Dagstukkies met Ziva 28 Februarie 2019

Romeine 12:20-21: #Dorstig

28 FEBRUARIE 2019

“As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen,maak jy hom vuurrooi van skaamte. Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.”

Elke dag hoor en sien ons in die nuus dat geweld onhoubaar geword het in Suid-Afrika. Dat duisende mense in ‘n Christelike land, meer dikwels brutaal aangerand en vermoor word. Wat staan Christene te doen? Passief toekyk kan tog nie die antwoord wees nie! Ewe brutaal optree is uiteraard nie eers oop vir oorweging nie. Jou ander wang draai; ‘n tweede myl saamstap; jou onderkleed ook gee as jou bokleed gevra word?

Ons sug swaar en raak moedeloos maar ons moet weet dat wanneer jy die Here Jesus kies as Redder en Here van jou lewe, het ons nie ‘n ander keuse nie, want dit is nie meer ek wat lewe nie, maar die Here in my. Die groot vraag bly, wie is my regtige vyand? Efesiërs 6:12 sê tog so duidelik “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte van hierdie wêreld, teen bose geeste in die lug. Ons moet staande bly ondanks die listige aanslae van die duiwel en nie kwaad met kwaad vergeld nie. Ons moet meer en meer die beeld van God vertoon. Dit toets ons Christenskap en dit is radikaal anders en nuut en die wêreld mag dink ons is gek. Die wêreld sal in vuurrooi skaamte staan want God het reeds hierdie wêreld oorwin.

Here help ons om elke dag U beeld na buite te leef teen ons vyande in die naam Van Jesus Christus. Amen

In Sy Liefde altyd

Dagstukkies met Ziva 27 Februarie 2019

Jesaja 44:3: #Dorstig

27 FEBRUARIE 2019

“Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond. Ek sal My Gees op jou kroos giet en My seën op jou nakomelinge.”

Wanneer ‘n mens ouer word kom daar al hoe meer vrae oor die toekoms. Vrae soos: wat sal gebeur as die ekonomie in duie stort? Sal my pensioen voldoende wees? Wat gaan van my word as ek myself nie meer kan help nie en mediese versorging nodig het? Dit is sulke tye wat ek net weer opnuut kan terug kyk na die bloudruk van God se Woord vir die volk Israel.

In Jesaja se tyd was die toekoms vir Israel ook nie rooskleurig nie. Hulle het heel waarskynlik dieselfde vrae gevra wat ek en jy vra. Die profeet het sy volk ook geen finansieelversekerde toekoms beloof nie. Maar één ding het hy baie duidelik gestel, Wanneer jy aan die toekoms dink, dink aan jou Skepper! Hy het jou geskape en Hy is die bron van jou lewe! Daarom hoef jy geen angs te hê oor die toekoms nie. Jou God is met jou. Hy gee sy Gees aan jou en Hy hou die wag oor jou.

As ek en jy dus seker wil wees oor die toekoms moet ons bewustelik daaraan dink dat ons nie alleen is nie, maar dat ek en jy aan die lewende God behoort. Verklaar vandag in die naam van Jesus Christus dat God die enigste bron van jou lewe is! Amen

In Sy Liefde altyd

#KleinSaterdag 27 Februarie


Kom #POPin by Montagu se winkel by ingang 2 by die N1 City Mall, Cape Town, South Africa van 09:00 – 12:00 vandag. Benescke gesels in #BrunchMet die baie gewilde #Leah en Funky Ouma en Montagu het ‘n lekker bederf vir 24 luisteraars! Vandag se #KleinSaterdag is een wat jy nie wil mis nie. Kyk uit vir die studente van ForwardFund Trust wat praktiese opleiding by Radio Tygerberg 104FM doen en kom hoor hoe 2nd Harvest Food Bank op #World NGO/NPO day ‘n verskil in die lewens van kinders maak. 

 

   

Werkverskaffing: 26 Februarie 2019

W E R K V E R S K A F F I N G
D I N S D A G  2 6  F E B R U A R I E  2 0 1 9

WERKVERSKAFFING 26 Februarie 2019

Die Werkverskaffingsbulletin word elke Dinsdag om 10h40 uitgesaai op 104fm.

 
MEDIESE ASSISTANT MEDICAL OPTOMETRIST
 
Requirements: Medical Assistant/Optometrist needed for Eye Specialist in Cape Winelands with a relevant Bachelors Degree or Diploma/HPCSA registered, previous work exp. advantageous, professional, punctual, articulate, ability to perform under pressure, own reliable transport, etc.

Email detailed CV, recent photograph and salary expectation to stb.icare@gmail.com  

   
MEDIESE ONTVANGSDAME MEDICAL RECEPTIONIST
 
Requirements: Medical Secretary for Eye Specialist practice in Cape Winelands, must have a relevant degree/Diploma, previous work experience, professional, friendly, efficient, punctual, articulate, well groomed, exp with Elixir/MedeMass advantageous and own reliable transport.
Email detailed CV, recent photograph and salary expectation to stb.icare@gmail.com
 
TANDHEELKUNDE STOEL ASSISTENT DENTISTRY ASSISTANT

 

Vereistes: Tandheelkundige Stoel Assistent benodig vir Goodwood Praktyk, HPCSA geregistreerd, voorkeur – Exact tandheelkundige sagteware en tandheelkunde kodes ken. Werksure Ma-Vrydag.

 Epos CV met vollengte foto na mossbill@mweb.co.za

 

VULSTASIE BESTUURDER PETROL STATION MANAGER

 

Vereistes: Vulstasie Bestuurder, dinamies, lojaal en hardwerkende persoon met oog vir “detail” benodig vir Rybaan en geriefswinkel.

Epos CV na vulstasie@vodamail.co.za

 

BESTUURDER/TUTOR MANAGER/TUTOR

 

Vereistes: Master Maths & Science Brackenfell benodig ‘n Bestuurder/Tutor met Gr.12, Wiskunde en Wetenskap punte 60%min.  Werkure – Daagliks.

Epos CV na math@absamail.co.za

 

KODE 14 TROK BESTUURDER CODE 14 TRUCK DRIVER

 

Requirements: The Donald Brown Group in the Salt Industry requires an experienced Code 14 Truck Driver with 3-5yrs exp. in driving a link, valid PDP, valid Code 14 license, for deliveries in and around the Western Cape Area, long distance driving will be required from time to time, cleaning and basic maintenance checks, etc.

 Email CV with PDP & Code 14 licence with reference (TROO1) to wallyv@dbgroup.co.za

 

EXHAUST FITTER EXHAUST FITTER

 

Vereistes: Exhaust Fitter in Paarl benodig vir Supa Quick, moet n natuurlike bemarker en bouer van kliënteverhoudinge wees, toepaslike ondervinding op die gebied en kennis van die Bandebedryf.

Epos kort CV na salesprl@kilotreads.co.za

 

HAAR STILIS HAIR STYLIST

 

Vereistes: Haarkapper/ster met eie kliënte om vir jouself te werk in gegoede haarsalon. Verkieslik n Christen met geloofswaardes, in Durbanville area.

Skakel: 071 688 7957

 

HAAR STILIS HAIR STYLIST

 

Vereistes: Haarstilis benodig in Kensington area.

Skakel: 021 593 9348

 

ALGEMENE WERKERS GENERAL WORKERS

 

Requirements: General Workers, Checkers, Pickers, Pickers with Opus license, Inventory Clerks & Cycle counters needed, must be a SA Citizen, clear criminal record, Grade 12, work shifts, no exp. needed.

Please submit your updated CV, ID, Proof of matric results and Bank statement to 2nd Floor Sunbel Building, Voortrekker Road Bellville or contact (021) 824 2902

 

BEMARKING KONSULTANTE MARKETING CONSULTANTS

 

Requirements: Grade 12, qualification in marketing will be advantageous, computer literacy and good written and spoken English, must have tolerance for stress, customer service, attention to detail etc.

Send your CV to info@jsbrokerage.co.za

 

 

 

VAKATURE VACANCY

 

Requirements: Rorich projects are looking for reliable and honest young school leavers (Boys) who is willing to learn and work hard extra hours as well, no experience needed.

Send your CV to info@rorichprojects.com

 

ADMIN DAME ADMIN LADY

 

Vereistes: Admin Dame benodig in Athlone Industriele Area.

Kontak: Mnr. De Wet by 072 123 2453 of 021 692 0012 (tussen 09h00-16h30)

 

VINYL INSTALLEERDERS VINYL INSTALLERS

 

Vereistes: Epic Signs Blackheath benodig gekwalifiseerde ervare Vinyl Applicators en Installeerders met SA bestuurslisensie, leier-eienskappe, minstens eenjaar ondervinding en verwysings.

Epos CV na jobs@epicsigns.co.za of Faks na 086 633 1680

 

ONTVANGSDAME RECEPTIONIST

 

Requirements: Sisters incorporated needs a Receptionist with min. Matric School leaving certificate, must be computer literate (excellent skills with all Word programmes) Drivers license an advantage, excellent communication skills, time management and organization, lives and works with integrity.

Email CV to manager@sisters.org.za

Poste moet asseblief teen Maandae 11:00 gestuur word na reception@104fm.co.za

Kennisgewing: Werkverskaffing

Neem kennis!

Radio Tygerberg 104fm bied ’n gratis platform vir werkgewers om beskikbare poste te adverteer. Ons probeer so ver moontlik verseker dat die werksgeleenthede wat geadverteer word, betroubare inligting deurgee.

Neem kennis dat Radio Tygerberg 104fm nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige skakeling, onderhandelings of enige ander legitieme sake tussen betrokke partye wat mag voortspruit op hierdie platform nie.

Gemeenskapsnuus 26 Februarie 2019

G E M E E N S K A P S N U U S
D I N S D A G   2 6  F E B R U A R I E   2 0 1 9

 GEMEENSKAPSNUUS 26 Februarie 2019

27  FEBRUARY  2019 LIVE LOVE

 

LiveLove Parent & Educator Empowerment presents Raising calm, connected & confident children with Lizanne Du Plessis,     Where: Durbanville Primary School

Time: 18h30 for 19h00        Entry fee: R50p/p (tickets available at the door)

Contact: Magda on 079 878 6952

 

28  FEBRUARY  2019 NEW WORLD FOUNDATION

 

New World Foundation presents a Lavender Hill Healing from Addiction Book Launch

Where: New World Foundation, Grindal Avenue, Lavender Hill

Time: 10h00 – 12h00        Cost: Free of charge (refreshments will be served)

Contact: Roxanne on (021) 701 1150

 

28  FEBRUARY – 1 & 2 MAART  2019 FISANTE KRAAL DURBANVILLE

 

Fisante Kraal, Durbanville hou ‘n Fondsinsameling

Waar: NGK Bergsig, Boland & Protea Weg, Durbanville

Tyd: 11h00 – 15h00 & 08h00 – 16h00

Kontak: Chantelle by (021) 975 7801

 

  1 – 3  MARCH   2019 THIRSTY  MINISTRIES

 

Thirsty Ministries presents a Ladies Retreat with Past. Trudy Zimny with Theme “Without, With, Within”                 Where: Wortelgat Hermanus

Cost: R950p/p (Includes accommodation & food all inclusive)

Contact: Trudy on 082 897 2701

 

  1 – 3  MARCH   2019 AFM PNEUMA

 

AFM Pneuma presents a Higher Praise 2 Conference with Past. David Muller, includes a Song Evening with Past. Nathan Jones & many Others                 Time: 19h30 & 09h00       Cost: R60p/p

Where: AFM Pneuma C/o 7th Avenue & Lake Road, Grassy Park

Contact: Cindy Julius on 065 887 0762

 

  2  MAART  2019 NUWE LEWE BEDIENINGE INTERNASIONAAL

 

Nuwe Lewe Bedieninge Internasionaal hou Basaar met heerlike Potjiekos, Tee Tuin en vele meer!          

Waar: Nuwe Lewe Bediening Internasionaal, H/v Riebeek & Jameson Straat, Goodwood

Tyd: 08h00-15h00

Kontak: Past. Jan Bezuidenhout on 072 117 4883

 

   2  MAART  2019 BETHEL MEMORIAL A.M.E. KERK

 

Bethel Memorial AME Kerk hou Basaar met heerlike gebak en vele meer!

Waar: Harmonie Weg, 8, Hazendal, Athlone     Tyd: 09h00  Koepon Boekies: R100p/boekie

Tafels te huur @ R200p/entrepreneur

 

2  MARCH  2019 CLAREMONT  BALLET  SCHOOL
 
“You are Special” a narrated Dance Show based on the Book by Max Lucado

Where: Bergvliet High School       Time: 11h00 & 15h00    Tickets: R50p/p

Contact:  Dominique on 081 413 9881

 

2  MAART  2019 METHODISTE KERK

 

Sir Lowry’s Pas Methodiste Kerk hou Basaar met heerlike gebak, Kindervermaak en vele meer!

Waar: Sir Lowrys Pas Methodiste Kerk, Barnabas Shaw Straat,  Sir Lowrys Pas

Tyd: 09h00

 

2  MAART  2019 BELLVILLE SENIOR SENTRUM

 

Bellville Senior Sentrum/Chrismar Villas hou Basaar met heerlike Pannekoek, poeding, vetkoek, tuisgebak en vele meer!                                     Tyd: 09h00 – 11h30

Waar: Bellville Senior Sentrum, Jessiestraat 25, Chrismar, Bellville

Kontak: Kantoor by (021) 910 1250ZKK

 

2  MAART  2019 NG MOEDER GEMEENTE BELLVILLE

 

NG Moeder Gemeente, Bellville hou Basaar met heerlike tuisgebak en vele meer!                                     

Waar: NGK Bellville, Pastorie Straat 6, Oakdale, Bellville     Tyd: 08h30

Kontak: 081 270 1859ZKK

 

2  MAART  2019 BELLVILLE SENIOR SENTRUM

 

Sir Lowry’s Pas Methodiste Kerk hou Basaar met heerlike gebak, Kindervermaak en vele meer!

Waar: Sir Lowrys Pas Methodiste Kerk, Barnabas Shaw Straat,  Sir Lowrys Pas

Tyd: 09h00

 

2  MAART  2019 NGK BRACKENFELL

 

Gemeenskapsmark met heerlike tuisgemaakte produkte en vele meer!

Waar: NGK Brackenfell, Kerkstraat 1, Brackenfell     Tyd: 09h00 – 14h00  

Skakel: 082 378 2558

 

7  MAART 2019 CHRISTELIKE LEKTUUR FONDS

 

Boekebekendstelling van “Fletcher vra hoekom en Aangenaamsdal se geheim”deur Ewald & Liani van Rensburg,     Waar: NGK Stellenberg, Markplein      Tyd: 09h00

Toegang: Gratis (RSVP getalle ter wille van spyseniering)

Kontak: berlise@clf.co.za

 

10  MARCH 2019 MCSA SOCIAL WELFARE

 

MCSA Social Welfare Initiative for Wupperthal Fire presents a Wupperthal Benefit Concert with Elton Jansen, Jonathan Rubain & many Others     Time:  16h00

Where: Kraaifontein Civic Centre, Brighton Street, Kraaifontein     Cost: R70p/p

Contact: 065 853 3238

 

4  MAY 2019 TOP EVENTS

 

Top Events presents a FAMSA Family Day 5Km Fun Run

Where: Mandela Park Stadium Khayelitsha      Time: 08h30

Entry fees: R30 adults R10 kids u/12yrs (registration on race day/online and at FAMSA offices)

Contact: Top events on 021 511 7130

 

22, 24, 25  MEI 2019 KOFFIEHUIS TEATER

 

Koffiehuis Teater hou ‘n Optrede met Rooies & Boesman ten bate van Wiehann Lubbe vir Prostese,                Waar: Koffiehuis Teater, Klapmuts      Tyd: 19h00

Toegang: R150p/p (Sluit pizza in)

Kontak: Marilyn by 082 324 8751

 

Dagstukkies met Ziva 26 Februarie 2019

Johannes 7:37-38: #Dorstig

26 FEBRUARIE 2019

“Op die laaste groot dag (Hoshana Rabbah) van die fees, het Yeshua opgestaan en verklaar; “As iemand dors het, laat hom na my toe kom en drink! Elkeen wat in my vertrou, soos die skrif sê: “Riviere van lewende water sal uit sy binneste vloei”.

Jesus het vroeg in Sy bediening die aankondiging gemaak, as iemand dors het laat hom na My toe kom en drink!! Hierdie was meer as ‘n teologiese stelling, dit was ‘n hart vol van deernis vir mense. Jesus het onder mense ervaar dat daar baie dooie godsdiens was wat mense neerslagtig gemaak het. Dit moes hulle verkwik maar dit het hulle met hoegenaamd geen lewe agtergelaat nie.

Jesus se aankodiging, “Ek is jou beker koue water, die verfrissende fontein wat nooit ophou vloei nie. Jy kan van My drink en vind dat jou lewe voortdurend vernuwe word”. Daar is geen kwalifikasies nodig om van hierdie wonderlike putfontein te drink nie. Sy lewende water verkwik soos niks anders nie en dit vernuwe die mees, wanhopige, droewige siel met krag uit die hemel. Sy Gees vul ons so, dat ons oorloop met oorvloedige lewe, genade, barmhartigheid en liefde.

Ja, my vriend, Sy stroom van lewe verander alles! Drink vrylik daarvan en laat dit ook uit jou binneste vloei na ander in die naam van Jesus Christus. Amen

In Sy Liefde altyd

Dagstukkies met Ziva 25 Februarie 2019

Matteus 5:6: #Dorstig

25 FEBRUARIE 2019

“Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.”

Jare terug het ons op Upington gewoon, in die goeie Noord-Kaap. Upington se poskode was 8800 en was dit altyd ‘n sê-ding dat die 88 van die poskode staan vir hitte en die 00 staan vir min reën. Upington was baie bekend vir sy warm dae en nagte en natuurlik die min reën! Tydens een van hierdie baie warm aande was ons sonder water weens ‘n stukkende waterpyplyn iewers in die dorp. Daardie nag kon ek net nie slaap nie. Ek het gesmag na water soos nog nooit vantevore.

Was jy al so dors dat dit voel of jou tong begin swel en jy nie kan reg praat nie?

Hierdie smagting na water het my laat dink aan wat Jesus by ons soek – waarna smag Hy? Hy verlang daarna dat ons na geregtigheid sal smag. Nie soseer dat daar in hierdie wêreld reg sal geskied nie, dit seker ook, maar omdat ek bewus is van die ongeregtigheid IN MY, soek ek geregtigheid vir myself. Ek is bewus van my sonde, ek treur oor my sonde en ek smag daarna om “geregtig” verklaar te word, om gereinig te word van die onreg wat so totaal deel van my wese is.

Die belofte wat aan hierdie smagting geheg word is, jy sal versadig word. As ons waarlik smag om geregtig te word, sal ons geregtig word in Jesus Christus. Hy het betaal om ons regverdig voor God te verklaar. Hy reinig ons van alle ongeregtigheid. As Jesus dan hier belowe, “Jy sal versadig word,” dan bedoel Hy in oorvloed. Die Griekse woord wat gebruik word vir versadig, beteken om in oorvloed te hê. So is dit ook wanneer Hy ons regverdig verklaar, dit is in oorvloed, dit is voldoende, ons hoef nooit meer te smag nie. Amen

In Sy Liefde altyd

Dagstukkies met Ziva Opsomming week 3

Opsomming Week 3 Feb 2019

Kerk is binne jou as persoon, want dis net binne jou waar jy God kan aanbid in Gees en waarheid. Dis net in ‘n een tot een verhouding met God (deur Jesus) dat jy hierdie aanbidding kan kry. As jy dit nie het nie, sal jy dit by geen byeenkoms of kerk kry nie.

As jy nie eers kerk is nie, sal kerk toe gaan jou niks help nie en sal jy altyd fout vind binne die kerk. Ek verstaan vandag hoekom mense nog steeds praat van die kerk wat dood is. Dit is wanneer ons eie persoonlike verhouding van intimiteit met God dood is dat ons saam praat. Wanneer ons egter toelaat dat Gees en waarheid persoonlik oorneem en jy in hierdie aanbidding kom, dan begin ‘n nuwe lewenswyse van kerk.

Die grootste persent of dan weloffer of lewenswyse wat vir God aanneemlik is, sal altyd wees nie my wil nie Here maar U wil. Wees onderdanig aan Hom en Sy woord nie aan iets wat ek dink vir myself ‘n offer is nie!  Laat die saad van aanbidding ontkiem in die blom van lofprysing. Lofprysing vertel van intieme ontmoetings tussen God en jouself.

Kom ons aanbid God in Gees en in waarheid.  Kom ons streef elke dag na nog ‘n dieper intimiteit met God.

Volgende week se tema is #Dorstig.

 

Amen

In Sy Liefde altyd

Dagstukkies met Ziva 22 Februarie 2019

OPENBARING 14:7

“Vrees en respekteer God en gee Hom eer, lof en aanbidding, want die tyd van sy oordeel het gekom en aanbid Hom, wat die hemel , die aarde, die see en die waterfonteine gemaak het.”

Gedurende ‘n woestyntydperk van my lewe was die Psalms vir my soos water in die woestyn.  Die Psalms dra tereg die Hebreeuse naam Tehillim wat lofprysings beteken.  Uit die Psalms van Dawid het ek geleer deur  lof en aanbidding te bring aan God ten spyte van my woestyn tydperk, beteken dit juis dan om in die rykdom  van waterfonteine met Hom te praat.

Aanbidding moes my egter eers dwing op my knieë voor God, om ook soos Dawid te kon erken Wie God is? Dit was vir my eerste stap tot ‘n groot avontuur van gebed (aanbidding) wat ek treë vir treë deur diewoestyn moes stap.

Met tyd het die saad van aanbidding ontkiem in die blom van lofprysing.  Lofprysings  vertel van daardie intieme ontmoetings tussen God en jouself, dit vertel van die oomblikke wat jy verslae was en waar jy Sy vertroostende teenwoordigheid ervaar het.  Dit vertel ook van oomblikke wat jy gevoel het jy was besig om te sink maar juis toe God se verlossende hand kon voel.

Julle sien Lofprysing en aanbidding is meer as net ‘n gevoel. Dit is die oortuiging dat God lewe en dat jy Hom wil eer vir wat Hy in jou lewe gedoen het en nog gaan doen.  Dit is ook die sekerheid dat Hy wat die hemel en aarde gemaak het sal jubel oor jou en my wanneer ons aan Hom, opregte eer, lof en aanbidding bring. God se oordeel sal dan nie oor ons wees en sal ons nie in woestyne gevind kan word nie.

Vandag verklaar ons in die naam van Jesus Christus dat ons lofprysing en aanbidding elke dag sal blom tot eer van U Koninkryk. Amen

In Sy liefde altyd