Gemeenskapsnuus – 30 April 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   3 0  A P R I L   2 0 1 9

 

1  MEI  2019 KLEINVLEI SENIOR SEKONDERE SKOOL

 

Kleinvlei Senior Sekondêre Skool versoek die Matriekklas van 1990 om kontak te maak ter viering van hul 30ste Reunie

Waar: Kleinvlei Sekondere Skoolsaal, Kleinvlei           Tyd: 17h00

Kontak: Barry by 081 733 2605

 

03 – 5 MEI  2019 WORDPOWER MINISTRY

 

Word Power Bediening bied aan “ Overcoming the Powers of Darkness, pains & Sicknesses”met Past. George Paige & vele Ander Sprekers

Waar: Wordpower Ministries, 2de Laan 128, Belmont Park, Kraaifontein          

Tyd: 19h00

Kontak: 073 042 7918

 

04  MAY 2019 TOP EVENTS

 

Top Events presents a FAMSA Family Day 5Km Fun Run

Where: Mandela Park Stadium Khayelitsha      Time: 08h30

Entry fees: R30 adults R10 kids u/12yrs (registration on race day/online and at FAMSA offices)

Contact: Top events on 021 511 7130

 

04  MEI 2019 ALTA DU TOIT SKOOL

 

Alta du Toit Skool, Kuilsrivier hou ‘n Fondsinsameling met “Worshippers for Christ”

Waar: AGS Oostenberg Oase Kerk, H/v Kerk & Walnut Straat, Kuilsrivier

Tyd: 18:30                                        Kaartjies: R50p/p

Kontak: Cyril by 063 101 9446

 

04  MEI  2019 BETHANY FELLOWSHIP KERK

 

Bethany Fellowship hou hul maandelikse Mini-Mark met ‘n Teetuin, konfyt, plante en vele meer!

Waar: Bethany Fellowship Kerk, Imam Haron Straat, 225 Claremont            

Tyd: 08h00 – 13h00

Kontak: Bethany Kantoor by (021) 671 9400

 

04  MEI  2019 BUURTWAG GARLANDALE

 

Buurtwag Garlandale, onder toesig van die Gemeenskapspolisiëring Forum, hou hul algemene verkiesings Byeenkoms en nooi inwoners tussen Manly en Klipfontein Weg, om by te woon

Waar: Garlandale Hoërskoolsaal                     Tyd: 15h00 – 17h00

Skakel: 066 269 6230

 

04  MEI  2019 NGK BRACKENFELL-WES

 

NGK Brackenfell-Wes hou ‘n Manne Ontbyt met Spreker, Neil Powell (Sewes Bok Afrigter)

Waar: NGK Brackenfell-Wes         Tyd: 09h00               Koste: R120p/p

(Gallery Kaartjies: R50p/p sluit in Boerewors rolletjie + Sap)                  

Kontak: Kerkkantoor by (021) 981 9999

 

04  MEI  2019 VGK ACACIA PARK

 

VGK Acacia Park hou hul Jaarlikse Basaar met heerlike Gebak en vele meer!

Waar: VGK Acacia Park, Parkwood                   Tyd: 09h00                                 

Kontak: Sammy by 074 506 0580

 

05 MEI  2019 AGS BLACKHEATH

 

AGS Blackheath bied aan ‘n Rooi Tapyt Konsert met Simon Seekoei, Winston Pienaar, Dawn Petersen, Andy Petersen en vele Ander

Waar: AGS Blackheath Ouditorium, Valley Straat 14, Austinville, Blackheath

Tyd: 19h00

Kaartjies: R50p/p  & CD Verkope: R100

Kontak: Andy Petersen by (021) 424 7930

 

07 MEI  2019 TYGERBERG MEALS ON WHEELS

 

Tygerberg Meals on Wheels hou Basaar met heerlike Geregte, Hamburgers, Poeding en vele meer

Waar: Tygerberg Meals on Wheels       Tyd: 09h15

 

18  MAY 2019 THE ARK CHRISTIAN SCHOOL

 

The Ark Christian School are participating in a Big Top Rock Fundraising

Where: The Barnyard Willowbridge           Time: 20h00           Tickets: R160p/p

Contact: Past. Jack Mahoney on 082 787 5993

 

18  MAY 2019 MMDI

 

Wendy Dirks (Mrs Deaf South Africa 1st Princess 2018) presents a Quiz Fundraising Morning to represent South Africa in Russia

Where: Brick Lane Eatery, Century City      Time: 10h30 – 12h30

Cost: R200p/p (breakfast & beverage included)  Invite 3 people to team up (from 10yrs – old age)

Contact: Wendy on 076 053 1846

 

22, 24, 25  MEI 2019 KOFFIEHUIS TEATER

 

Koffiehuis Teater hou ‘n Optrede met Rooies & Boesman ten bate van Wiehann Lubbe vir Prostese,                Waar: Koffiehuis Teater, Klapmuts      Tyd: 19h00

Toegang: R150p/p (Sluit pizza in)

Kontak: Marilyn by 082 324 8751

 

 25  MEI 2019 HOëRSKOOL GIMNASIUM

 

Hoërskool Gimnasium Potchefstroom hou ‘n Reunie vir die volgende 10-jaargroepe: 1949 (70jaar); 1959 (60jaar); 1969 (50jaar); 1979 (40jaar); 1989 (30jr) en 1999 (20jaar)

Waar: Hoërskool Gimnasium, Potchefstroom

Kontak: Anel Hulley vir meer inligting by (018) 293 0269

 

25  MEI 2019 CON SPIRIT FILHARMONIESE MUSIEK

 

Con Spirit Filharmoniese Musiekvereniging bied aan ‘n Aand by die Opera met Dirigent, Sjoerd Alkema, Lauren Dasappa, Solis en vele Ander

Waar: Uitsig NGK Mountain View Rylaan, Ridgeworth    Tyd: 19h30

Kaartjies: R145 by webtickets ook by Deure beskikbaar

Kontak: Jacques by 082 453 3236

 

 

Werkverskaffing – 30 April 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   3 0  A P R I L   2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
DRYWER DRIVER
 
Vereistes: Betroubare, eerlik en hardwerkende Drywer benodig met Kode 8 en geldige PDP (25-40jr) met goeie gesondheid, geen kriminele rekord en eie vervoer.

Epos Volledige CV met verwysings + Graad 12 kwalifikasie na reception@knock-d.co.za   

   
BESTUURDER MANAGER
 
Vereistes: ByDiDam Resort, Citrusdal benodig ‘n  Bestuurder/es vir hul Restaurant en Chalets.
Epos CV aan: hennie@ostriland.co.za
 

VERPLEEGKUNDIGE NURSING SISTER

 

Vereistes: Geregistreerde Suster/Verpleegkundige benodig vir halfdagpos (08h00-13h00) by Algemene Praktisyns, Stellenbosch. Salaris onderhandelbaar na gelang van ondervinding.

Epos Volledige CV na marna@stelkor.net

   

 

 
DRYWER DRIVER

 

Vereistes: Holm Patholoë benodig ‘n Laboratorium Drywer met geldige Kode 8 rybewys, ten minste 5jr. drywer ervaring, vermoë om in beide Afrikaans en Engels te kan kommunikeer, vir oplaai van monsters binne- en na-ure volgens skofte, aanvul van voorraad, aanmeld van kliente navrae, basiese voertuiginstandhouding, ens.

Epos CV na vacancies@holmlab.co.za – Sluitingsdatum 3 Mei 2019

 

STIKSTER MACHINIST

 

Vereistes: Bekwame en ervare Stikster benodig in Bellville omgewing om spoedig diens te aanvaar.

Kontak: Louisa by 072 229 7471

 

NAALDWERKSTER MACHINIST

 

Vereistes: Quality Controller benodig by ‘n Klerefabriek in Durbanville.

Kontak: Janke by (021) 976 2678

 

STAFVERPLEEGSTERS STAFF NURSES

 

Vereistes: Touch Community Services are looking for 2 Staff Nurses, to work from 07h30 – 15h30.

Contact: (021) 936 7286/9

 

MAATSKAPLIKE WERKER SOCIAL WORKER

 

Requirements: Youth Solutions Africa requires a Qualified, SACSSP Registered Social Worker, with a Degree, at least 3yrs practical experience, knowledge and understanding of SA Legislation and policies related to Social Development, valid drivers license and have own transport, 3 contactable references, communicate in English, Afrikaans, a 3rd language advantageous.

Email: CV, proof of qualification and registration to: admin@safyouth.org.za

 

HUISHULP DOMESTIC

 

Vereistes: Betroubare Huishulp (40-50jr) benodig, goed tweetalig (Afr & Engelsmagtig) moet verkieslik in Athlone area woonagtig wees, met kontakbare verwysings.

Kontak: Mev. Booley by 083 254 8705

 

KREDITEURE KLERK CREDITORS CLERK

 

Requirements: Senior Creditors Clerk needed at Airport City, with Matric, at least 5yrs creditors exp. Pastel evolution, Excel Intermediate, must have contactable references, own transport, knowledge of accounting principles and procedures, good problem solving skills, work accurately, meticulous and high attention to detail, etc.

Email: CV to admin@tsuafrica.com

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

Dagstukkies met Dennis 30 April

1 Johannes 4:1:  #Onderskeiding

“Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.”

30 APRIL 2019

In die verlede het mense graag gesê: “Dit is nie alles wat blink, wat goud is nie.” Vandag word baie dinge nagemaak. Dit is die eeu oue probleem, want 2 Korintiërs 11:13-14 bespreel: “Want sulke mense is valse Apostels; bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus en geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.” Daarom moet ons nie elke gees glo nie, want die vyand kom met mooi woorde, maar Spreuke 12:22 verklaar: “Valse lippe is vir die Here ‘n gruwel, maar Hy het ‘n welbehae in die wat getrou handel.” Ons moet dus die geeste op die proef stel en om dit te doen is om die Woord te gebruik as maatstaaf.  2 Timoteus 2:19 sê: “Ewenwel, die fundament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is…”

Daar het baie valse profete in die wêreld uitgegaan, daarom moet ons waak en nugter wees, dat ons nie mislei word nie, maar kan onderskei watter gees hom nou voordoen; sodat terwyl ons vir ander gepreek het nie self verwerplik is nie.  2 Timoteus 4:3 verklaar: “Want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra  nie, maar omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede.”

Vrede / Shalom

Die Here het nie van Wupperthal vergeet nie

Deur Sedrick Taljaard

Wanneer die Here in ’n saak is, sál Hy ‘n weg baan.

Dít het die Radio Tygerberg 104fm span en hul bedienings vennote weer eerstehands beleef kort voor Paasfees van 16-18 April tydens ‘n uitreik na die Morawiese sendingdorp Wupperthal.

Die visie vir ‘n besoek aan die gemeenskap van dié Sederbergse dorpie, wat op 30 Desember verlede jaar deur ‘n verwoestende brand feitlik heeltemal in puin gelê is, is gebore in die hart van omroeper-kollega Gerald Petersen.

Tydens ‘n aanvanklike verkennings besoek deur Gerald en nog drie kollegas op Woensdag 6 Februarie in die Radio Tygerberg 104fm Nissan Micra, het ons onder meer geleer dat jy eerstens so ’n tog liefs met ’n bakkie met goeie grondvry hoogte moet aanpak. Verder is vasgestel dat talle gesinne waardevolle herinneringe in die vorm van foto’s tydens die brand verloor het.

Op grond van dié inligting is daar toe werk gemaak daarvan om borge te werf om ‘n behoorlike uitreik na Wupperthal te kan reël. Ons is groot dank verskuldig aan Barloworld Toyota wat vir ons drie Toyota Hilux dubbelkajuit bakkies bewillig het, asook Print On Demand wat ‘n stewige kontant borgskap gegee het.

Intussen is telefonies oor en weer geskakel met verteenwoordigers van die gemeenskap, die kerk en die skool op Wupperthal vir die saamstel van ‘n program, asook die reël van verblyf en etes.

Die Radio Tygerberg 104fm span van sewe, insluitend Eunice Stoltz (skakelbeampte), Jean Muller & Rachel Marcus (beide bedieningsafdeling), Herschelle Lewis (tegniese span) en Sedrick & Sandra Taljaard (algemene bestuurder en eggenoot) het uiteindelik Dinsdag 16 April douvoordag met twee van die bakkies, gelaai met alle benodigdhede en toerusting, van die radiostasie se kantore in Parow af na Wupperthal vertrek. Na ‘n pitstop by Piketberg en die aankoop van proviant op Clanwilliam is die laaste sowat sewentig kilometer aangepak via die Pakuispas tot in Wupperthal.

Gerald, ook ‘n professionele fotograaf, het na ‘n hartlike ontvangs by die dorp se skool, sy toerusting opgestel en begin om klasfoto’s sowel as enkel foto’s van elk van die meer as 220 skoolkinders te neem. Dié foto’s gaan uiteindelik afgedruk word en met ‘n herbesoek aan Wupperthal aan die skool se personeel en leerlinge oorhandig word.

Die Dinsdagaand sesuur het Jean en Rachel meer as sestig vroue uit die gemeenskap bedien met woord en gebed tydens ‘n spesiale byeenkoms in die kerk. Die radiostasie se span het die vroue se voete gewas en hulle kon ook hul laste op papier neerskryf en dit aan die voet van ‘n kruis neerlê. Daar is kollektief en individueel vir die vroue, waaronder talle jongmeisies, gebid. Die gebedsbriefies by die kruis is terug gebring Kaap toe sodat Radio Tygerberg se gebedsvriende dit verder kan opdra in gebed.

Toe breek Woensdag 17 April aan. Die geskeduleerde buite-uitsending vanaf Wupperthal vroeg die oggend kon nie gebeur nie weens probleme met die Vodacom selfoontoring op die dorp. Tegniese hulp sou eers teen 11:00 opdaag. Toe het die span voortgegaan om vir die grootste gedeelte van die dag die laaste foto’s by die skool te neem. Die plaaslike kleuterskool het terselfdertyd ‘n verrassing gekry toe die Pikkewyntjies Pre-Primêre Skool van Bettysbaai, wat saam met Radio Tygerberg uitgereik het, verskeie benodigdhede, insluitend skryfbehoeftes, opvoedkundige speelgoed, soos legkaarte en boublokkies, en papier vir die afdruk van leerplanne, asook skopfietse vir die Wupperthal kleuters oorhandig het.

Deur die loop van die oggend het die RoepTV.com filmspan, Stefan Enslin en Armand Fourie, met die derde Toyota Hilux op Wupperthal aangekom vir die skiet van videomateriaal vir ‘n dokumentêre TV-program.

Kort op hul hakke was die bedieningspan van vyftien van die Gemeente van die Wynstok, onder leiding van ds. Tertius Bezuidenhout. Hulle het die strate van Wupperthal ingevaar om die inwoners op straat en aan huis te besoek, terwyl ‘n gebedspan in die kerk stelling ingeneem het.

Teen vieruur die middag, danksy tegniese toerusting wat een van die Wynstok gemeentelede byderhand gehad het, kon Gerald en Eunice agter die mikrofoon inskuif vir ’n regstreekse uitsending om luisteraars in die Kaap op die hoogte te bring van gebeure op Wupperthal deur vertellings en onderhoude met verskeie vername inwoners. Tydens die buite-uitsending is musiek gemaak met kitaar en trekklavier en is 200 stukke wors gebraai vir worsbroodjies waarmee die gemeenskap getrakteer is.

Die hoogtepunt van die besoek was die inskakeling van die Radio Tygerberg- en Gemeente van die Wynstok spanne die Woensdagaand van ses tot agtuur tydens die Morawiese kerk se gebruiklike nagmaalsvoorbereidings diens. Dit is die eerste keer in die 212 jarige bestaan van die kerk op Wupperthal dat enige organisasie toegelaat is om deel uit te maak van die tradisionele verrigtinge. Daar is eers luidkeels onder kitaar begeleiding lofprysing gedoen, waarna eerwaarde Jasmin Ratcliff, die plaaslike leraar, die nagmaalsvoorbereiding liturgie hanteer het. Daarna het ds. Bezuidenhout die Woord gebring vanuit Matteus 22 oor die Gelykenis van die bruilof. Ds. Bezuidenhout het in ‘n kragtige boodskap dit aan die toehoorders gestel dat die vraag is nie of jy eendag by Jesus se feesmaal gaan aansit of nie, maar of jy nou reeds aan die feestafel sit. Want as jy Jesus kies en Hom volg, bevind jy jou nou al aan Sy feestafel.

Teen laat die aand het ons vervuld met die gebeure van die afgelope twee dae terug gekeer na ons blyplek sestien kilometer van Wuppertal op die klein dorpie Heuningvlei. Die inwoners daar het ons tydens ons verblyf getrakteer met hulle vriendelike gasvryheid en smullekker tradisionele geregte.

Donderdagoggend 18 April het die spanne van Radio Tygerberg, RoepTV.com en die Wynstok Gemeente vroeg in die pad geval terug Kaap toe. Teen 12:30 die middag het ons almal by Radio Tygerberg se kantore in Parow aangesluit by die res van die radio en RoepTV-personeel vir ‘n nagmaals fees, gelei deur ds. Bezuidenhout. Die brood wat gebreek is, was asbrood van Heuningvlei se mense. ‘n Gepaste manier om die uitreik na Wuppertal mee af te sluit.

Ons is dankbaar oor die paaie wat die Here vir ons gelyk gemaak het tot in Wupperthal en terug en ons glo dat die mense van Wupperthal ‘n nuwe hoop in hul harte het dat die Here hulle nie vergeet het en nooit sal vergeet nie.

Oupa Fredie BLOM op 115! (LUISTER)

Jeanette en Fredie Blom en hul huis is Delft.

Resep vir ‘n goeie lang en gelukkige lewe: Eer jou vader en jou moeder en respekteer mekaar, ouer mense en jou medemens

Deur Eunice Stoltz

Naby die Groot Winterberge in die Oos-Kaap is Oupa Fredie Blom op 8 Mei 1904 in die landelike dorpie, Adelaide, gebore. Sy heimat moes hy verlaat om ‘n bestaan te maak sowat 910 kilometer wes van Adelaide, op ‘n plaas naby Clanwilliam in die Wes-Kaap. Op die plaas, Doringbos, vertel Oupa Blom, het hy mis verwerk vir kompos. Na jare se werk op Doringbos het die belofte van baie geld Oupa Blom oorreed om Kaapstad toe te kom. Maar, sê Oupa Blom: “Toe gaan daar niks aan nie.”

In die Kaap was plaaswerk weer die enigste uitweg. Dit was juis op ‘n hoenderplaas, waar Oupa Blom jare later, op die ouderdom van 68-jaar, in 1972 op 22 Desember met Ouma Jeanette Blom (86), getrou het. Vir Ouma Blom was dit haar tweede huwelik – en vier sy en Oupa Blom vanjaar hul 47ste huweliksherdenking.

Die bou van die Nyanga treinstasie het tot gevolg gehad dat Oupa en Ouma Blom na Ottery verplaas moes word. Ouma Blom vertel hulle het in ‘n ou plaashuis in Lansdowneweg gewoon toe hulle in kennis gestel is dat die pad groter gemaak word, en dat ‘n treinstasie wat Nyanga, Khayelitsha en Gugulethu met mekaar verbind, gebou gaan word. Nadat hulle na Ottery verhuis het, kon hulle by die Voorbrug-skema in Delft aansoek doen vir ‘n nuwe huis. Vandag, woon Oupa en Ouma Blom steeds in dié huis in Voorbrug, waarvoor hulle aansoek gedoen het. Dit is in 1990 amptelik as hulle eiendom geregistreer.

Wanneer jy vir Oupa Blom vra hoe hy so hoë ouderdom bereik het, sê hy sonder huiwering: “Gehoorsaamheid. Die Woord van God beskryf dit, eer jou Vader en jou Moeder.” In ooreenstemming is dit Ouma Blom wat op haar beurt byvoeg dat gehoorsaamheid en respek teenoor ander, ‘vat vir jou ‘n langpad’. Sy vertel dat respek, ‘n ope hand en die daarwees vir iemand in nood jou ver kan neem.

Buiten vir gehooruitdagings is niks ‘af’ by Oupa Blom nie. Met min tande oor op die ouderdom van ampertjies 115-jaar glo hy tot vandag nog dat daar altyd ‘n stukkie vleis in mens se bord moet wees. Indien daar nie vleis is nie, “kry jy maar brood en melk, en eet maar só.”

Oupa Blom is gelukkig en woon tans saam met sy vrou, en haar ses kinders – twee van haar eie, twee aanneemkinders en twee grootmaakkinders (die vir wie jy sorg maar nie amptelik papiere voor het nie).

Op 115-jaar blom Oupa Fredie steeds.

Met ‘n vrou, kinders en talle honde en katte is Oupa Fredie Blom ‘n ryk man. Want op 115-jaar kan hy steeds vashou aan die Woord van God en kan hy erken dat gehoorsaamheid aan die die Here, sy lewensjare geseën het.

Op 16 Mei vanjaar beplan die gemeenskap ‘n groot partytjie-ontbyt vir Oupa Fredie om die mylpaal te vier. Dit sal in die Delft-burgersentrum plaasvind om 10:00. Enigiemand wat belangstel om betrokke te raak of ‘n skenking te maak kan Gaironesa Michaels op 082 763 7630 bel. 

Foto’s van 2018 (ANA Pictures):

 

Dagstukkies met Dennis 29 April 2019

1 Korintiërs 2:13:  #Onderskeiding

29 APRIL 2019

“Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met die wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.”

Dit is een van die wonderlikste, maar baie belangrike gawes wat elke gelowige moet het. Wanneer jy die gawe van onderskeiding het, dan word jy uitgedaag om op te tree, en soms staan jy alleen. Baie keer maak mense die fout om onderskeiding te vergelyk met die fisiese waarneming; 1 Korintiërs 2:13 verklaar: “Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met die wat die Heilige Gees leer…” Daarom moet ‘n mens gevul wees met die Heilige Gees, want dit is net die Heilige Gees wat weet wat in jou gees aangaan, want die geestelike dinge word met die geestelike vergelyk.

Daar is ook liggaamlike onderskeiding, waar die persoon met die gawe van onderskeiding, dit in die liggaam optel, waar die pyn is of iets wat gaan gebeur op die pad vorentoe. Die persoon met die gawe van onderskeiding kan onderskei watter gees nou in ‘n persoon opereer, wat hom voor doen wat hy of sy nie is nie.  Hierdie gawe: Gees van onderskeiding, maak dat mense versigtig is, maar dit maak ook vyande, want elke onderduimse en valse gees sal aan die lig kom en die werk van die Here sal skoon gehou word. Gees van onderskeiding moet ek net sê is nie oordeel nie. Onderskeiding word nie in die skool geleer nie, maar dit word deur die Heilige Gees geopenbaar.

Vrede / Shalom

Alles & Nog Wat – 27 April 2019

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   2 7  A P R I L    2 0 1 9

 

T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Used Salon Style Hairdryer, wall mounted in good working condition @ R800 neg.  
Contact: Albert on 076 068 0772  
     
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Well point Pump (1 half hp) as new @ R950  
Contact: 064 062 3688  
T E  K O O P F O R  S A L E  
 
120 bas Frontalini Trekorrel vir R2700

Skakel: 082 646 1475

   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Strykyster vir R70 + Vullisdrom vir R60 + Electrolux Stofsuier vir R300

Klein Wasgoedmandjie vir R50 + Kamer Gordyne vir R50 + 4 Blou Sitkamer Kussings vir R12 elk

Bunny Aerial vir TV @ R50

Kontak: Elizabeth by 060 890 6103

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Baie netjiese Lessenaar + Tikster Stoel vir R250

Kontak: Louis by 084 600 0778

 
   
T E   K O O P F O R  S A L E  
   
Silwer Defy Dubbeldeur Yskas vir R2500 + LG 32cm Flatscreen TV in goeie toestand vir R2000

Diamond 32cm Flatscreen TV in goeie toestand vir R2000

Skakel: 071 736 4585 of 082 734 4803

 
 
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Blou VW Jetta 1800 met maggs in goeie toestand – Prys o.h.b.

Skakel: 063 120 3209

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
VW Mini Kombi – Prys o.h.b.

Kontak: Matthew by 073 744 7922

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Wendy Huis (3mx9m) nuut vir R16 500  
Kontak: Quien by 072 942 6924  
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
English Rippen Piano completely restored and refurbished, excellent sound @ R6 500

Carl Otto Berlin Piano, completely restored and refurbished @ R9 500

Defy Stove (includes oven, HOP & extractor) @ R4 000

Contact: Jakes on 073 553 0343

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 
Blou 2010 Yamaha First Edition 1200cc Motorfiets, geen scrape, semi off-road vir R95 000
Kontak: Hugo by 074 931 7223

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Nuwe Sangroep “Its Not About Us” van Parkwood Estate benodig 2 Sopranos, 1 Alto, 1 Tenor en ‘n Klawerbord Speler (Keyboard player) verkieslik van Parkwood, Grassy Park of Lotusrivier area.

Kontak: Lionel Smith by 078 964 9257

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Johan is op soek na meubels, yskas, stoof ens, het alles verloor, teen ‘n weggeeprys of te skenk

Skakel: 072 193 8113 

   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Loretta is op soek na ‘n ¾ Bed Matras teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 073 488 9863

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Mev. De Kock soek na ‘n Baba Speelhok Raam (baby playpen fence) ( hout, plastiek of staal wees) teen ‘n weggee prys of te skenk.

Skakel: 074 140 1136

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Parow Hoërskooldrag: 2 Kortmou hemde (medium grootte) vir R70 + Sweetpakbaadjie (M) vir R140

Sjampanje kleurige Chiffon & Swart Rokke (34/36) vir R450 & R220 + Wit Chiffon Trourok vir R450

Skakel: 074 440 2321

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Bernina Record Naaimasjien vir R1300 + Kenwood Menger vir R700

Rainbow Stofsuier – Maak ‘n aanbod + 1990 Opel Record Motor vir R35 000

Skakel: 082 439 1206

 

O P   S O E K L O O K I N G  F O R

 

Popaea is op soek na ‘n 2dehandse Hangkas & Sitkamerstel teen ‘n bekostigbare prys.

Skakel: 076 371 9746

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Embuia Dubbelbed Kopstuk met 2 Laaie vir R850 + Embuia Spieëlkas vir R550

Kontak: Louise by 072 868 7214

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

BabaBed (Dream Cot) in uitstekende toestand vir R1800

Kontak: Charl by 081 436 8856

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

Industriële Naaldwerk Masjien  vir R2500

Skakel: 078 853 4471   

 

Kerknuus – 28 April 2019

K E R K N U U S
S O N D A G   2 8   A P R I L   2 0 1 9

03  MEI  2019 HEBREEUSE VROUE BEDIENING

 

Hebreeuse Vrouebediening hou ‘n Bevrydings Vrouekamp

Waar: Pinkster Park, Somerset Wes              Koste: R190p/p                

Kontak: Daleen by 073 725 8027

 

04  MAY  2019 LIGHTHOUSE MINISTRIES

 

Lighthouse Ministries presents a Seniors, Adult & Children Seminar themed Having Understanding for One another with Speakers, Laurionn van Vollenhoven & Others

Where: Lighthouse Ministries, 275 Voortrekker Road, Parow            

Time: 09h00 – 13h00

Cost: R50p/p

Contact: Lighthouse Reception on (021) 936 7240

 

04  MEI  2019 NGK BRACKENFELL-WES

 

NGK Brackenfell-Wes hou ‘n Manne Ontbyt met Spreker, Neil Powell (Sewes Bok Afrigter)

Waar: NGK Brackenfell-Wes         Tyd: 09h00               Koste: R120p/p

(Gallery Kaartjies: R50p/p sluit in Boerewors rolletjie + Sap)                  

Kontak: Kerkkantoor by (021) 981 9999

 

04  MEI  2019 BETHANY FELLOWSHIP KERK

 

Bethany Fellowship Kerk hou hul maandelikse Mini-Mark met ‘n Teetuin, konfyt, plante en vele meer!

Waar: Bethany Fellowship Kerk, Imam Haron Straat, 225 Claremont           

 Tyd: 08h00 – 13h00

Kontak: Bethany Kantoor by (021) 671 9400

 

05  MAY  2019 UPPER HALL CHURCH

 

Upper Hall Church presents Free Open Mic Sessions for Artists, dancers, bands & groups to showcase their talents        Where: Upper Hall Church, Sonata Street, Steenberg      Time: 17h30

Contact: Lionel on 078 964 9257

 

13 & 15  MEI  2019 BLUE DOWNS VERENIGDE KERK

 

Blue Downs Verenigde Kerk hou hul 30ste Bestaansjaar Feesvieringe met ‘n Gedenkdiens

Waar: Blue Downs Verenigde Kerk, H/v Oak & Silverleaf Straat, Forest Village, Eersterivier              Tyd: 19h00

Kontak: Ds. Davids by 083 407 6233

 

17 & 18  MEI  2019 BLUE DOWNS VERENIGDE KERK

 

Blue Downs Verenigde Kerk hou ‘n Konsert & Debutante Bal met Hemel Besem & Ander

Waar: Tuscany Glen Primêre Skool, Eersterivier        Tyd: 19h00

Kontak: James by 083 327 4703

 

18  MEI  2019 LEDE IN CHRISTUS KERK

 

Lede in Christus Kerk bied aan “Jesus se DNA – Geweef deur God se Hand”met Dawid Botes, Neurosielkundige & Spreker

Waar: Lede in Christus Kerk, H/v Tweede & Wrench Straat, Parow        Tyd: 17h00

Koste: R100 volw, R50 kind/o/12jr (Sluit ete in) Besprekings noodsaaklik.      

Skakel: (021) 939 8446 of Carin by 072 567 5009

 

24 – 26 MAY  2019 GLOBAL SUPERNATURAL MINISTRIES

 

Global Supernatural Ministries Pretoria presents Priesthood Arise Mens Camp 2019

Where: Nietverdiend Game Farm, Brits      

Cost: R200 adults, R100 child/u/16yrs (visitors)

Contact: Jean-Pierre at info@globalsm.co.za or visit www.globalsm.co.za

 

31 MAY  2019 METHODISTE KERK

 

Methodiste Kerk Scottsdene bied aan ‘n Golfdag met ‘n 4bal alliansie

Waar: Bellville GolfKlub                   Koste: 4bal alliansie @ R2500 of R625p/speler

Kontak: Petrus by 078 837 8103

 

1 JUNIE  2019 ONE LIFE MINISTRIES

 

One Life Ministries bied aan die 7de Rut Konferensie met Riëtte Delport, Ziva Spangenberg, Prof. Gerrie Bester, Benescke J van Rensburg en vele Ander

Waar: NGK Welgelegen La Provence Straat 47, Parow      Tyd: 09h00-15h00           Koste:  R150p/p

Navrae: Stuur epos aan info@ziva.co.za

 

1 JUNIE  2019 UPPER HALL  PINKSTER KERK

 

Upper Hall Pinkster Kerk hou ‘n Sangaand

Waar: Upper Hall Pinkster Kerk, Sonata Straat, Steenberg                   Tyd: 18h30     Kaartjies: R50p/p

Kontak: Lionel by 078 964 9257

 

7-9 JUNIE   2019 MEC MINISTRIES

 

MEC Ministries hou hul Jaarlikse Afrikaanse Kamp met Tema “ Ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou SIEL goed gaan” 3 Joh.1:2

Waar: Bergkroon, Wellington           

Koste: R600p/p (sluit in akkomm. etes) bring beddegoed

Kontak: Sheila by 021 906 0733 of epos: sheila@meccommunityservices.co.za

 

7-9 JUNIE   2019 RESTORATION MINISTRIES

 

Restoration Ministries hou ‘n Restorasie Kamp met Tema “Restoration to His Fullness”vir Mans Dames en Kinders          Bring eie Beddegoed, eetgerei, drinkwater, bybel, notaboek en pen

Waar: Hatikvah Kampterrein net anderkant Caledon    

Koste:  R500p/p (5x etes ingesluit)

Kontak: Naas by 061 466 0073 of Helene by 064 196 3831

 

16 – 18  OCTOBER   2019 CALVIN PROTESTANT CHURCH

 

Calvin Protestant Church SA & Namibia will be Celebrating their 70th Birthday and are requesting all past and present Calvinists and members from sister churches, to get involved and contact their local congregations. All are welcome to attend and be a part of these festivities.

Contact: Sandy on 072 268 1340

 

Dagstukkies met Henry 26 April 2019

Openbaring 3:2:  #Waaksaamheid

26 APRIL 2019

“Wees wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie.

Godsdiens in die negatiewe konteks is die vyand van verhoudings, omdat dit op die oog af so goed lyk. Tog het Jesus ‘n groot probleem met dit. Sien, godsdienstige mense is afhanklik van hulle reëls en regulasies. Nabyheid aan God word slegs behaal, nie deur geloof nie, maar deur reëls en regulasies slaafs n ate volg en te gehoorsaam. Die probleem hiermee is dat hulle dit nie kan volhou nie. Niemand kan die wet vervul nie. Slegs uit liefde vir God en jou naaste kan die wet vervul word. Jesus spreek die kerk aan en sê hulle moet wakker word.  Hoekom? Omdat hulle nie regtig lewe nie. Godsdiens is nie lewendig nie, dus kan dit nie lewe vrystel nie.

Hoe weet ek dat ek in godsdiens vasgevang is? Wel, jy herken ‘n boom aan sy vrug. Het daar sekere gewoontes teruggekeer na ‘n klomp jare? Het dit waarvan God jou bevry het, toe jy jou bekeer het, weer sy pad in jou lewe teruggevind? Dit is alles bewyse dat jy nie meer God se woord lees om te groei in heiligheid en geregtigheid nie, dat jy nie meer en meer soos Hy wil wees nie. Verhouding sê: ”Jesus, ek wil meer van U in my lewe hê en ek wil meer van U vrug in my lewe sien.” Jesus leer ons in Openbaring 2:5 “…doen weer dit wat jy aan die begin gedoen het.” Leef!

Sê bietjie prys die Here!

Dagstukkies met Henry 25 April 2019

 

1 Korintiërs 16: 13-14:  #Waaksaamheid

25 APRIL 2019

“Wees waaksaam, staan in vertroue, wees dapper, wees sterk, doen alles in liefde.”

Nehemia 6:13 leer ons dat vrees lei na aksies wat lei na sonde. Ons weet dat die perfekte liefde van God (1 Johannes 4:18) vrees uitdryf, maar die konstante teenwoordigheid van liefde dryf ook vrees uit. Paulus leer ons dat die uitdagings en vrese van hierdie wêreld ons op ‘n plek wil bring waar ons ons geloof in God sal ontken. Hoe sal ons dit ooit doen? Wel, deur nie op Jesus te vertrou en die instruksies van ons geloof uit te leef nie. Ons leef in konstante konflik. Ons word uitgedaag om net so kwaad te raak, om ook so te haat soos die persoon wat God ontken.

Wat beteken ons geloof in Jesus en wat baat jou Geloof jou as jy presies soos die ongeredde persoon optree in moeilike en onsekere tye? Ons is die soet geur onder die wat redding kort. Ons is die lig in donker tye, omdat God in ons woon.  Paulus herhinner ons in hierdie vers dat ons bly staan, terwyl almal om ons platgevee is. Hy openbaar weer aan ons dat dit is ons wat sing, terwyl almal murmureer. Dit is ons wat profeteer, visie en hoop het, terwyl ander niks kan sien nie. Ons moet waak om nie ook soos die verlore mense op te tree nie.

Sê bietjie prys die Here!