kriel Skool        Tyd: 19h00 (hekke maak 17h30 oop)

Koste: R100p/liggie

Kaartjies aanlyn beskikbaar by Quicket (www.quicket.co.za)

Kontak: Jan Kriel Instituut by (021) 903 0434 of admin@jankriel.co.za

 

30 NOVEMBER  2019 BISHOP LAVIS HOëRSKOOL

 

Bishop Lavis Hoërskool hou hul 40ste Reunie vir Graad 10 Klas van 1977 & Matrieks van 1979

Skakel: 083 648 8910 vir meer besonderhede.

 

Dagstukkies met Wayne & Chantelle 28 Oktober 2019

28 OKTOBER 2019

Psalm 95:1-2:  #Sing                                                                        

Kom, laat ons jubel tot eer van die Here.  Laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind, laat ons na Hom toe gaan met lof, laat ons Hom toejuig met lofsange.”

Wat ‘n gerusstellende wete dat “ons na Hom toe (kan) gaan”. As gevolg van die Kruisdood van Jesus Christus is daar vir jou en ons direkte toegang tot God die Vader en ons kan na Hom toe gaan met enigiets. Ons het niemand nodig om ons te lei in die teenwoordigheid van God nie, want Jesus het reeds vir ons die weg gebaan en ons het direkte toegang tot die aller heiligste teenwoordigheid van God die Vader.

Die hartseer realiteit egter waarmee ons gekonfronteer word (en ons self ook van skuldig is by tye) is die groot vraag: As ons wel na God toe gaan, met wat gaan ons na Hom toe?  As jy tyd eenkant sit in jou week, of jou dag, en jy kan tyd met Jesus spandeer, waarmee is dit waarmee jy na Hom toe gaan? Is dit versoeke met wat jy op die hart het? Is dit ‘n lys van behoeftes van dit wat jy graag wil hê? Of kom jy na Jesus toe met lof in jou hart en bloot vir die feit dat jy God wil toejuig met lofsange?

Jou realiteit op die oomblik mag dalk nie vir jou goeie rede gee om te wil sing nie. Dit mag dalk nie vir jou goeie rede gee om te jubel en te juig nie, maar ons kan wel jubbel en juig ten spyte van wat ons realiteit is. Ons besef in hierdie skrifgedeelte dat God die “rots is by wie ons redding vind”. Waarom dan sal ons nie na Hom toe wil kom met lof in ons hart en lofsange op ons lippe nie?  Ons het van God ‘n noodstop gemaak. ‘n Uitkoms waarheen ons vlug in ‘n tyd van nood. Kom ons verander dit. Kweek die gewoonte aan om na Hom toe te gaan met lofsange en lof in ons hart. Hoe moeiliker die storm om jou, hoe harder moet jy sing.

Vat hierdie week en #sing. Sing lofsange aan God jou Redder. Sing kliphard. Sing soos ‘n vriend van God.

Van jou vriende,

Wayne & Chantelle

Alles & Nog Wat – 26 Oktober 2019

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   2 6  O K T O B E R     2 0 1 9

T E  K O O P F O R  S A L E
 
Golf vir R15 000 + Opel Kadett vir R20 000 + 2006 Peugeot vir R22 000

Extractor Fan @ R500 + 2 Opel Deure vir R500

Carburetor pan vir Opel voertuig @ R100

DSTV Decoder @ R300 + Opel tenk vir R250

Skakel: 061 837 1530 of 074 786 3669

   
T E  K O O P F O R  S A L E
 
 Maxi cosi Kar Stoeltjie vir kleuter (3-5jr) nuut vir R1000

Skakel: 071 980 5137

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Luisteraar is op soek na ‘n Dubbelbed, Wasmasjien en Klerekas teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 079 120 7847 of 078 237 9873

 
T E  K O O P F O R  S A L E
 
Dressing Table with Mirror + Defy 4-Plate Stove, needs bottom element + Ladies Clothing- Price neg

Contact: 071 004 0301

T E  K O O P F O R  S A L E
 
Cellino Karstoeltjie vir Baba (9-13kg) in uitstekende toestand vir R800

Opslaan Bababed (Travelling Cot with activity gym, musieksentrum en nagliggie) vir R800

Kontak: Mariana by 021 939 4011

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Mev. Solomons is op soek na ‘n Yskas teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: (021) 397 6422

 
T E  K O O P F O R  S A L E
 
JVC Active Speaker System (MX-PH3000) met USB/SD card/ FM Radio + Remote control vir R3000

Kontak: Henning by 068 161 4322

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Petronel is op soek na ‘n Sitkamerstel + Hangkaste teen ‘n billike prys.

Skakel: 074 706 0520 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Bethany Charity Shop, supporting Bethany Educentre, for free adult matric classes in Claremont needs good clothing, shoes, books, toys, electric appliances, household goods, furniture, etc.

Contact: Past. Heather on (021) 671 9400 or 084 693 2801

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Groot Trailer met tralies in puik toestand vir R16 000 o.h.b.

Petrol Gras Randsnyer, nuut in verpakking vir R2300

Staal/Hout Dubbelbed met matras vir R1500

Swart Sak Damesklere (nrs.12-22) items splinternuut en 2dehands vir R580

Lessenaar feitlik nuut vir R850      

Kontak: Corrie by 076 086 9362 of (021) 988 2211

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

3-Sitplek Staal Swaai geskik vir Kleuterskool, benodig verf @ R3500

Skakel: 082 210 1020

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Gedore 1B Vanadium heavy duty combination Spanners – Prys o.h.b.

Tradeweld Blue arc series Welding machine @ R1300 + 54cm Hitachi Fujian TV vir R500

Samsung Cyclone Stofsuier vir R450 + Vistenke – Prys o.h.b.

Skakel: 073 876 7285

 

Kerknuus – 27 Oktober 2019

K E R K N U U S
S O N D A G   2 7  O K T O B E R   2 0 1 9

 

27-30  OKTOBER   2019 LOFDAL BAPTISTE KERK

 

Lofdal Baptiste Kerk hou ‘n Evangelisasie Veldtog met Ds. Johnnie Tromp

Waar: Lofdal Baptiste Kerk, Peerlesspark-Wes, Kraaifontein    Tyd: 10h00 & 19h30

Kontak: Past. Abrahams by 083 446 9385

 

29  OKTOBER   2019 JMC MUSIC CORPORATION

 

JMC Music Corporation presents the CD Launch of Shirley Francis – By His Grace & JMC Band

Where: Elsies River Civic Centre  Time: 19h00     Cost: R250p/p

Dresscode: Smart Casual

Contact: 071 727 0075

 

2  NOVEMBER   2019 NUWE TESTAMENT KERK

 

Nuwe Testament Kerk hou ‘n Vroue Rally met Past. Helen van Namibië

Waar: Nuwe Testament Kerk, H/v Mitchells Singel & Duine Singel, Woodlands, Mitchells Plain         Tyd: 13h00

Kontak: Marcha Lottering by 078 967 2028

 

2 NOVEMBER   2019 LEADERSHIFT

 

Leadershift – Shifting your Leadership methods into Overdrive! With Prof. Ronnie Moodley & Past. Rowan Moodley

Where: Strand Town Hall, Piet Retief Street, Strand   Time: 09h30-14h00

Cost: R200p/p (includes light meal, certificate & leadership book)

Contact: Past. Heinrich Cassiem on 083 334 9706

 

2 NOVEMBER   2019 MANIFESTED GLORY MINISTRIES

 

Manifested Glory Ministries hou ‘n Huwelikseminaar

Waar: Rose Garden, Durban Weg, Durbanville      Tyd: 08h30        Koste: R100

Kontak: Past. Cheryl by 081 445 3223

 

2-3 NOVEMBER   2019 GOD’S KAROO WOMEN

 

God’s Karoo Women hou ‘n Spesiale Geleentheid met Danie Botha & Liesl Krause Wiid, oor Tema “God’s Light through my brokenness”

Waar: Willowmore Skougronde, Willowmore, Oos Kaap      Tyd: 15h00 & 09h00        Koste: R250p/p

Kontak: Martie by 071 398 6397 of besoek: www.godskaroowomen.co.za

 

2 NOVEMBER   2019 ROARING TRUTH MINISTRIES

 

Roaring Truth Ministries presents Discipleship Follow-up for Mighty Men & Women with Prof. Gerrie Bester & Warren Elliot        Time: 10h00-17h00        Cost: R50p/p (Itickets)

Where: Friend of God, C/o Frans Conradie Drive & Vasco Boulevard, Tygerdal, Goodwood

Contact: 066 304 5590

 

2 NOVEMBER   2019 BETHANY FELLOWSHIP CHURCH

 

Bethany Fellowship Church hou hul maandelikse Mini-Mark met ‘n Tee Tuin, Konfyt en vele meer!       Waar: Bethany Fellowship Church, Imam Haron Weg 225, Claremont

Tyd: 08h00-13h00        Stalletjies: @ R20 te huur.

Kontak: Bethany Kantoor by (021) 671 9400 of 061 709 2533

 

3 NOVEMBER   2019 RICARDO LEGACY FOUNDATION

 

Ricardo Legacy Foundation Bied aan ‘n Lift Off Konsert met Wilmot Fredericks, HTS Koor & vele Ander,

Waar: Jubilee Life Ministries, Denton Straat 72, Parow Industrieel, Ravensmead

Tyd: 17h00             Koste: R120p/p (Quicket)

Kontak: 083 753 0270 of 072 909 3941

 

3 NOVEMBER   2019 AGS BLACKHEATH

 

AGS Blackheath hou ‘n  Konsert met Blue Downs Massa Koor, Dawn Petersen, Victory in Praise en Ander      Waar: AGS Blackheath Ouditorium, Valley Weg, Blackheath

Tyd: 17h00         Koste: R50p/p

 

Dagstukkies met Hugo 25 Oktober 2019

Jeremia 33:6#Gesondheid

Kyk, ek laat vir die stad genesing en gesondmaking tot stand kom en sal hulle gesond maak en aan hulle openbaar ‘n oorvloed van duursame vrede.”

God is self aan die woord, en daar gebeur altyd dinge wanneer Hy praat.  Die aarde bewe.  Die son kom tot stilstand.  Die grafte gaan oop.  Die see raak stil.  Sondaars kom tot inkeer. Mense word gesond!  Wanneer God Sy Seun gee om onder ons te kom woon, kom woon die Woord hier by ons, in ons midde.  Want Jesus is die Woord en Hy is die lewe.  Dis kragtig en sterk.  Jesus se woorde is die medisyne wat siekte soos mis voor die son laat verdwyn.  Sy Woorde is suiwer, onverdiende lewe wat sondaars keer op keer verander in kinders van God.   Sy taal is ‘n taal van hoop, van lewe, van duursame vrede.  Wanneer Jesus praat gebeur dinge.  Die dood gee pad en ware lewe stap by die voordeur in.  Bekommernis maak plek vir hoop en siekte wyk voor die genesing.  Dit kos van ons om ons harte oop te maak en om ons ore oop te maak sodat ons kan hoor hoe Jesus se Woorde van lewe, van genesing oor ons lewe spreek.

Sy genesing is vir almal, dit vra dat ons ons ore sal oopmaak om na God te kan luister.  Om goed te kan luister met ‘n ontvanklike hart.  Bewaar Sy woorde binne-in jou hart.   Ons moet ons ore tot die God se beloftes neig en ons moet die Skrif ywerig ondersoek om God se wil so te ontdek, dit bly maar die grootste geheim.   Ons gedagtes moet onwrikbaar op hierdie beloftes gefokus wees en nooit op ons simptome nie.  Wanneer ons God se Woord ontvang en daarvolgens handel, lewer dit resultate op.  Ons moet ontvanklik vir God se beloftes wees en dit toe-eien.  God se Woord sal altyd wys op die lewe, selfs al dui jou simptome op die dood.  Jy kan nie terselfdertyd in twee teenoorgestelde rigtings kyk nie.

Maar hoe maak ons as ons simptome voortduur en ons nie duursame vrede ervaar nie?  Selfs wanneer ons in geloof reageer, verdwyn siekte simptome nie altyd dadelik nie.  Nadat Hiskia genees is, het dit drie dae lank geneem voordat hy sterk genoeg was om na die Tempel te gaan.   Omdat genesing deur die geloof ontvang word, en geloof sonder werke dood is, is dit wanneer ons in geloof begin optree dat God begin genees.  Geloof kom voor genesing.  In plaas daarvan om na die vader van leuens te luister, laat hom na jou lofprysing luister.  Kyk maar na Abraham se lewe:  Hy het bloot die Woord van God geglo. Hy het geloof gehad dat God presies sal doen wat Hy belowe het. Hy was ten volle deur die Woord van God oortuig.  Hy het standvastig bly vertrou toe sy geloof getoets is en hy was op die Woord van God gefokus.

Abraham het geweier om sy vertroue prys te gee toe God hom beveel om Isak te offer. Onder uiters hopelose omstandighede het hy in sy geloof volhard, deur op die beloftes van God te fokus. Hy kon dit doen omdat hy God wat dit beloof het, getrou geag het. Die toepassing van jou geloof sal nooit jou kennis van die wil van God kan oortref nie en elke gelowige moet hom- of haarself voorneem om die Woord in hierdie opsig te ontdek.  Dit is die absolute wil van God om die liggaam sowel as die siel te genees en die Versoening van Christus is vir die ‘hele mens’.

Dagstukkies met Hugo 24 Oktober 2019

Spreuke 17:22#Gesondheid

’n Vrolike binneste maak die liggaam gesond, maar ‘n gebroke gees droog die gebeente uit.”

Ons liggame se gesondheid word bevorder deur ‘n vrolike hart en ‘n opgewekte gees bevorder genesing.  Met die Heilige Gees in ons, hoef ons nie eers genees te word om ‘n vrolike hart en gees te hê, want ons het reeds ‘n kragtige bron van blydskap in ons.  Die Heilige Gees bemagtig ons om bo die moeilikste omstandighede uit te styg.  Wanneer jou hart swaar is, vra Hom om dit te vul met borrelende vrolikheid.  Dit verskaf Hom genot om dit te doen as jy jou aan Sy bekwame sorg toevertrou.  Dis onmoontlik om ‘n vrolike hart te hê as jou gees vol negatiewe gedagtes is.  Ons hart en gees is ingewikkeld aan mekaar verbind.  As ons onsself aan al ons emosies en omstandighede oorlaat, kan ons gebroke gees baie maklik ‘n speelplek of werkswinkel word vir die vyand om te steel en te beroof en skade aan te rig.  Op die manier trek hy ons weg van die Here af.

Ons sien dit op verskeie plekke in die Woord dat Jesus mense innig jammer gekry het, wanneer Hy hulle nood, of gebroke toestand raakgesien het.  Hy het nie verander nie. Hy is steeds dieselfde. Hy reik steeds vandag na ons toe uit, maar ons moet dit glo en Sy Woord ontvang.  Om die verlossende seën van liggaamlike genesing en ‘n vrolike binneste vir jou toe te eien, moet jy weet wat die wil van God is deur Sy Woord te bestudeer, en nie die filosofie van die mens nie.  Jy moet die Woord van God glo. Geloof is die verwagting dat God Sy wil sal uitvoer. Om bloot te hoop is nie geloof nie. Geloof is nie om eers te ‘sien’ voordat jy vertrou en glo nie.  Dis uiters belangrik om seker te maak oor jou verhouding met God.  God se beloftes geld vir Sy gehoorsame volgelinge, en die wie na Hom soek.  Ons ontvang genesing deur die geloof.

Die geheim van ’n vrolike binneste en ‘n gesonde gees begin by ons denke.  Dis waarom jy beheer moet uitoefen oor jou denke, want dit is die eerste plek waar die vyand probeer om jou vreugde te steel en jou in allerhande leuens te laat glo.  Vra die Heilige Gees om jou te help – nooi Hom om jou gees te beheer.  Kyk na jou gedagtes in sy Heilige lig en verwerp dit wat nie gepas is vir ‘n Koningskind nie.  Die Here sal jou help om leuens en halwe waarhede met die absolute waarheid te vervang.  Terwyl Hy jou gees vervul met beloftes van Sy onveranderlike liefde en die ewige tuiste wat op jou wag, skyn Sy hemelse lig sterk in jou hart.  Koester jou in hierdie vrolike lig terwyl Sy helende teenwoordigheid jou diep binnedring – tot in jou gebeente.