feature_slider_who_we_are_02

kambati2

wat
feature_slider_contact
skool
NUUTSTE:
•    Voorspoedige Nuwe Jaar! Onthou Jeremia 29:11 •     Dankie WP Bloedoortappingsdienste dat jul by Radio Tygerberg gekuier het •     Gospel DVD en CD nou beskikbaar by jou naaste musiekwinkel
  facebook_icon

.........sluit aan by ons bladsy!

listen_logo_01
listen_logo_02
listen_logo_04_01
listen_logo_06 listen_logo_placeholder_03 listen_logo_07
listen_logo_05

Bediening

Gebed

bediening-gebed-home-01Radio Tygerberg het 'n gebedsondersteuningsgroep wat graag, op 'n daaglikse basis, deel wil wees van al u persoonlike behoeftes.

Kyk Nog

Getuienisse

bediening-getuienisse-home-01

Oor ‘n lang tydperk is mense op verskillende maniere deur Radio Tygerberg geinspireer, bedien en beraad.

Kyk Nog

Hulp

bediening-hulp-instansies-home-01

Radio Tygerberg het ‘n gratis beradingsdiens op ons perseel. Skakel 0861 104 104 om ‘n afspraak te reel.

Kyk Nog

Raak Betrokke

placeholder_02Ons hoor graag van jou as jy wil betrokke raak by bedienings aktiwiteite van radio Tygerberg.

Kyk Nog
Programme

headphones2Die gewildheid en toonaangewende posisie van Radio Tygerberg kan toegeskryf word aan die diens se uiters hoë programstandaarde en sy musiek (Gospel, Volwasse Kontemporêre en Goue Treffer musiek-formaat), die geestelike inhoud en die personeel se toewyding en diens aan die gemeenskap.

Die radiostasie is deurlopend betrokke by gemeenskapsprojekte en het `n merkbare bydrae gelewer tot welsyndienste, fondsinsameling en gemeenskapsprojekte op verskeie vlakke in die streek. Die verknorsing van behoeftige en mishandelde kinders word aangespreek by wyse van gestruktureerde en gesamentlike promosies met kliënte, adverteerders en welsynsorganisasies. Honderde duisende rande se goedere en speelgoed is ingesamel en versprei aan individue en organisasies.

Radio Tygerberg het ook op die gebied van plaaslike musiek `n geweldige groot bydrae in die Wes-Kaap gemaak. Die onafhanklike uitsaaiowerheid beskou die bevordering van plaaslike musiek as `n belangrike lisensie- en programvoorwaarde vir radiodienste. Talle plaaslike kunstenaars het baat gevind by die diens se ondersteuning en hul ervaringsveld en loopbane is hierdeur verbreed en uitgebrei.

Van die radiostasie se gewildste programme word op kasset opgeneem en kan op versoek aangekoop word.

GEBEURE
02 Mar - 25 Mar
01 Mei - 08 Aug
29 Aug - 05 Okt
06 Okt - 07 Okt

Het Gebeur

1ste Skooldag

Die 1ste skooldag by Panorama skool het met gemengde gevoelens afgeskop!  Ons was Woensdag by Laerskool Panorama, Donderdag by CL Wilmot Laerskool en Vrydag by Bastion Laerskool.   Laerskool...
Kyk Nog

Gospel Skouspel 2011

Radio Tygerberg bedank ons vennoot, kykNET en ons hoofborg, ATKV.  Baie dankie ook aan Bondpro, Brights en Kaapse Verbruikers, wat hierdie glansgeleentheid moontlik gemaak het.  Baie dankie...
Kyk Nog

Retief Burger Sakebyeenkoms

Wat 'n geseënde oggend was dit nie!  Die saal was volgepak en afwagting het geheers tussen die mense.  'n Afwagting om die Here te ontmoet en om te hoor wat Hy op sy hart het vir ons. Radio...
Kyk Nog

Gospel Skouspel Buite-uitsendings

Radio Tygerberg se OggendRooi het die week van 30 Augustus tot 2 September vanaf verskillende kruisings uitgesaai en pamflette uitgedeel. Hierdie sou nie moontlik gewees het sonder ons borge...
Kyk Nog

Loslitdag by Radio Tygerberg

Radio Tygerberg vier Loslitdag in styl!  Wêreldbeker-rugby - hier kom ons! In die foto sing die boonste vloer teen die onderste vloer die stem, Nkosi sikelel' iafrika.  Waardeer die passie....
Kyk Nog
  • 1
  • 2

Gallerye

104 Klubs

Reisklub

reisklub-home-01Radio Tygerberg bied nou ‘n geleentheid vir al ons luisteraars om deel te vorm van die reisklub. Ons gaan verskeie toere en pakkette saamstel met die hulp van Harvey World.

KYK NOG

Sakeklub

sakeklub-home-01Die Radio Tygerberg Sakeklub is gestig aangesien daar ’n behoefte onder Christen sakemanne en -vroue ontstaan het om op ’n meer formele manier met mekaar te kan netwerk. 

KYK NOG

U care

ucare_th_tuiste2Soek jy ‘n ekstra inkomste? Dis nou moontlik en boonop maak jy ‘n verskil in ‘n verdienstelike organisasie.

KYK NOG

Kyk na...