Gemeenskapsnuus – 19 Maart 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   1 9  M A A R T   2 0 1 9

 

20  MARCH  2019  AGS NORWOOD

 

AGS Norwood, Elsiesrivier hou ‘n “Midweek Live Celebration” Diens met Bishop Manny van Niekerk (Kunjalo)    Waar: AGS Norwood, Elsiesrivier              Tyd: 19h30       Toegang: Gratis

Kontak: Cheryl by 079 848 1052       

 

22 – 24  MARCH  2019  PROSPER MINISTRIES

 

Prosper Ministries Presents a 3-Day Deliverance/Breakthrough Conference with Past. Gregory & Desroi Coaters                                 Time: 19:00

Where: Perseverance Secondary School, Alabama Road, Extention 13, Belhar                      Contact: Rev. van Heerden on 082 061 4722       

 

23  MARCH  2019  HIS GRACE MINISTRIES

 

His Grace Ministries presents a Fresh Start Womens Wellness Conference with Rosebud Tsobane & many Others,

Where: Excellencia Restaurant 10 Jacaranda Street, Mikpunt, Durbanville

Cost: R200p/p (includes canapes and a high tea          Time: 12:00 – 17h00

Contact: 071 426 9430

 

23  MARCH  2019  WINNING SOULS MINISTRIES

 

Winning Souls Ministries presents an Organize Healing Crusade with Past. George Mpunga

Where: SABC Auditorium C/o Beach Road & St. James Road, Sea Point    

Contact: 074 355 6230

 

3 0  MAART   2019 CHURCH  OF  REVIVAL

 

Church of Revival hou ‘n Sang & Lofpryssing Konsert met Gerty Ryan en Ander

Waar: Dennemere Laerskool          Tyd: 18h30              Toegang: R30p/p

Kontak: Zelda by 074 188 8307

 

3 0  MAART   2019 PROSPER MINISTRIES

 

Prosper Ministries presents a Fundraising with Rev. Van Heerden & many Others

Where: Langa High School          Time: 12h00              Entry: R70p/p

Contact: Rev. Van Heerden on 082 061 4722

 

31  MARCH  2019  CAPE TOWN GOSPEL CHOIR

 

Next chance to audition is Sunday, 31st March. If you want to try out to join the choir, send an email with your name, and cellphone number to choir@ctgc.org.za and we will get in touch.      

 

31  MAART  2019  JUBILEE LIFE MINISTRIES

 

Jubilee Life Ministries, Ravensmead hou ‘n Gospel Konsert ten bate van die Tygerberg Kinder Hospitaal met Johnny Davids, Desmond Stevens & vele Ander

Waar: Jubilee Life Ministries, Ravensmead         Tyd: 18h00

Kaartjies: R50 volw. R20 leerders

Kontak: Desmond by 079 604 6970

 

13  APRIL  2019  UNASHAMEDLY ETHICAL

 

Unashamedly Ethical will be hosting the Ride4Ethics Mountain Biking 14km for beginners and social riders & 35km for the fitter & more technical riders

Where: Bloemendal Wine Estate, Durbanville

Entries: online www.bloemdalwines.co.za    

Both events are timed by RACETEC.

 

26 APRIL  2019  PANORAMA PALMS

 

Trans 50 Panorama Palms Retirement Village presents Revive Yourself with Suezette Smit

Where: Panorama Palms Retirement Village      Time:  10h00-11h00   Cost: R10p/p   

Contact: Thomalene at (021) 930 5035

 

1  MEI  2019 KLEINVLEI SENIOR SEKONDERE SKOOL

 

Kleinvlei Senior Sekondêre Skool versoek die Matriekklas van 1990 om kontak te maak ter viering van hul 30ste Reunie

Waar: Kleinvlei Sekondere Skoolsaal, Kleinvlei           Tyd: 17h00

Kontak: Barry by 081 733 2605

 

4  MAY 2019 TOP EVENTS

 

Top Events presents a FAMSA Family Day 5Km Fun Run

Where: Mandela Park Stadium Khayelitsha      Time: 08h30

Entry fees: R30 adults R10 kids u/12yrs (registration on race day/online and at FAMSA offices)

Contact: Top events on 021 511 7130

 

22, 24, 25  MEI 2019 KOFFIEHUIS TEATER

 

Koffiehuis Teater hou ‘n Optrede met Rooies & Boesman ten bate van Wiehann Lubbe vir Prostese,                Waar: Koffiehuis Teater, Klapmuts      Tyd: 19h00

Toegang: R150p/p (Sluit pizza in)

Kontak: Marilyn by 082 324 8751

 

 25  MEI 2019 HOëRSKOOL GIMNASIUM

 

Hoërskool Gimnasium Potchefstroom hou ‘n Reunie vir die volgende 10-jaargroepe: 1949 (70jaar); 1959 (60jaar); 1969 (50jaar); 1979 (40jaar); 1989 (30jr) en 1999 (20jaar)

Waar: Hoërskool Gimnasium, Potchefstroom

Kontak: Anel Hulley vir meer inligting by (018) 293 0269

 

Werkverskaffing – 19 Maart 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G   1 9   M A A R T  2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
ONDERWYSER TEACHER
 
Vereistes: Hoërskool Franschhoek Dubbelmedium (Beheerliggaam pos) benodig ‘n Onderwyser vir Afrikaans Huistaal/ Eerste Addisionele Taal Graad 8-12  (Sluitings datum: 25 Maart 2019)

Meld ander vakke aangebied, kwalifikasies, ondervinding en buitemuurse betrokkenheid

Stuur CV met verwysings aan: Die Skoolhoof, na franschhoek.comb@wcgschools.gov.za  

   
SPORT ORGANISEERDER SPORT ORGANIZER
 
Vereistes: Laerskool Welgemoed benodig ‘n Sport Organiseerder (dinamiese persoon) vir aankoop van sporttoerusting, sport inventaris, voorbereiding van sportvelde, afrigting van sport ens. Spesifieke kontraktuele voorwaardes sal geldig wees vir die suksesvolle kandidaat.
Epos CV aan: sport@welgemoedprimary.co.za (Sluitingsdatum: 1 April 2019)
 

ONDERWYSER TEACHER

 

Vereistes: Vyeboom Christelike Privaatskool benodig die dienste van ‘n Intermediêre/senior fase Leerkrag vir die volgende vakke: English First Additional Language for Gr.4-7; NW: Gr.6-7; Teg. Gr.7 en Sport/kultuur (Diensaanvaarding: 01 Julie) Sluitingsdatum vir aansoeke: (29 Maart 2019)    

 

Stuur CV na: Die Skoolhoof, epos: vcp@breede.co.za    
 
PARAPLANNER PARAPLANNER

 

Vereistes: Boutique Wealth Maatskappy benodig ‘n Paraplanner tussen 22 en 30jr. met ‘n BCom Financial Management Kwalifikasie, hoewel nie ‘n vereiste, sal ‘n RE5 kwalifikasie en 2jr onder vinding in jou guns tel, goed tweetalig (Engels & Afrikaans), produk inligting kan navors  beleggings voorstelle, kliente verhoudingsbestuur, Para-planning en intermediêre dienste, in Bellville area.

Epos CV na nortjedall@gmail.com

 

KOSTER CHURCH WARDEN

 

Vereistes: Koster benodig by NGK Kuilsrivier, verkieslik jonger as 60jr, goeie mense verhoudinge en inisiatief, diensbaarheid is ‘n gawe wat baie hoog aangeskryf sal word. Sluitingsdatum, 22 Maart 2019)  Gemeente se personeelbeleid, posbeskrywing en dienskontrak is by die Kerkkantoor beskikbaar.

Stuur volledige CV aan: Die Skriba, Posbus 107, Kuilsrivier, 7579 of epos : ngkkuilsrivier@absamail.co.za

 

NAALDWERKSTER MACHINIST

 

Vereistes: Persoon word benodig vir halfdag met ondervinding van Klere herstelwerk, met ten minste 5jr. ondervinding en vinnig kan werk. Pos beskikbaar in Langebergridge naby Cape Gate, verkieslik in omgewing woonagtig wees.

Skakel: 082 555 8673

 

STOFFEERDER UPHOLSTERER

 

Requirements: Qualified Upholsterer needed to start a.s.a.p.

Contact: Allan on 083 377 7040

 

ONDERWYSERES TEACHER

 

Requirements: Qualified Educare Teacher for Grade R needed with at least 3-5yrs exp. at SOS Kindergarden, Thornton.

Email: CV to soskindergarden@gmail.com

 

NAALDWERKSTERS MACHINISTS

 

Requirements: CMT in Mitchells Plain are in need of a Garment cleaner & Ironer & an All round Machinist, must be able to do jet pockets and zips.

Contact: 076 694 5298

 

NAALDWERKSTER TAILOR/DRESSMAKER

 

Requirements: Qualified Tailor/Dressmaker or sample hands are needed, must be hardworking and have knowledge of patterns and grading.

Send a Whatsapp to Nina at 071 557 3236 and she will contact you.

 

TUINIER GARDENER

 

Vereistes: Tuinier gesoek vir Tuindienste, moet met ‘n grassnyer kan werk, verkieslik jonger as 50jr. oud wees, met sober gewoontes en christelike waardes.

Kontak: Ian by (021) 911 3081

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

 

 

 

 

 

Dagstukkies met Dennis 19 Maart 2019 Copy

19 MAART 2019

Eksodus 14:14:  #Belofte

“Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.”

Hierdie vers is een van die kragtigste verse in die Bybel.  Ons moet kyk teen die agtergrond waarin hierdie verhaal hom afspeel. Nadat die Here hard met Farao gehandel het, het hy die Israeliete laat trek. Soos die mens egter maar is, het die Farao nie sy belofte gehou nie, en het sy soldate en strydwaens die volk van die Here laat agtervolg.

Die Bybel sê God het Sy volk bedags met ‘n wolkkolom en snags met ‘n vuurkolom gelei, maar dit was by die Rooi See waar die volk beangs geraak het. Voor hulle was die Rooi See en agter hulle Farao met sy soldate. Dit was hier waar Moses hulle herinner het dat God groter is as die probleem.

Deuteronomium 31:6 verklaar: “Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie, want dit is die Here jou God wat saam met jou trek.” God staan op Sy belofte en Hy sal ons nie in die steek laat nie. God vra vir Moses wat het jy in jou hand?  In Eksodus 14:14 sê die woord: “Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.  God se belofte staan vas.  Toe Moses die staf wat hy in sy hand gehad het ophef en op die water slaan, het die water in twee verdeel en die volk het droogvoet deurgestap.

Vrede / Shalom.

Dagstukkies met Dennis 19 Maart 2019

19 MAART 2019

Eksodus 14:14:  #Belofte

“Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.”

Hierdie vers is een van die kragtigste verse in die Bybel.  Ons moet kyk teen die agtergrond waarin hierdie verhaal hom afspeel. Nadat die Here hard met Farao gehandel het, het hy die Israeliete laat trek. Soos die mens egter maar is, het die Farao nie sy belofte gehou nie, en het sy soldate en strydwaens die volk van die Here laat agtervolg.

Die Bybel sê God het Sy volk bedags met ‘n wolkkolom en snags met ‘n vuurkolom gelei, maar dit was by die Rooi See waar die volk beangs geraak het. Voor hulle was die Rooi See en agter hulle Farao met sy soldate. Dit was hier waar Moses hulle herinner het dat God groter is as die probleem.

Deuteronomium 31:6 verklaar: “Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie, want dit is die Here jou God wat saam met jou trek.” God staan op Sy belofte en Hy sal ons nie in die steek laat nie. God vra vir Moses wat het jy in jou hand?  In Eksodus 14:14 sê die woord: “Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.  God se belofte staan vas.  Toe Moses die staf wat hy in sy hand gehad het ophef en op die water slaan, het die water in twee verdeel en die volk het droogvoet deurgestap.

Vrede / Shalom.

Dagstukkies met Dennis 18 Maart 2019 Copy

18 MAART 2019

Jesaja 40:31:  #Belofte

“Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag, hulle vaar op met vleuels soos die van ‘n arend; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.”

Daar is een ding wat die mens nie wil doen nie, en dit is om te wag. Die woord wag is ‘n drie letter woord, maar daarvoor het ‘n mens somtyds baie geduld nodig. Die wagproses kan soms baie lank wees, maar van een ding is ons verseker – dat Sy woord is ja en amen. Hy sal ons nooit begewe of verlaat nie, al het Hy tot Sy skade gesweer Hy verander nie.  In Israel se ballingskap gee die Here hulle ‘n woord van bemoediging: “Maar die wat op die Here wag kry nuwe krag….” Die geheim is om op die Here te wag. Die mens stel teleur en hulle belofte hou net terwyl jy hom nog sien, maar as jy op die Here wag sal jy opvaar met vleuels soos die van ‘n arend! Hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

Dit is baie duidelik dat God ons in die hoogtes in wil vat en dieper in gemeenskap met Hom. Daar word vertel dat die arend is die enigste voël wat tot in die derde hemel kan vlieg. Wanneer die storm op sy ergste is dan gebruik die arend die strome om hom die hoogtes in te vat, sodat hy bokant die storm kan sweef.

God wil ons aanraak met Sy krag en sterkte sodat ons bokant die lewe se storms kan sweef. God is getrou in Sy belofte as ons op Hom wag,  sal Hy ons toerus met nuwe krag. 1 Korintiërs 1:27 sê: “……die wat swak is in die wêreld, het God uitverkies om die wat sterk is te beskaam.” Ons swakheid word in Sy krag volbring, want Hy gee aan die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte aan die wat geen kragte het nie.

Shalom, Vrede

Alles & Nog Wat – 16 Maart 2019

A L L E S   E N   N O G   W A T

S A T E R D A G   1 6  M A A R T    2 0 1 9

T E  K O O P F O R  S A L E  
   
LG 32cm Flatscreen LED TV @ R2000 + Diamond 32cm LED Flatscreen TV @ R2000  
Contact: 071 736 4585 or 082 734 4803  
     
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Splinternuwe ongebruikte Ozone Spa Bad vir behandeling van Arthritus ens. @ R5000  
Kontak: Tosha by 083 556 5432  
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Rystoel + Bedpan + Commode – Prys o.h.b.

Kontak: Mnr. Cornelius by 084 334 9052

   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
2 Enkelbeddens vir R400 & R500 onderskeidelik

Klerekas vir R500 + TV Staander vir R300 + Badkamer wasbak vir R200  Ronde Stortdeur vir R400  + Toiletpot vir R200 + Badkamer Vensterraam met diefwering vir R300

Kontak: 083 990 1215

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Hondemandjies + Wasgoedmandjies – Prys o.h.b.

Kontak: Abraham by 081 357 7877

 
   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Abraham is op soek na ‘n Yskas in ‘n  werkende toestand teen vergoeding.

Skakel: 081 357 7877

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
  One Steel Security Gate for a standard size back or front door @ R650

Contact: Dave on (021) 393 4886 or 074 340 2408

 
   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Lionel Smith is looking for 3 backing vocals, 1 soprano, 2 tenors and 3 alto’s.

Contact: Lionel on 078 964 9257

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Hob (sonder stoof) vir R500  
Kontak: Frikkie by 061 837 1530  
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Rusk colour wall to wall Van Dyk Carpet including underfelt @ R700

Contact: Mr Hardenberg on 073 303 8406 or (021) 374 3622

 

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Mev. Camphor is op soek na ‘n Enkelbed teen ‘n weggeeprys.
Skakel: 064 474 5151

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 
Ivoorkleurige Mermaid Trourok (nr.8-10) vir R1500 + TV Kas vir R200

Kontak: Maureen by 082 977 4082

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Magdalena is op soek na Wol om kombersies te maak en daardeur ‘n inkomste te genereer, teen ‘n weggeeprys of te skenk.

Skakel: 078 445 4799

 
T E  K O O P F O R  S A L E
 
Gazebo (opvou soort) vir R900

Skakel: 083 693 4223

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 
Solina Organ @ R1500

Contact: Mr. Smit on 074 630 7353

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R

 

Annette is op soek na ‘n Opel Monza Buffer (Bumper) teen ‘n bekostigbare prys.

Kontak: Annette by 072 546 9463

 

T E  K O O P F O R  S A L E

 

George Foreman Grill @ R350 + Glass oak side Table @ R1000

Glass TV stand @ R500 + LG Convectional microwave oven @ R1200

Silver mirror @ R500 + Wooden collage Painting @ R1000 + Queen size electric Blanket with dual remotes @ R500 + DSTV explorer with wifi connector @ R500

Nescafe dolce gusto javia (coffee capsules) @ R400

Contact: Charmaine on 082 852 5731

 

 

Kerknuus – 17 Maart 2019

K E R K N U U S
S O N D A G   1 7   M A A R T   2 0 1 9

 

17-20 & 24  MAART  2019  AGS KERK

 

AGS Kerk Matroosfontein hou ‘n Reeks Spesiale Dienste met Past. Nomsa Phalla

Waar: AGS Kerk Commercial Straat 34, Matroosfontein      Tyd: 16h00 & 19h30

Kontak: Past. Wanson Botha by 084 225 5853

 

17 – 20  MAART  2019  DIVINE PURPOSE MINISTRIES

 

Divine Purpose Ministries will be hosting She Rise SA – Womens Empowerment Conference with Past. Karen Maarman & Other Speakers

Where: Divine Purpose Ministries 99, 11th Avenue, Retreat        Time: 18h00 & 19h00

Contact: Karen on 083 208 1105

 

22-24  MAART  2019  PROSPER MINISTRIES

 

Prosper Ministries Presents a Deliverance & Breakthrough Conference with Rev. Vergotine & many Other Speakers

Where: Perceverance Senior Secondary School, Belhar        Time: 19h00

Contact: Rev. Van Heerden on 082 061 4722

 

3 0  MARCH  2019 PARKWOOD  ASSEMBLY OF GOD

 

Benefit Concert in Aid of Max Amansure’s Israel Trip with loads of guest Artists

Where: Parkwood Assembly of God, Wattle Road, Parkwood Estate    Time: 15h00

Contact: 061 778 3780

 

3 0  MAART   2019 CHURCH  OF  REVIVAL

 

Church of Revival hou ‘n Sang & Lofpryssing Konsert met Gerty Ryan en Ander

Waar: Dennemere Laerskool          Tyd: 18h30              Toegang: R30p/p

Kontak: Zelda by 074 188 8307

 

3 0  MAART   2019 PROSPER MINISTRIES

 

Prosper Ministries presents a Fundraising with Rev. Van Heerden & many Others

Where: Langa High School          Time: 12h00              Entry: R70p/p

Contact: Rev. Van Heerden on 082 061 4722

 

31  MAART  2019  JUBILEE LIFE MINISTRIES

 

Jubilee Life Ministries, Ravensmead hou ‘n Gospel Konsert ten bate van die Tygerberg Kinder Hospitaal met Johnny Davids, Desmond Stevens & vele Ander

Waar: Jubilee Life Ministries, Ravensmead         Tyd: 18h00

Kaartjies: R50 volw. R20 leerders

Kontak: Desmond by 079 604 6970

 

4 – 6   APRIL   2019 ASSEMBLIES OF GOD KERK

 

Assemblies of God Kerk & WCape Missions Board hou ‘n Kerk Planting Konferensie met Dr. Louis Blom van Judea Harvest

Waar: Bethesda Assembly of God Kerk, Raadt Straat, 10 Sarepta, Kuilsrivier

Tyd: 09h00 – 15h00 &  Evangelie Diens om 19h30

Kontak: Harold by 081 349 8968

 

6   APRIL   2019 LIFE TRANSFORMATION MINISTRIES

 

Life Transformation Ministries presents a Healing, restoration & Transformation Encounter, themed Stepping into your Godgiven Destiny”

Where: Victory Kingdom Church, 128 Nooiensfontein Road, Kuilsriver

Time: 08h30-15h30

Registration: R100p/p (includes light breakfast etc)

Contact: Ruth on 079 243 3520

 

6   APRIL   2019 NEW HOPE IN CHRIST MINISTRIES

 

New Hope in Christ Ministries hou ‘n Vroue Konferensie met Past. Lucinda Harris Page, oor Tema “Women of Worth – Breaking Barriers”

Waar: New Hope in Christ Kerk, Caledonstraat 1, Leiden, Delft          Tyd: 15h00

 

 

9 – 14  APRIL   2019 PASSION PLAY MINISTRIES

 

Passion Play Ministries International presents He’s Alive! – Dramatic presentation of the events surrounding the death, burial and resurrection of Jesus Christ

Where: Bellville Civic Centre                     Time: 19h30

Admission: Free (love offering)

Contact: 084 769 7350

 

1 3   APRIL   2019 VREDELUST CHURCH

 

Vredelust Church will be hosting Foster Conference 2019, themed “Making a Difference, One Child at a Time”aim to introduce as many people to the foster care process

Where: Vredelust Church, Bellville               Time: 08h00-16h30         Cost: R300p/p

Contact: Foster Conference team on 082 560 6488

 

24 – 28   APRIL   2019 PAARL VERBONDSGEMEENTE

 

Paarl Verbondsgemeente hou hul Jaarlikse Africa Aflame Konferensie

Waar: The Rock Covenant, Firlands, Gordonsbaai  & Paarl Stadsaal         

Tyd: 18h00 & 10h00

Kontak: Elana by (021) 868 3470 of 082 269 8855

 

24 – 26 MAY  2019 GLOBAL SUPERNATURAL MINISTRIES

 

Global Supernatural Ministries Pretoria presents Priesthood Arise Mens Camp 2019

Where: Nietverdiend Game Farm, Brits           

Cost: R200 adults, R100 child/u/16yrs (visitors)

Contact: Jean-Pierre at info@globalsm.co.za or visit www.globalsm.co.za

 

 

 

Dagstukkies met Dennis 15 Maart 2019

15 MAART 2019

Maleagi 3:10: #Voorsiening

“Bring die hele tiende na die stoorkamer sodat daar kos in My huis kan wees en toets my nou hierin,” sê die Here, “of Ek nie vir julle die vensters van die hemel sal oopmaak en vir julle ‘n seën sal laat uitvloei totdat dit oorloop nie.”

As daar een ding is wat die vyand geweldig teëstaan, dan is dit die gee van jou tiendes en offergawes, want die opdrag raak die sak. Hier word ‘n mens werklik getoets of jy vashou aan die tydelike dinge in die lewe. Die profeet sê bring die volle tiende en dis baie keer hier waar die mens se eerlikheid op die proef gestel word. Dit is juis hier waar ons God kan beproef. Met ander woorde ons kan terug gaan en sê: Here U het gesê, ek moet U beproef, maar ek ervaar nog toe vensters. God soek alles wat aan Hom behoort. Ek kan onthou met my eerste salaris: R90 per maand, moes ek R40 losies betaal, R40 na my ouers stuur en R9 tiendes en toe net ‘n R1 oor vir die maand, maar die Here het my deur gedra.

2 Korintiërs 9:7 praat Paulus met verwysing na die offergawes. Ek sê altyd die tiendes moet jy gee, al is jy kwaad, maar die offergawes moet jy dit gee met ‘n blymoedige hart, want God het ‘n blymoedige gewer lief. So wanneer ons ons hele tiendes na die skathuis bring en ons offer met ‘n blymoedige gees, dan kan God die vensters van die hemele oopmaak vir die instroming van die seëninge uit die hart van God. Daarom is dit my bemoediging: moenie jou eie seëninge verhinder nie, want God wil ons oorvloedig seën.

Vrede / Shalom.

Dagstukkies met Dennis 14 Maart 2019

14 MAART 2019

Matteus 6:33: #Voorsiening

“Maar soek eers die Koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir jou bygevoeg word.”

Die woord van die Here is baie duidelik in die verband want Spreuke 3:6 sê: “Ken My in al jou weë, dan sal Ek jou paaie gelyk maak.” God is baie gesteld daarop om Hom eerste te stel, want Hy is ‘n jaloerse God. Daarom in jou omstandighede, in jou behoefte, in alles wat jy doen moet ons Hom ken.

Matteus 6:33 sê: “Maar soek eers….” met ander woorde moenie eers ooral gaan help soek, en dan nêrens regkom, en dan die Here soek vir uitkoms nie. Ons moet God dus ons eerste prioriteit maak. Om dit te doen moet ons ons geloof in aksie sit, want die mens wil eers sy eie planne maak.

Spreuke 16:3 verklaar: “Laat jou werke aan die Here oor, dan sal jou planne uitgevoer word.” Ons leef in ‘n sondige wêreld, en kom te kampe met mense met bose planne, planne van ongeregtigheid. Daniël 1:8 verklaar: “En Daniël het hom voorgeneem om hom nie te verontreinig met die spys van die koning of met wyn wat hy gedrink het nie…”
Dit is ‘n ingesteldheid. Jy moet jou voorneem. Jy moet besluit God is eerste, dan die ander sake, want wanneer ons Sy Koninkryk eerste soek en Sy geregtigheid dan sal Hy voorsien in al ons behoeftes en tekortkominge. Al die ander dinge sal bygevoeg word.

Vrede / Shalom.

Dagstukkies met Dennis 13 Maart 2019

13 MAART 2019

Hebreërs 13:5: #Voorsiening

“Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: “Ek sal jou nooit begewe of verlaat nie.”

Apostel Paulus self skryf aan Timoteus dat daar in die laaste dae swaar tye gaan kom.
2 Timoteus 3:2 verklaar: “Die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges….as liefhebbers van God”. Nou sê die Hebreërs skrywer dat ons vry moet wees van daardie gedrag, want baie mense het al hulle lewe verloor deur geldgierigheid, want so meer hy het so meer wil hy hê. Baie huwelike, families en vriende is al uitmekaar geskeur deur gejaag na geld en ons weet geld is nie alles nie. Jesus vertel die gelykenis van die rykdwaas wat sy skure groter gemaak het om sodoende sy opbrengste in te bêre. Lukas 12:19 sê: “En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is, vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.” Maar in daardie selfde nag was sy siel van hom af geeis.

Die vraag wat ‘n mens jouself moet afvra is: Wie se goed is dit nou? Al daardie inhaligheid, gulsigheid het hom niks gebaat nie, want hy kon niks saamneem nie. Spreuke 3:27 sê: “Hou ‘n weldaad nie terug van hom aan wie dit mag toekom nie as dit in jou mag is om dit te doen nie.” Die rykdwaas het weggesit en nou sê Prediker 2:26: “Wanneer daar bymekaar gemaak word en versamel, word dit dan gegee vir die een wat welgevallig is voor die aangesig van God”. Daarom leer die woord van die Here ons om tevrede te wees met wat ons het. Filippense 4:11 verklaar: “Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met my omstandighede waarin ek is.”

Kom ons staan op Sy woord, wat ons die versekering gee, dat Hy sal ons nie in ons nood begewe of verlaat nie, maar Hy sal volgens Filippense 4:19 “…….elke behoefte van julle vervul na Sy rykdom in heerlikheid deur Jesus Christus.”

Vrede / Shalom.