Dagstukkies met Ziva 21 Februarie 2019

2 KONINGS 17: 38-39

21 FEBRUARIE 2019

“Die verbond wat ek met julle gesluit het, mag julle nie vergeet nie en ook mag julle nie ander gode vrees nie, maar julle moet julle God respekvol vrees en Hy sal julle bevry uit die hand van al julle vyande.” 

Almal van ons het al een of ander tyd ‘n kontrak of ooreenkoms aangegaan. Hierdie ooreenkoms of kontrak is gewoonlik tweesydig en voorwaardelik. Maar dan is daar ‘n testament wat eensydig is en meestal  onvoorwaardelik , dit beteken dat een persoon  kan besluit aan wie sy/haar bates gaan bemaak.

So is dan daar ook God se verbond, en die woord verbond beteken “verbind”  In die ou Testament het God ‘n verbond gehad met Abraham. Dit het uit ‘n belofte bestaan, ‘n toesegging. God het HOMSELF aan Abraham en sy saad verbind. God het hier besluit dat Hy ‘n ewige verbond met die mensdom sal sluit, met my en met jou wat deel is van Abraham se saad.

Saam met hierdie verbond was daar ook voorwaardes dat ons geen ander gode sal dien en dat ons God alleen sal aanbid. Hierdie word dan ‘n tweesydige verbond vir ons om Sy gebooie te onderhou en sal Hy ons bevry van ons vyande. Hy sal dan ook uitkoms bring wanneer daar uitdagings in ons lewens sou ontstaan.  In die naam van Jesus verklaar ons opnuut vandag dat ons vir ewige verbind is aan God en dat ons nie sal toelaat, dat iets of iemand ons ooit sal skei van hierdie ewige verbond! Amen

In Sy Liefde altyd

Dagstukkies met Ziva 20 Februarie 2019

Hebreers 12:28-29

20 FEBRUARIE 2019

“Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees, want ons God is ‘n verterende vuur.” 

As kind onthou ek altyd die waarskuwings van my ouers, bly weg van die vuur veral wanneer ons so om die braaivleis vure gestaan het.  Ons kinders was oor en oor vermaan, kinders moenie met vuur speel julle sal brand, derhalwe het ons ‘n vrees vir vuur gehad.

Die profeet Jesaja het ook die sondaars in Sion gewaarsku om weg te bly van die vuur van God. Jesaja het egter ook vir hulle die antwoord gegee hoekom die verterende vuur van God ‘n baie belangrike rol speel.

Die verterende vuur is baie nodig vir elkeen wat God wil leer ken, hulle wat in geregtigheid wil wandel soek God se vuur!  Vir hulle wat in hul eie geregtigheid wil wandel, is God se vuur nie welkom nie. Net God se vuur is die egte en ware maatstaf om ons werke mee te meet. Deur God se vuur word elkeen se werke geopenbaar, vroeër of later word ons werke op die proef gestel.

Mag ons vandag God se vuur ontvang in blydskap en dat ons  eer sal betoon aan Jesus wat getrou is wanneer ons in geregtigeheid wandel. Amen

 

Gemeenskapsnuus 19 Februarie 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   1 9  F E B R U A R I E   2 0 1 9

 

20 – 24  FEBRUARIE  2019 LAKEVIEW COMMUNITY CHURCH

 

Lakeview Community Kerk, Retreat hou Tent Veldtog Dienste met John Stroup (VSA)

Waar: Hilary Rylaan, Prince George Rylaan, Lavender Hill              Toegang: Gratis                         

Tyd: 19h30 & 17h00

Kontak: Randal by 073 193 0593

 

22  FEBRUARY   2019 SONSTRAAL DUTCH REFORMED CHURCH

 

Sonstraal Dutch Reformed Church will be hosting an Evening of Song with Tygerberg Men’s Choir in Aid of Fisantekraal Centre for Development                     Time: 18h30 for 19h15

Where: Sonstraal Dutch Reformed Church, Hebron Street     Tickets: R120 adults, R50 children

Contact: Dale on 082 353 8262

 

23  FEBRUARY   2019 MESSIANIC TESTIMONY

 

Messianic Testimony presents their Annual Conference with Speakers, Liron Shany & Leigh Telli on Topic “Israel /South Africa and the Way Forward”

Where: Crossway Goedemoed Road, Durbanville

Time: 9h00-13h00

Contact: Zhaan on 082 537 4300 (booking is essential) or email: leightelli@gmail.com

 

27  FEBRUARY  2019 LIVE LOVE

 

LiveLove Parent & Educator Empowerment presents Raising calm, connected & confident children with Lizanne Du Plessis,     Where: Durbanville Primary School

Time: 18h30 for 19h00

Entry fee: R50p/p (tickets available at the door)

Contact: Magda on 079 878 6952

 

28  FEBRUARY  2019 NEW WORLD FOUNDATION

 

New World Foundation presents a Lavender Hill Healing from Addiction Book Launch

Where: New World Foundation, Grindal Avenue, Lavender Hill                  Time: 10h00 – 12h00

Cost: Free of charge (refreshments will be served)

Contact: Roxanne on (021) 701 1150

 

28  FEBRUARY –

1 & 2 MAART  2019

FISANTE KRAAL DURBANVILLE

 

Fisante Kraal, Durbanville hou ‘n Fondsinsameling

Waar: NGK Bergsig, Boland & Protea Weg, Durbanville

Tyd: 11h00 – 15h00 & 08h00 – 16h00

Kontak: Chantelle by (021) 975 7801

 

  1 – 3  MARCH   2019 THIRSTY  MINISTRIES

 

Thirsty Ministries presents a Ladies Retreat with Past. Trudy Zimny with Theme “Without, With, Within”

Where: Wortelgat Hermanus

Cost: R950p/p (Includes accommodation & food all inclusive)

Contact: Trudy on 082 897 2701

 

  2  MAART  2019 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL

 

Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou Basaar met heerlike Potjiekos, Tee Tuin en vele meer!          

Waar: Nuwe Lewe Bediening Internasionaal, H/v Riebeek & Jameson Straat, Goodwood

Tyd: 08h00-15h00

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout on 072 117 4883

 

   2  MAART  2019 BETHEL MEMORIAL A.M.E. KERK

 

Bethel Memorial AME Kerk hou Basaar met heerlike gebak en vele meer!

Waar: Harmonie Weg, 8, Hazendal, Athlone     Tyd: 09h00  Koepon Boekies: R100p/boekie

Tafels te huur @ R200p/entrepreneur

 

2  MARCH  2019 CLAREMONT  BALLET  SCHOOL
 
“You are Special” a narrated Dance Show based on the Book by Max Lucado

Where: Bergvliet High School       Time: 11h00 & 15h00    Tickets: R50p/p

Contact:  Dominique on 081 413 9881

 

2  MAART  2019 METHODISTE KERK

 

Sir Lowry’s Pas Methodiste Kerk hou Basaar met heerlike gebak, Kindervermaak en vele meer!

Waar: Sir Lowrys Pas Methodiste Kerk, Barnabas Shaw Straat,  Sir Lowrys Pas

Tyd: 09h00

 

7  MAART 2019 CHRISTELIKE LEKTUUR FONDS

 

Boekebekendstelling van “Fletcher vra hoekom en Aangenaamsdal se geheim”deur Ewald & Liani van Rensburg,     Waar: NGK Stellenberg, Markplein      Tyd: 09h00

Toegang: Gratis (RSVP getalle ter wille van spyseniering)

Kontak: berlise@clf.co.za

 

22, 24, 25  MEI 2019 KOFFIEHUIS TEATER

 

Koffiehuis Teater hou ‘n Optrede met Rooies & Boesman ten bate van Wiehann Lubbe vir Prostese,

Waar: Koffiehuis Teater, Klapmuts      Tyd: 19h00

Toegang: R150p/p (Sluit pizza in)

Kontak: Marilyn by 082 324 8751

 

Werkverskaffing 19 Februarie 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G  1 9  F E B R U A R I E  2 0 1 9

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
BEDRYFSBESTUURDER OPERATIONS MANAGER
 
Vereistes: Vervaardiger van Staalprodukte benodig die dienste van ‘n persoon met ervaring van produksie, asook goeie kommunikasie vaardighede, verkieslik in ‘n landbourigting.

Epos 2blad CV aan Phillip.a@telkomsa.net

   
MEDIESE ONTVANGSDAME MEDICAL RECEPTIONIST
 
Requirements: Medical Secretary for Eye Specialist practice in Cape Winelands, must have a relevant degree/Diploma, previous work experience, professional, friendly, efficient, punctual, articulate, well groomed, exp with Elixir/MedeMass advantageous and own reliable transport.
Email detailed CV, recent photograph and salary expectation to stb.icare@gmail.com
 
BANDE HANDELAAR BESTUURDER TYRE DEALER MANAGER

 

 

Vereistes: Benodig vir Bande Handelaar in Weskus (Vredenburg), ondervinding sal in u guns tel.

 Epos CV aan jacques@bandkorp.co.za

 

PANEELKLOPPERS PANELBEATERS

 

STRIP & ASSEMBLERS

Vereistes: Persone wat motor voertuie uit mekaar kan haal en weer aan mekaar kan sit) eie gereedskap ‘n vereiste.

Kontak: Mev. Muller by 021 939 4014 of 082 570 5215

 

PAINT SHOP STAFF

Vereistes: Persone wat in Paintshop voertuie kan voorberei om ge-spuitverf te word. Slegs persone met ten minste 5jr ondervinding asb.

 Kontak: Mev. Muller by (021) 939 4014 of 082 570 5215

 

SLEUTEL  MAKER KEY  CUTTER

 

KEY CUTTER

Requirements: WP Locksmith needs a Key Cutter, must have experience, in the Northern Suburbs, Durbanville, to start a.s.a. p.

Contact: Coleen on 082 338 8949

 

VERKOOPSMAN SALES EXECUTIVE

 

SALES EXECUTIVE

Requirements: In Strand/Helderberg area, candidate must have min. 3yrs sales exp. knowledge of 4×4 & add-on bakkie accessories, must have social media advertising exp. Candidate must be able to work under pressure and have own transport.

Email CV to admin2@bakkiebarking.co.za

 

HAAR STILIS HAIR STYLIST

 

Vereistes: Haarkapper/ster met eie kliënte om vir jouself te werk in gegoede haarsalon. Verkieslik n Christen met geloofswaardes.

Skakel: 071 688 7957

 

MACHINIST IRONER

 

Requirements: Qualified Ironer needed in Belhar area.

Contact: Lorrein on 072 956 1628

 

ONDERWYSER TEACHER

 

Requirements: Mount View High School Hanover Park needs an energetic qualified Teacher to fill a WCED Contract post, must be SACE registered for Subjects: Geskiedenis & Aardrykskunde (Duel Medium) Grades 8 & 9, Involvement in Extra-mural activities is Compulsory.

Email CV to mvhsvacancies@gmail.com before 25th February 2019 or call 081 417 8598

 

ALGEMENE WERKERS GENERAL WORKERS

 

Requirements: General Workers, Checkers, Pickers, Pickers with Opus license, Inventory Clerks & Cycle counters needed, must be a SA Citizen, clear criminal record, Grade 12, work shifts, no exp. needed.

Please submit your updated CV, ID, Proof of matric results and Bank statement to 2nd Floor Sunbel Building, Voortrekker Road Bellville or contact (021) 824 2902

 

BEMARKING KONSULTANTE MARKETING CONSULTANTS

 

Requirements: Grade 12, qualification in marketing will be advantageous, computer literacy and good written and spoken English, must have tolerance for stress, customer service, attention to detail etc.

Send your CV to info@jsbrokerage.co.za

 

VACANCY VAKATURE

 

Requirements: Rorich projects are looking for reliable and honest young school leavers (Boys) who is willing to learn and work hard extra hours as well, no experience needed.

Send your CV to info@rorichprojects.com

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

 

Dagstukkies met Ziva 19 Februarie 2019

Romeine 12:1

19 FEBRUARIE 2019

“Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer – dit is julle redelike godsdiens.”

Is dit nie instiktief by ons as mens om iets goeds te doen vir iemand wat iets goeds vir ons gedoen het nie? As hulle ons gehelp het, dan wil ons ook dieselfde doen. Ek glo elkeen van ons het al die vraag gevra maar wat kan ons vir God gee?

Dis soos om ‘n geskenk vir iemand te gaan soek sodat dit God se hart sal blymaak. En dis net hier waar die vyand soveel van ons uitoorlê en uitvang!  Ons dink ook wat kan ek doen sodat God van my notisie sal neem, dalk meer kerk toe gaan, dalk groter tiendes gee, dalk meer goeie dade ensomeer?

Die grootste persent of dan weloffer wat vir God aanneemlik is, sal altyd wees nie my wil nie Here maar U wil. Wees onderdanig aan Hom en Sy woord nie aan iets wat ek dink vir myself ‘n offer is nie!

God wil hê dat jy jouself sal gee, jou liggaam gee sodat Hy in en deur jou en my kan werk. Hy het ons lewe gegee en daardie lewe wat in my en jou is moet heilig wees en beteken dit ook dat ons onsself moet uitsonder vir Sy werke. Dit is wat aanneemlik is vir Jesus. Dit is na wat Hy uitsien. Die effek van die Gees in ons lewens! Vader ons verklaar dan opnuut vandag dat ons lewens aan U behoort en dat ons ons liggame beskikbaar stel as ‘n lewende, heilige en welgevallige offer in Jesus se naam.

In Sy Liefde altyd

Dagstukkies met Ziva 18 Februarie 2019

Johannes 4:23-24

18 FEBRUARIE 2019

“Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom so aanbid.  God is gees, en die wat Hom aanbid moet in gees en waarheid aanbid.”

 

Baie jare terug was ek iemand wat van kerk na kerk gehop het agter predikers aan. Ek het so maklik gegryp na sodanige beter kerke of dat hierdie kerk dan kwansuis meer heilig is as die ander kerk. Sodra ons hoor van goeie predikers en herlewing hardloop ons ook gou daarheen.

Hoeveel van hierdie is bloot deel van ‘n vormgodsdiens en moes ek op ‘n dag op ‘n plek kom waar ek kon besef Jesus sny tradisies van vormgodsdiens heeltemal af. Die realiteit het ingeskop met die besef dat ek is die kerk, ek het my kerk!

Kerk is binne jou as persoon, want dis net binne jou waar jy God kan aanbid in Gees en waarheid. Dis net in ‘n een tot een verhouding met God (deur Jesus) dat jy hierdie aanbidding kan kry. As jy dit nie het nie, sal jy dit by geen byeenkoms of kerk kry nie.

As jy nie eers kerk is nie, sal kerk toe gaan jou niks help nie en sal jy altyd fout vind binne die kerk. Ek verstaan vandag hoekom mense steeds praat van dat die kerk dood is. Dit is wanneer ons eie persoonlike verhouding van intimitei t met God dood is dat ons saam praat. Wanneer ons egter toelaat dat Gees en waarheid persoonlik oorneem en jy in hierdie aanbidding kom, dan begin ‘n nuwe lewenswyse van kerk.

Laat ons vandag deel word van hierdie nuwe leefwyse van aanbidding na gees en in waarheid en dat ons nie net nog ‘n sitplek sal vol sit en tiendes gee nie.  Hierdie nuwe lewenswyse met jou as die kerk en  waar jy elke oomblik, goed of sleg in gesprek met God sal staan en weet dat Jesus ‘n duur prys betaal het vir hierdie een tot een verhouding met jou.  Wees jy die nuwe geesvervulde kerk in Jesus se naam.

In Sy liefde

Dagstukkies met Ziva Opsomming Week 2

OPSOMMING Week 2 FEBRUARIE 2019

 

Die week se Tema is Liefde

“Hierin is die liefde:  Nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en Sy seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.”  1 Johannes 4:10

Dis hoe God oor jou voel: Jy is een van Syne. Geen wonder dat Henri Nouwen sê in sy boek “The Life of the Beloved”, die belangrikste ding wat jy en ek oor onsself behoort te weet, is dat ons die geliefde van God is. “You are His beloved!”

Verder sê God ook vir ons dat van die vrugte van die Gees is, liefde, blydskap en vrede. Onenigheid en tweedrag is die werk van Satan en die vrugte van sonde. As ons vrede en liefde wil geniet, moet ons, ns sondes versaak, ons moet in harmonie wees met God, en dan sal ons ook in harmonie wees met mekaar.  Ons moet ons naaste liefhê soos onsself dan eer ons God en is ons gehoorsaam. Stap hierdie week die pad van liefde en rig julle harte tot God die enigste bron van ware liefde.

Volgende week se tema is #Aanbidding.

In Sy liefde altyd

 

Alles en Nog Wat 16 Februarie 2019

A L L E S   E N   N O G   W A T
S A T E R D A G   1 6  F E B R U A R I E    2 0 1 9

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E  
   
3-Wheel Push chair/pram + high chair @ R900 + Size 7 air Boot as new @ R700  
Contact: Carol on (021) 591 9527

or 072 549 4985

 
     
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Walter is op soek na ‘n Laaikas (Chest of drawers) teen vergoeding.  
Skakel: Walter by 071 338 3857  
   
O P  S O E K L O O K I N G  F O R  
   
Louis is op soek na ‘n nuwerwetse Klavier vir sy Kleinkind in ‘n goeie toestand, teen vergoeding.

Kontak: Louis by 079 468 0995

of 021 976 3893

   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Galvanized Steelframe for a Bakkie (3mx1.6m) @ R3000 + Flat iron @ R1500 + 4 Solid Iron Barstools @ R300 each

Contact: 065 147 5743 or 082 429 0442

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
Wall-mount Hood type “Paragon” Salon Hair Dryer @ R2000

Brown standard size Garage Roller shutter Door @ R1200

2 Green epoxy coated Aluminium Windows (1.3mx650mm) – Price neg.

Contact: Valencia on 084 652 4677

 
 
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
2 Single Beds @ R400 each + 1 Bedroom Cupboard @ R500 + Toilet pot + Face Basin @ R200 each + Bathroom frame and window + burglar bar @ R250

Round Shower Door @ R350

Contact: 064 007 0218

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
54cm Kleur TV met remote vir R400

Kleur TV vir R200

Kontak: Ann by 073 639 4194

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
2 Opel Deure + ‘n Petrol tenk vir R600

3 Skuifdeure sonder raam vir R600

Dstv “decoder”vir R300

Kontak: Frikkie by 061 837 1530

 
   
T E  K O O P F O R  S A L E  
   
2 Aliminium Deure 3m hoog vir R6000

3 Hout Deure vir R500 elk

1 Brandtrap Deur vir R500

2 Tom ford Sonbrille vir R6000

 
Skakel: 079 172 5987  
   
T E   K O O P F O R  S A L E  
   
Toilet Basin met krane + Toiletpot vir R350

Skakel: 084 247 6674

 

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 
Oefenfiets vir R150
Kontak: Charmaine by 084 328 0182

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 
Splinternuwe Koningin grootte Bed vir R5500

Kontak: Sylvia by (021) 952 0072

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Ann is op soek na Klerekaste, verf en Teëls vir Bejaarde projek teen ‘n weggeeprys.

Skakel: Ann by 073 639 4194 *

   
T E  K O O P F O R  S A L E
 
Jurgens Karavaan in ‘n goeie toestand – Prys o.h.b.

Kontak: Mev. MacKenzie by 079 913 7921

 

O P  S O E K L O O K I N G  F O R
 
Pensioenaris  soek na ‘n klein Kroeg Yskas vir haar kleinseun teen ‘n weggeeprys of te skenk

Skakel: 073 107 0680

 

T E  K O O P F O R  S A L E
 
Sealy Posturepedic Matras vir R450 + Swart Sandale (nr. 8) + Dames Bloese (nr 38-40) prys ohb.

Skakel: 071 004 0301

 

O P  S O E K O P  S O E K

 

Luisteraar is op soek na ‘n Motorfiets teen vergoeding.

Kontak: Nico by 076 886 6155

 

Kerknuus 17 Februarie 2019

K E R K N U U S
S O N D A G   1 7  F E B R U A R I E  2 0 1 9

 

17 FEBRUARY 2019 WINNING SOULS MINISTRY

 

Winning Souls Ministry presents a Life Transformation Service

Where: Hyde Hotel, London Road, Sea Point

Time: 10h00 – 12h00

Contact: Past. George Mpunga on 074 355 6230

 

17 – 24  FEBRUARIE 2019 HEBRON CHAPEL
 
Hebron Chapel hou Spesiale Dienste met Dr. Rodney Brown vanaf Noord-Ierland

Waar: Hebron Chapel Havenga Straat, Bellville

Tyd: 18h15 & 19h30

Kontak: Joe Bartman by 083 325 7285

 

20 – 24  FEBRUARIE  2019 LAKEVIEW COMMUNITY CHURCH
 
Lakeview Community Kerk, Retreat hou Tent Veldtog Dienste met John Stroup (VSA)

Waar: Hilary Rylaan, Prince George Rylaan, Lavender Hill

Toegang: Gratis        Tyd: 19h30 & 17h00

Kontak: Randal by 073 193 0593

 

22  FEBRUARY   2019 SONSTRAAL DUTCH REFORMED CHURCH

 

Sonstraal Dutch Reformed Church will be hosting an Evening of Song with Tygerberg Men’s Choir in Aid of Fisantekraal Centre for Development                     Time: 18h30 for 19h15

Where: Sonstraal Dutch Reformed Church, Hebron Street     Tickets: R120 adults, R50 children

Contact: Dale on 082 353 8262

 

23  FEBRUARY   2019 MESSIANIC TESTIMONY

 

Messianic Testimony presents their Annual Conference with Speakers, Liron Shany & Leigh Telli on Topic “Israel /South Africa and the Way Forward”

Where: Crossway Goedemoed Road, Durbanville

Time: 9h00-13h00

Contact: Zhaan on 082 537 4300 (booking is essential) or email: leightelli@gmail.com

 

1 – 3  MARCH   2019 THIRSTY  MINISTRIES

 

Thirsty Ministries presents a Ladies Retreat with Past. Zimny on Theme “Without, With, Within”

Where: Wortelgat Hermanus

Cost: R950p/p (Includes accommodation & food all inclusive)

Contact: Trudy on 082 897 2701

 

  2 MAART   2019 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL

 

Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou Basaar met heerlike Potjiekos, Tee Tuin en vele meer!          

Waar: Nuwe Lewe Bediening Internasionaal, H/v Riebeek & Jameson Straat, Goodwood

Tyd: 08h00-15h00

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout on 072 117 4883

 

2  MAART  2019 BETHEL MEMORIAL A.M.E. KERK

 

Bethel Memorial AME Kerk hou Basaar met heerlike gebak en vele meer

Waar: Harmonie Weg, 8, Hazendal, Athlone     Tyd: 09h00  Koepon Boekies: R100p/boekie

Tafels te huur @ R200p/entrepreneur

 

2  MAART  2019 NGK BELLVILLE-OOS

 

NGK Bellville-Oos Opheffingsprogram hou ‘n Gospel Musiek Aand met verskeie Kore & bekend stelling van die Nuwehoop Dwelmkrisissentrum in Vredenburg

Waar: NGK Bellville-Oos, H/v Cherry Redwoodlaan, Bellair    Tyd: 18h00

Kontak: Chris by 072 728 6425 of (021) 981 1548

 

3 MARCH  2019 UPPER HALL PENTECOSTAL CHURCH

 

Upper Hall Pentecostal Church will be hosting 2019 Open Mic for all upcoming Gospel Artists, Singers, Dancers, Bands, Praise & Worship groups etc, with Guest Artist, Lionel Smith,

Where: Upper Hall Pentecostal Church, Sonata Street, Steenberg  Time: 18h00

Contact: Lionel Smith on 078 964 9257

 

4 – 6  MARCH  2019 KWASIZABANTU  MISSION

 

Kwasizabantu Mission Malmesbury presents a Ministers Conference themed “Revival – God at Work” invite Pastors, evangelists, counselors and members of the Church to attend.

Where: Kwasizabantu Mission, Kranskop, KwaZulu-Natal

Contact: KZN Reception at 032 481 5727 for bookings and more info.

 

4 – 8  MAART  2019 VGK RETREAT

 

VGK Retreat hou Veldtogdienste met Spreker, Ds. Piet Bester, oor Tema “Is jy Seker

Waar: VGK Retreat, 6de Laan & Boundary Weg, Retreat          Tyd: 19h30

Kontak: Ds. Schreiner by (021) 712 4905 of 076 442 5025

 

15 – 17  MARCH  2019  BREAKTHROUGH  MINISTRIES

 

Breakthrough Ministries presents A Womens Camp themed “All Who are Thirsty”

Where: Bethel Gate of Heaven Anysberg

Costs: R500p/p (includes accommodation + meals)

Contact: Lizel Mouton on 082 781 3156 or lizel.mouton@gmail.com

 

16 – 21  MAART  2019  CHRISTEN STUDENTE VERENIGING

 

Verenigende Christen Studente Vereniging hou ‘n Nasionale Kamp met Tema “Liefde Kan”

Waar: Barkly-Wes, Kimberley        Koste: R730p/p (vervoer uitgesluit)

Kontak: Jolee by (021) 887 0212 of 079 138 6795

 

3 0  MARCH  2019 BRETHREN  ASSEMBLY

 

Benefit Concert in Aid of Max Amansure’s Israel Trip with loads of guest Artists

Where: Brethren Assembly Gospel Hall, C/o Heath Road & Parkwood Avenue, Parkwood

Cost: R40p/p                    Time: 15h00         

Contact: 061 778 3780

 

3 0  MAART   2019 CHURCH  OF  REVIVAL

 

Church of Revival hou ‘n Sang & Lofpryssing Konsert met Gerty Ryan en Ander

Waar: Dennemere Laerskool          Tyd: 18h30

Toegang: R30p/p

Kontak: Zelda by 074 188 8307

 

 

Dagstukkies met Ziva 15 Februarie 2019

Sefanja 3:17#Liefde

15 FEBRUARIE 2019


“Die Here jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk.  Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in Sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.”

Sefanja beskyf in hierdie vers so mooi dat God besig is om te sing oor jou.  Hy is vol vreugde oor jou en Hy juig en jubel. Die Hebreeuse woord praat van jubeling.  Dit is ‘n jubeling soos ‘n bruidegom oor sy bruid bly is. Dit laat my ook dink aan Dawid en die hele Israel wat met gejuig en onder die klank van die ramshoring die ark ingebring het in die Dawidstad. (2 Samuel 6:14-23) Dawid het voor die Here gedans en God was bly.

Die prentjie wat Sefanja teken is van ‘n God wat nie daar ver besig is om ons met arendsoë dop te hou nie.  Nee, Hy is naby en Hy is by jou.  Hy is vol vreugde en Hy is bly oor jou. Hierdie vers bevestig verder dat “Hy is stil-tevrede in sy liefde.”  Die woordjie stil-tevrede kan ook met rus vertaal word.  Hy is rustig-tevrede in sy liefde oor jou. Dis hoe God oor jou voel: Jy is een van Syne. Geen wonder dat Henri Nouwen sê in The Life of the Beloved, die belangrikste ding wat ek en jy oor onsself behoort te weet, is dat ons die geliefde van God is. “You are His beloved!”

Abba Vader, dankie dat ons vandag met hierdie prentjie van U jubeling oor ons, ook soos ‘n Dawid voor U kan dans. Amen

In Sy Liefde altyd