Kerknuus – 30 Junie 2019

K E R K N U U S
S O N D A G   3 0  J U N I E   2 0 1 9

30  JUNIE   2019 EDEN ELOHIM MINISTRIES

 

Eden Elohim Ministries hou ‘n Manne Konferensie met Tema “Created in God’s Image) met Past. Weber Nongeni & Ander

Waar: Eden Elohim Ministries, H/v Belhar & Alabama Weg  

Tyd: 17h00

Kontak: Wayne Stoffels by 076 041 4164

 

1-3  JULIE   2019 DURBANVILLE 4 JESUS

 

Durbanville 4 Jesus hou ‘n #ImagineKidz Holiday Club vir alle graad 1-6 kinders

Waar: El Shaddai Kerk, Durbanville,      Tyd: 08h30-12h30

Koste: R120 vir 3dae of R50 p/dag (Snacks ingesluit)

Registreer by Quicket (Holiday Club)

Kontak: Zendre Roets by 074 181 6825

 

5-7  JULIE   2019 GRIEKWA KONFERENSIE

 

Griekwa Kore Eeufees & Konferensie word aangebied

Waar: Griekwa Gemeenskapsaal, Salisbury weg, Portlands Mitchells Plain      

Tyd: 18h00-20h00

Asook: By Kasteel de Goeie Hoop op 6 Julie vanaf 09h00 & Gedenkdiens op 7 Julie om 09h00

Kontak: Mnr. Gahl by 071 380 0899

 

6  JULIE   2019 PASSION FOR TRUTH BYBEL KOLLEGE

 

Passion for Truth Bybel Kollege hou ‘n Fondsinsameling vir voorgenome Israel Toer, met Marina Olivier, Sendeling in Thailand

Waar: Dennegeur Straat, Protea Hoogte, Brackenfell      Tyd: 09h00

Koste: R120p/p (sluit vingerete in)    RSVP teen 30 Junie 2019

Kontak: Ilse van der Walt by 082 463 1177

 

6  JULIE   2019 BETHANY FELLOWSHIP CHURCH

 

Passion for Truth Bybel Kollege hou ‘n Fondsinsameling vir voorgenome Israel Toer, met Marina Olivier, Sendeling in Thailand

Waar: Dennegeur Straat, Protea Hoogte, Brackenfell      Tyd: 09h00

Koste: R120p/p (sluit vingerete in)    RSVP teen 30 Junie 2019

Kontak: Ilse van der Walt by 082 463 1177

 

6  JULIE   2019 BETHANY FELLOWSHIP CHURCH

 

Bethany Fellowship Kerk hou hul Maandelikse Mini-Mark met ‘n Tee-Tuin, Konfyt en vele meer!  Waar: Imam Haron Straat, Claremont        Tyd: 08h00-13h00

Stalletjies@ R20

Kontak: Bethany Kantoor by (021) 671 9400

 

19-20  JULY   2019 JOURNEY OF GRACE MINISTRIES

 

Journey of Grace Ministries presents an Ignite Children’s Ministry Conference with Heather Thompson, from Powerpack Ministries, UK, Bill Bennot & many Others

Where: Journey of Grace, Upper Ground Level, 102, Suntyger Building, Willie van Schoor Avenue, Tygervalley,    Time: 09h00-19h00    Cost:  R150p/p

Contact: Leandra on 081 271 0073 or visit www.esmeschmitt.com/ignite

 

20  JULY  2019 WOMAN OF VALUE

 

Woman of Value presents a Conference themed “Breaking Shackles”

Where: Rocklands Civic Centre, C/o Park Avenue & Spine Road, Mitchells Plain     Time: 14h00

Contact: Thelma on 081 344 4676

 

20  JULIE  2019 ALL CHURCH

 

All Church hou ‘n Ope Lug Diens met Tema “Break Every Chain”teen Bendegeweld, Dwelm misbruik, Gesinsgeweld ens.

Waar: H/v AZ Berman & Morgenster Park, Mitchells Plain      

Tyd: 13h00-16h00

Kontak: Chadwick Grove by 074 360 8918

 

27-28  JULY  2019 KINGS GARDEN MINISTRY

 

Kings Garden Ministries hou ‘n Werkswinkel met Tema “Is your Destiny on Hold?”

Waar: Pinkster Park Saal, H/v N2 & Mondeor Straat, Strand      

Tyd: 08h30-21h00/16h00 

Koste: R450p/p (sluit studiemateriaal, tee/koffie en ligte ete op Saterdag in)                     Kontak: Past. John by 081 387 0566

 

Alles & Nog Wat – 29 Junie 2019

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   2 9  J U N I E     2 0 1 9

O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Vanessa is dringend op soek na ‘n Vrieskas & Gasstoof teen vergoeding of te skenk.

Skakel: 062 832 1982

 
     
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Poppaea soek na n 2dehandse Opvou Bed & Elektriese Braaipan teen ‘n weggeeprys of te skenk  
Skakel: 076 371 9746  
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Morphy Richards Induction Cooker with Pot @ R800 + Defy 2 Plate Hob @ R700

Contact: 079 973 2578

   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Opel Kadett 1600 vir R12 000

Skakel: 073 463 0302

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Splinternuwe Koningin grootte Matras vir R3500

Skakel: Sylvia by 064 171 1868

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
1 Paar Dames Silwer Skoene (nr.4) vir R800

Ligte Donkerblou Matriekafskeidrok vir R2800

Kontak: Sharon by 084 836 0744 of 078 951 4555

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
 2 Veiligheidshekke vir R800 + Diefwering (Burglar Bar) vir R800

Kontak: Louise by 083 553 7383

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Huawei P10 lite never used, in original packing @ R3700

5 Boxes ceramic floor Tiles (11 tiles p/box) regtangular in shape @ R500

Glass Top wrought iron Diningroom Table with 6 Chairs in silver & black @ R3900

Designer grey bull denim Couch with 4 Pillows @ R2800

Chimney Italian Cooker hood 600cm brand new @ R1550

Brand new Counter top ceramic Basin (40x40cm) square Italian import @ R800

Import 3-hole wall mount Basin Mixer hot & cold brand new @ R1950

New Italian Import Towel Rail (60cm) @ R400 + 2 Import wall Lights @ R700 (both)

Contact: Carmen on 073 161 9106

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Imbuia Dubbelbed Kopstuk met 2 Laaie vir R850 + Imbuia Spieëltafel vir R550  
Kontak: Louise by 072 868 7214  
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Samsung Auto 13kg Toploader Wasmasjien vir R2500

Kontak: Leonard by 076 160 1072

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Clifford is op soek na ‘n Rolstoel vir  Bejaarde Ouer teen bekostigbare prys.

Skakel: 084 228 6586

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 
3-Deur Yskas 170L vir R5500

Opsoek na ‘n 2dehandse Klavier vir beginners in goeie werkende toestand teen vergoeding.

Skakel: Louie by 079 468 0995

   
T E  K O O P F O R  S A L E
 
Samsung Top Loader Wasmasjien nuut vir R3800

Kontak: Marius by 083 549 2404

Dagstukkies met Karien 28 Junie 2019

Philippense 4:6:  #Lewe

“Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.” 

28 JUNIE 2019

Al ooit die frase gehoor: ‘Let go and let God…’? Om te laat gaan beteken nie noodwendig jy gee nie meer om nie, dit beteken net jy kan nie meer iets daaraan doen nie.  Om te laat gaan beteken jy gee vrees nie meer vatplek aan jou siel nie.  Om te laat gaan beteken jy staar die waarheid in die oë en gee God die reg om in te gryp.  Om te laat gaan beteken jy skuif al die negatiewe kommentaar agter die rug en stel jouself in op wat God sê.  Om te laat gaan laat jou toe om die stilte weer te geniet.  Om te laat gaan gee jou moed om alleen te staan wetende dat jy in Sy voetspore staan.  Om te laat gaan gee jou krag om asem te haal, jou oor in te stel om God se stem te hoor en weer te glo dat Hy omgee.

Om te laat gaan is nie om magteloos toe te kyk dat dinge ten gronde gaan nie, maar om die natuurlike verloop van sake te bestuur en nie die uitkoms te probeer bepaal nie.  Om te laat gaan is om nie meer te oordeel nie, te aanvaar, te luister en nie raad te gee nie.  Om te laat gaan is om ander nie tereg te wys, te manipuleer of situasies te draai sodat dit jou pas nie.  Om te laat gaan is om jou woordeskat in te perk, op te hou kritiseer, op jou tong te byt en vir ‘n slag op te hou praat.  Om te laat gaan beteken jy kan nie meer spyt wees oor die verlede, magteloos voel oor dit wat jy nie gedoen het nie, bang word oor die toekoms en nutteloos voel in die hede nie.  Om te laat gaan beteken om weer liefde te ontdek, weer klein dingetjies raak te sien en dag vir dag iets te geniet.

Bly glo.

Dagstukkies met Karien 27 Junie 2019

Genesis 39:2-3:  #Lewe

“Die Here was by Josef en dit het baie goed gegaan met hom.” 

27 JUNIE 2019

Dit is die dae wanneer moedeloosheid jou beetpak en jy amper nie kan asemhaal nie dat jy nodig het om die Here se stem kristalhelder te hoor.  Dis in moedelose tye soos nou dat jy vind jy bid vir ‘n bevestigende woord self uit die mond van ‘n mens.  Wie het in vandag se tyd nie ‘n deurbraak nodig nie?  ‘n Deurbraak in jou finansies, ‘n antwoord op jou gebed vir jou man/vrou, leiding vir jou kind, hulp met jou werksverhoudinge, duidelikheid oor familiekwessies of genesing van siektes wat jou liggaam aantas. Uitdagende tye in mense se lewens is niks nuuts nie.  In Genesis 37 vind mens die lewensverhaal van Josef.  Die jong dromer wat ‘n visie gehad het vir sy lewe, ‘n droom waarna hy gestreef het.  Kort na Josef se openbaring bevind hy homself in die hande van sy geiriteerde ouer broers wat nie sy opgewondenheid gedeel het nie.  Hulle voorstel was om Josef in ‘n droë put te gooi om van die ‘probleem’ ontslae te raak.  Die Here se Hand is egter steeds in Josef se lewe sigbaar, want as ‘n alternatief tot dood verkoop sy broers hom as ‘n slaaf aan reisende Ismaeliete.

Josef se reis eindig in Egipte waar hy aan Potifar verkoop word, die hoof van lyfwagte in Farao se paleis.  Die guns van die Here is duidelik sigbaar op jong Josef se lewe alhoewel hy homself later vir ‘n periode van dertien jaar in die tronk bevind.  God se leiding bepaal dat Josef na dertien jaar uit sy tronksel stap en verhoog word tot tweede in bevel.

Vandag is dit belangrik om te onthou:

(1) dat nie alle mense jou drome met jou gaan deel nie;

(2) dat wanneer jy jouself in ‘n put bevind, kyk op na God jou enigste hulp, want daar is ‘n paleis wat op jou wag;

(3) dat Josef was vir dertien jaar in ‘n tronksel en steeds het hy die guns van die Here op sy lewe ervaar. Jou tyd van beproewing mag moontlik nie dadelik ophou sodra jy die Here se naam uitroep nie, maar weet dat God steeds in beheer is.

(4) Vertrou dat God nie ‘n aannemer van persoon is nie, en as Hy ‘n deurbraak vir Josef kon bring sal Hy dit vir jou ook doen, en

(5) dat wanneer God ‘n droom gee, dit tot waarheid sal kom.

Bly glo.

Dagstukkies met Karien 26 Junie 2019

1 Tessalonisense 5:18:  #Lewe

“Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. 

26 JUNIE 2019

Een van die top tien toeriste aantreklikhede volgens ‘n internasionale reisigerstydskrif is die Dooie See.  Van die redes waarom die Dooie See so ‘n uitstekende bestemming is, is omdat die hoë mineraalkonsentrasie nie net baie goed is vir jou vel nie, maar diegene wat nie kan swem nie die kans gun om op die water te dobber!  Die Dooie See sal altyd die Dooie See bly: sonder enige lewende organisme wat daarin of rondom dit kan oorleef.  Daar is geen uitlope in die Dooie See nie en enige vars water wat in die Dooie See inloop word dadelik besoedel en verander onmiddellik in soutwater.

God wou nooit gehad het ons moes damme wees wat alles net vir onsself opgaar nie.  Hy wil hê ons moet riviere wees wat uitvloei en ander seën.   Om ‘n gesonde vlak van tevredenheid in jou lewe te behaal en te handhaaf moet jy vandag ‘n dankbaarheidslys maak.  Ek moedig jou aan om ‘n lys te maak oor alles waarvoor jy dankbaar is in jou lewe.  Dit gaan ‘n lang lys wees, omdat ons almal baie goed het waarvoor ons kan dankbaar wees.  Sluit die klein dingetjies asook die groot goed in. Wanneer jy gelukkig is met jou dankbaarheidslys, plak dit êrens waar jy dit daagliks kan sien.

Wanneer mens WEET waarvoor jy dankbaar is, is dit makliker om terug te gee, uit te deel en dankbaarheid te betoon.  Dankbaarheid word jou fokuspunt van waar jy jou besluite neem, gesprekke voer en mense se lewens raak en verander.

Bly glo.

Werkverskaffing – 25 Junie 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   2 5   J U N I E    2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
VAKATURES VACANCIES
 
Vereistes: Slootgrawer Werktuigkundige, Diesel Werktuigkundige, Auto Elektriesiën, Sweiser & Draai bank Operateur benodig met deurlopende kennis van hydrolika en algemene herstelwerk op Konstruksie, Landbou en Vervoer Masjinerie, in die Swartland Area.   

Epos CV na: admin@bestertd.co.za

   
PLAAS BESTUURDER FARM MANAGER
 
Vereistes: Junior Plaasbestuurder benodig vir Steenvrugte, Sitrus en Wyndruiwe in Bonnievale, vir bestuur van produksiespan, instandhouding, plaagbeheer, besproeiing en oes aktiwiteite, met goeie menseverhoudinge, rekenaarvaardig, Kode 10 rybewys en basiese meganiese kennis is voordelig.
Epos CV aan muller@barvallei.co.za
 
PLAAS BESTUURDER FARM MANAGER

 

Vereistes: Sitrus Plaas in Citrusdal benodig ‘n Plaasbestuurder (25-55jr) met naskoolse kwalifikasies, ondervinding van vrugteverbouing, produktiewe arbeidsbestuur, produksiebestuur, aanplantings, besproeiing, bemesting, plaagbeheer, rekenaarvaardigheid, algemene administrasie en rekordhouding (kennis van Globalgap en Siza)
Epos: CV aan admin@noordhoekp.co.za

 

OPSIGTER CARE TAKER

 

Vereistes: Laerskool Bellville-Noord benodig ‘n Opsigter – Sluitingsdatum: 11 Julie 2019

Epos volledige CV met verwysings aan lbnoord@bnprim.co.za of handig in by Skool.

 

TANDARTS ASSISTENT DENTAL ASSISTANT

 

Requirements: Dental Assistant available in Strand, must be registered with the HPCSA.

Email CV to steyndentist1@telkomsa.net

 

VERKOOPSDAMES SALES LADIES

 

Vereistes: Betroubare Dames word benodig om ingevoerde produkte te verkoop.

Skakel: Mnr. Brown by 076 714 6441

 

BESTUURDER MANAGER

 

Vereistes: Trustees van Langverwag, Stellenbosch, residensiële fasiliteit vir ouer persone met 60 inwoners benodig ‘n Bestuurder met ondervinding van stelsels, prosedures en toepaslike wetgewings raamwerk, professionele vlak van kommunikasie, leierskap, bestuursvaardighede, rekenaarvaardig, Word, Excel & Pastel, Boekhouding (debiteure en krediteure) moet inwoon, eie vervoer, geen misdaad rekord, skoon kredietrekord, vermoë om met ouer persone te werk.

Epos CV’s aan Marinda de Jongh  by mdejongh@geratecza.com

 

BEMARKING KONSULTANT MARKETING CONSULTANT

 

Vereistes: Goed gevestigde Maatskappy vir 28 jr. benodig Konsultante, opleiding en kliënte word voor sien, bo gemiddelde inkomste – moenie wag nie!

Kontak: www.learn2learn.co.za of skakel (021) 910 0992 of 074 755 4321

 

ONDERWYSERS TEACHERS

 

Vereistes: Onderwysers met Diploma in Onderwys benodig, moet beskikbaar wees om naweke te fasiliteer.

Kontak: www.learn2learn.co.za of skakel 074 755 4321

 

BEMARKER MARKETING

 

Vereistes: Geleentheid om deel te raak van n dinamiese span… n bemarkingsbesigheids geleentheid met ‘n minimale kapitaal. Jy geniet ook groeps-en ander voordele met kommissie. Volledige opleiding word verskaf. Vir volledige inligting, moet jy asb. ons vlg. Inligtingsessie bywoon.

Kontak: Admin Kantoor om te registreer by 082 926 5062

 

PRODUKSIE BESTUURDER PRODUCTION LINE MANAGER

 

Requirements: Racepace is looking for an experienced Production Line Manager from 31st July-  October 2019, must have exp. in making of swimwear and sportswear line.

Forward CV with contactable references to office@racepace.pro or Michele@racepace.co.za

 

VAKATURES VACANCIES

 

Vereistes: SPAR Bellville benodig Kombuispersoneel, Konfeksionere Bakker, Ervare Kok & Ervare GRV Klerk met (ondervinding van SPAR SIGMA Sisteem) kry voorkeur.

Epos CV na jobs.bspar@gmail.com of bring aansoeke na SPAR Bellville, H/v Bill Bezuidenhout & Strand Straat, Winkel 9, Bellville Mall

 

ALGEMENE WERKERS GENERAL WORKERS

 

Requirements: General Workers needed at a Car Wash in Bellville South area.

Contact: Eddie on 079 248 2300

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

Gemeenskapsnuus – 25 Junie 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   2 5   J U N I E   2 0 1 9

 

26  JUNE   2019 RETREAT HOLIDAY CLUB

 

Retreat Holiday Club presents a Junior Program for Gr. R-7 Learners from 08h30-13h00 & Teen Program for all grade 8-12 Learners, from 19h00 – 21h00

Where: St. Cyprians, C/o 5th Avenue & Consort Road, Retreat    

Contact: Janice on 082 228 7337

 

29  JUNIE   2019 TABERNACLE OF PRAISE

 

Women after God’s own Heart Ministries presents Woman Arise with  Anthony van Zaal, Raylene Booysen & many Others         Time: 12h00           Cost: R100p/p

Where: Tabernacle of Praise C/o Alexander & Tygervalley Street, Parow

Contact: cakeandbake91@gmail.com

 

30  JUNIE   2019 EDEN ELOHIM MINISTRIES

 

Eden Elohim Ministries hou ‘n Manne Konferensie met Tema “Created in God’s Image) met Past. Weber Nongeni & Ander

Waar: Eden Elohim Ministries, H/v Belhar & Alabama Weg    

Tyd: 17h00

Kontak: Wayne Stoffels by 076 041 4164

 

1-3  JULIE   2019 DURBANVILLE 4 JESUS

 

Durbanville 4 Jesus hou ‘n #ImagineKidz Holiday Club vir alle graad 1-6 kinders

Waar: El Shaddai Kerk, Durbanville,      Tyd: 08h30-12h30

Koste: R120 vir 3dae of R50 p/dag (Snacks ingesluit) Registreer by Quicket (Holiday Club)

Kontak: Zendre Roets by 074 181 6825

 

1-5  JULIE   2019 TYGERBERG EVANGELIES GEREFORMEERDE KERK

 

Tygerberg EG Kerk hou n 4×4 Avontuur Vakansie Bybelskool – n Reis deur die Ou Testament

Waar: Tygerberg EG Kerk, H/v Deodar Straat & Uys Krige Rylaan, Loevenstein            

Tyd: 08h00-14h00 (nasorg is beskikbaar) (Ontbyt vanaf 07h00 vir die wat vroeg kom)

Koste: Gratis    Ouderdom: 5-13jaar

Kontak: Loedolff by 079 866 2455

 

   5-7  JULIE   2019 GRIEKWA KONFERENSIE

 

Griekwa Kore Eeufees & Konferensie word aangebied

Waar: Griekwa Gemeenskapsaal, Salisbury weg, Portlands Mitchells Plan      

Tyd: 18h00-20h00

Asook: By Kasteel de Goeie Hoop op 6 Julie vanaf 09h00 & Gedenkdiens op 7 Julie om 09h00

Kontak: Mnr. Gahl by 071 380 0899

 

6  JULY   2019 IMPACT TRAINING & DEVELOPMENT

 

Impact Training & Development Centre presents 1 Day Seminars every Saturday, on Parenting Skills, Substance Abuse, First Aid, Computers, etc.     

Time: 09h00-15h00 (registration essential)

Contact: Neil on 084 863 9580 or email: neiloortman271@gmail.com

 

6  JULIE   2019 PASSION FOR TRUTH BYBEL KOLLEGE

 

Passion for Truth Bybel Kollege hou ‘n Fondsinsameling vir voorgenome Israel Toer, met Marina Olivier, Sendeling in Thailand

Waar: Dennegeur Straat, Protea Hoogte, Brackenfell            Tyd: 09h00

Koste: R120p/p (sluit vingerete in)    RSVP teen 30 Junie 2019

Kontak: Ilse van der Walt by 082 463 1177

 

7 JULIE 2019 LIVING NETWORK KRISIS SENTRUM

 

Living Network Krisissentrum, Bellville bied aan Wie is Jy? Hoekom moet jy Weet! met Lise Swart & Sangpaar Jacus & Lina Hattingh

Waar: Vredelust Kerksentrum, H/v Duminystraat & 13de Laan, Boston, Bellville       Tyd: 10h00

Kaartjies: R120p/p (by Vredelust Kerk Ontvangs by (021) 949 0096

Kontak: Louise by 021 950 4455

 

Dagstukkies met Karien 25 Junie 2019

2 Kronieke 15:7:  #Lewe

“Maar julle moet vasstaan en nie moedeloos word nie, want julle sal die beloning vir julle optrede ontvang.”

25 JUNIE 2019

Wat is jy bereid om te doen om jou droom te verwesenlik?  Bob Ireland het die wenstreep van die New York Marathon oorgesteek as die 19 413ste en finale deelnemer – en ook as die eerste persoon wat ‘n marathon op sy arms gehardloop het, in plaas van sy bene!  Bob wat veertig was het sy bene verloor in Vietnam.  Dit was die langste tyd in die geskiedenis van die marathon wat enige iemand dit nog ooit voltooi het; vier dae, twee ure, 48 minute en 17 sekondes.  “Sukses is nie gebaseer op waar jy begin nie’ het hy gesê, “maar waar jy klaarmaak – en ek het klaargemaak!”  Bob se deelname was ‘n les vir almal om hom en ‘n karakter ontwikkeling vir hom; Hy het homself getoets en bewys dat jy ‘n ekstra betekenis in jou lewe het en as Christen moet ons ander bemoedig.

Om sukses te behaal moet jy begin by die begin en daarna volhard met voortdurende optrede.  Dink hieroor na:

(1) Niemand van ons hoef fantasties te wees om te begin nie

(2) Sommige mense droom van uitsonderlike prestasie, ander mense staan op en doen dit net (3) Jy sal nooit wees wat jy veronderstel is om te wees, totdat jy begin doen wat jy veronderstel is om te doen nie

(4)  As jy probleme ervaar om buite die boksie te dink, is jy moontlik in die verkeerde boks.  Klim daaruit.

(5) Niemand kan namens jou ‘n besluit neem nie, en niemand kan jou hartsbesluit verander nie.

2 Kronieke 15:7 se; ‘Maar julle moet vasstaan en nie moedeloos word nie, want julle sal die beloning vir julle optrede ontvang.” Kom op ‘n punt in jou lewe waar jy weier om op te gee op jou droom en gaan voluit daarvoor, God is die een wat belonings uitdeel!

Bly glo.

Dagstukkies met Karien 24 Junie 2019

Psalm 118:24:  #Lewe

 

“Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.”

24 JUNIE 2019

‘n Kleurvolle yskasmagneet in ‘n winkel lees die volgende: Vyf maklike reëls om gelukkig te wees:

(1) Moenie oor emosioneel wees nie – hê geloof en vertrou net.

(2) Moet nooit opgee nie, hou aan probeer.

(3) Moenie dinge onnodig kompliseer nie, hou dit maklik.

(4) Moenie dinge te ernstig opneem nie, lag vir probleme en

(5) Moenie elke dag ‘n volwassene wees nie, maar bly jeugdelik soos ‘n kind!

Ons het ‘n leuse in die huis wat lei: ‘If it’s worth laughing about it later…it’s worth laughing about it now!’  Al ooit gevind dat jy na maande van ‘n moeilike seisoen in jou lewe kan terugkyk en glimlag, selfs lag oor wat gebeur het? Dit is omdat die moeilikste tye in jou lewe jou karakter die meeste vorm en bou.  Elke ondervinding maak jou die mens wie jy vandag is.  Jy kan nie slegs deur jou emosies, gedagtes en gevoelens gelei word nie.  Jy moet doen wat God van jou verwag en al maak dit nie noodwendig sin nie, moet jy op God vertrou en Sy stem gehoorsaam.

Psalm 118:24 lees; Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.  Die Psalmdigter het ‘n manier gevind om ‘n gewone dag met ‘n buitengewone entoesiasme aan te pak.  Hy het die besluit geneem en dit verklaar en nie net op sy gevoelens gefokus nie.  Gee nie om waardeur jy gaan of waar jy jouself bevind nie, daar is elke dag ‘n rede om te glimlag en te weet God is steeds in beheer.

Bly glo.

Op ‘n drafstap met Karien

 

 

Deur Adrie Jurgensen

Besig besig besig! Dis Karien Basson in ‘n neutedop.

Net om haar CV vinnig deur te lees, laat ‘n mens voel of jy ‘n ultra-marathon gehardloop het! En ja, dit het die blonde 1.77 m lange vrou van die Strand al drie keer gedoen! EN ‘n Comrades marathon aangedurf, al moes sy op 60 km uittree. Deesdae trap sy fiets om ‘n 36-uur-dag in 24 uur in te pas en beplan sy reeds die volgende Comrades!

Kyk, Karien is nie ‘n vrou vir stilsit nie en is altyd op ‘n drafstap. Tog kry sy dit reg om jou te laat voel asof sy die wêreld se tyd aan jou WIL spandeer wanneer sy met jou gesels. Sy is regtig net ‘n nice mens! En opreg. En dit is ‘n skaars kombinasie in vandag se wêreld, veral as jy in media werk. Maar Karien het die balans gevind en leef haar hart vir bediening onder vroue 110% uit. Elke dag.

Karien, wat onlangs haar “thirty something” verjaardag gevier het, woon reeds die laaste 12 jaar in die mooie Strand. Dis dan ook waar sy ‘n geliefde stem op Radio Kansel, daarna Radio Helderberg 93.6s en uiteindelik by Radio Tygerberg 104fm geword het. Dis ook by 104fm waar sy beloon is vir haar harde werk deur in 2014 met die MTN-toekenning vir beste middag-spitstydprogram in die land! Maar dit was nie al nie – sy is ook benoem vir:

  • Beste middag-spitstydaanbieder; en
  • Beste Sportprogram saam met Arnold Geerdts en Gareth Burley.

Daarby is sy ook aangewys as die wenner van die MTN Bright Star-toekenning.

Dis “all in a days work” vir Karien, wat tans reuse-skoene volstaan as skakelbestuurder by RoepTV en aanbieder, en medevervaardiger van #RoepResensie – ‘n weeklikse opsomming van hoogtepunte op RoepTV. Sy is ook die eienaar van die funksie- en geleentheidsmaatskappy First Media & Events, redakteur van die maand vir Finesse se Vroue wat Glo, een van drie vroue wat die aanlynrubriek #4Minutes#CoffeeAndConvos aanbied en vervaardig, ‘n gesertifiseerde NLP-lewensafrigter, gereelde seremoniemeester en spreker by vrouedae, én die stem agter verskeie radio-advertensies. Dis ‘n hele mondvol, maar steeds nie die einde nie!

Karien het al vier boeke in samewerking met CUM Boeke en Carpe Diem Uitgewers uitgegee, waaronder die motiverende sportboek ‘n Boodskap van Hoop / A Message of Hope wat binne drie maande ‘n topverkoper met meer as 10 000 verkope was. Sy is ook ‘n ou hand as dit kom by dagstukkies skryf en in Wanneer God met jou praat deel sy haar hart en bewondering vir gewone mense met buitengewone durf!

Karien skryf hierdie week oor ‘n baie gepaste tema: #Lewe. Dit doen sy elke dag met ‘n breë glimlag, hawermout in die oggend, deeglike beplanning, ‘n heerlike humorsin, opregte vriendskappe, liefde vir diere (veral drie spesiale katte!) en ‘n droom van ‘n bootvakansie na ‘n eiland met lekker mense!

Lees saam en word geïnspireer deur iemand wat jou kan laat goed voel oor wie jy is net soos God jou geskape het.